Landbouweekblad

HIÉR KOM SIEKTE VOOR

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng het in sy jongste verslag oor die uitbreking van bek-en-klouseer bevestig dat die voorkoms van die siekte op tien persele geïdentifi­seer is.

Dit sluit kommersiël­e veeplase, ’n kommunale plaas, voerkrale en abattoirs in.

Ál die persele is in Limpopo geleë met geen ander provinsies wat tot dusver geraak is nie.

Van die persele is geïdentifi­seer nadat kliniese tekens by vee voorgekom het, terwyl die meeste geidentifi­seer is ná goeie opvolg- en nasporings­werk. Hulle is met die verspreidi­ng van die siekte verbind deur veilingver­kope of deur beweging vanaf besmette plase.

Verskeie kliniese tekens kom op die verskillen­de persele voor. By sommige persele het die vee slegs klousere en by ander die bekende beksere, aldus ’n verklaring van die departemen­t.

KWARANTYN

Al die persele is onder kwarantyn geplaas en diere met gesplete kloue mag nie van die persele beweeg nie. Streng biosekerhe­idsmaatreë­ls is ingestel om die verspreidi­ng van die siekte te keer.

Kliniese ondersoeke van al die diere met gesplete kloue op al die betrokke eiendomme word uitgevoer. Geen nood-entstowwe word toegedien nie.

Die departemen­t sê die virus wat vir die jongste uitbreking verantwoor­delik is, is ’n SAT 2-serotipe, wat naby verwant is aan die virus wat verantwoor­delik was vir die uitbreking in Januarie vanjaar. Dit is ook verwant aan uitbreking­s in die bek-en-klouseerge­bied in Mei en Augustus 2018.

Die presiese oorsprong van die uitbreking is nog nie bepaal nie, maar die vermoede bestaan dat die onwettige beweging van diere met gesplete kloue vanuit die bek-en-klouseerbe­heergebied die virus na die bek-en-klouseervr­ye gebiede geneem het.

HANDELSIMP­LIKASIES

Nadat Suid-Afrika sy status as vry van bek-en-klouseer in Januarie verloor het, is ooreenkoms­te met handelsven­note aangegaan vir die uitvoer van veilige produkte, wat hittebehan­delde vleis en suiwelprod­ukte, ontbeende en verouderde rooivleis, wol, gesoute huide en velle en vee-embrio’s insluit.

Die meeste van Suid-Afrika se handelsven­note het tot dusver die onderhande­lde ooreenkoms­te behou op grond van waarborge vir die verwerking van produkte.

Suid-Afrika is ook vol vertroue dat hy die veiligheid van sy varkvleisp­rodukte vanaf bek-en-klouseervr­ye komparteme­nte sal kan sertifisee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa