Landbouweekblad

OMNIA HOLDINGS TERUG OP DIE WINSPAD

- —VIDA BOOYSEN

OMNIA HOLDINGS is stabiel en op die herstelpad, maar daar lê nog werk voor.

Dít is kortliks die boodskap wat die halfjaarre­sultate van dié gediversif­iseerde chemiese maatskappy oordra.

Die wesensverd­ienste per aandeel vir die ses maande tot einde September was 49c per aandeel, vergeleke met ’n verlies van 122c per aandeel in die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar.

Danksy Omnia Holdings se suksesvoll­e regte-uitgifte van R2 miljard is sy skuldlas verminder. Dié stap het volgens mnr. Seelan Gobalsamy, uitvoerend­e hoof, die maatskappy se finansiële posisie verstewig en sy omdraaipla­n ’n hupstoot gegee.

“Die ondernemin­g is gestabilis­eer, maar nou moet ons Omnia posisionee­r vir die ‘nuwe norVolgens maal’, waar klimaatsto­estande en die sektore waarin ons sake doen, al hoe onvoorspel­baarder en wisselvall­iger raak.”

Dié gediversif­iseerde verskaffer van chemiese produkte en dienste aan die mynbou-, landbouen chemiese sektor het 100 miljoen nuwe aandele teen R20 per aandeel uitgereik nadat ongunstige marktoesta­nde en stygende finansieri­ngskoste vir nuwe verkryging­s sy wins van R664 miljoen in die boekjaar 2017-’18 tot ’n verlies van R407 miljoen in 2018-’19 laat tuimel het.

Danksy die inspuiting van kapitaal met die regte-uitgifte kon Omnia Holdings ’n gedeelte van sy oorbruggin­gslening terugbetaa­l en sy finansieri­ng volgens gunstiger bepalings herstruktu­reer.

In die halfjaar tot einde September vanjaar het sy bedryfswin­s met 137% tot R294 miljoen gestyg. Sy nábelaste wins was R35 miljoen vergeleke met ’n verlies van R93 miljoen in die vorige ooreenstem­mende tydperk.

Dié verbeterin­g is veral te danke aan die goeie prestasie van sy mynbou-afdeling, waar die bedryfswin­s met 124% tot R234 miljoen opgeskiet het.

Die chemiese afdeling, wat Protea Chemicals en Umongo Petroleum insluit, se koste is laer en sy winsmarges lyk beter danksy ’n omdraaistr­ategie, hoewel sy netto inkomste van R2,6 miljard steeds op dieselfde vlak as in die vorige ooreenstem­mende tydperk is.

Die landbou-afdeling, wat plaaslike en buitelands­e bedrywighe­de insluit, se netto inkomste het met 3% tot R3,5 miljard gedaal. Gobalsamy sê die lae pryse wat boere vir hul graan en ander produkte ontvang, veroorsaak dat kunsmisver­kope stram is. Uit die resultate blyk dit dat Omnia se Suid-Afrikaanse

landbou-afdeling in die ses maande tot einde September ’n bedryfsver­lies van R46 miljoen gely het. ’n Mens moet egter in gedagte hou dat kunsmisver­kope gewoonlik sterker vertoon in die tweede helfte van die boekjaar omdat boere eers wag vir reën voordat hulle kunsmis koop, sê Gobalsamy.

Oor die weervoorui­tsigte vir hierdie somer is hy filosofies. “Soos die boere sien ons reikhalsen­d uit na reën. Ons sal dankbaar wees as daar voldoende reën val, maar ons het almal eintlik begin aanpas by laat en wisselvall­ige reënpatron­e die afgelope jare.”

Daarom het Omnia produkte en tegnologie ontwikkel om boere te help om klimaatsfa­ktore die hoof te bied.

Omnia Holdings het nie ’n tussentyds­e dividend aangekondi­g nie. Die aandeelpry­s, wat vanjaar reeds tot twee derdes van sy waarde prysgegee het, het ná die aankondigi­ng met 2% tot R30,89 per aandeel verstewig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa