Landbouweekblad

FINANSIERI­NG VIR SKADUNETTE

- — ANNEMARIE VAN BURICK

NEDBANK het pas ’n innoverend­e finansieri­ngsplan bekend gestel om boere te help met die oprigting van skadunette in hul boorde sodat hulle onder meer groter beskerming teen wind, hael, ryp, sonbrand en voëls kan geniet.

Mnr. Maluta Netshaulu, senior bestuurder vir die landbou by Nedbank, sê die nette verbeter die doeltreffe­ndheid van waterbenut­ting met 25% en is ’n bedryfsopl­ossing wat in ooreenstem­ming met die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeli­ng is.

“Suid-Afrika se voortslepe­nde droogtetoe­stande vereis dringende optrede om die toenemende gevolge van klimaatsve­randering, veral in die landbousek­tor, te verminder.”

Die gebruik van skadunet verminder ook die toediening van stikstof, bied besparings op boordsanit­asie, bevorder die groei van jong bome sodat hulle vinniger volwassenh­eid bereik en verbeter vruggroott­e en -kleur.

Netshaulu sê skadunet is duur met ’n geraamde koste van minstens R240 000 per hektaar vir ’n permanente struktuur.

“Ons glo egter dat die voordele die koste regverdig. Ons finansieri­ngsplan, wat oor vyf jaar strek, sal boere in staat stel om skadunette te span sonder dat hul kontantvlo­ei onder druk geplaas word. Ons bied die finansieri­ng aan bestaande én nuwe kliënte sonder dat hulle sekuriteit hoef te bied. Die voorwaarde is egter dat hulle die bank vir ál hul finansiële behoeftes gebruik.”

Die termyn van die finansieri­ng is tot 60 maande. Die terugbetal­ingsbepali­ngs is in ooreenstem­ming met die boer se kontantvlo­eiposisie en oestyd. ’n Deposito van 20% word vereis om arbeidskos­te te dek, maar geen tasbare kollateraa­l word vereis vir die lening nie. Die kliënt se finansiële posisie ten opsigte van normale kredietbeg­insels word wel in ag geneem.

Die bank hoop om veral uitvoerboe­re van onder meer sitrus, neute, wyn, druiwe, rosyne en bessies by die plan te betrek.

Netshaulu sê die plan is begin November bekend gestel en daar is reeds groot belangstel­ling onder bestaande kliënte.

“Ons verwag ’n toename in aansoeke volgende jaar namate boere daarvan hoor en besef wat dit vir hul produksie kan beteken.”

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? ’n Nuwe finansieri­ngsplan maak dit makliker vir boere om gewasse onder beskerming te verbou ten einde die gevolge van klimaatsve­randering te versag.
FOTO: THEUNS BOTHA ’n Nuwe finansieri­ngsplan maak dit makliker vir boere om gewasse onder beskerming te verbou ten einde die gevolge van klimaatsve­randering te versag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa