Landbouweekblad

AGENTE GEMAAN OM NIE VERBOD TE IGNOREER

- — JOHAN VAN DER MERWE

Lewendehaw­e-agente in die noorde van Suid-Afrika sal geldelike verliese ly omdat hulle weens die verbod op lewendehaw­eveilings nie sake kan doen nie. As hulle egter die verbod ignoreer en wel diere verhandel, kan hulle swaar gestraf word.

Mnr. Francois Knowles, uitvoerend­e hoof van die landboupro­dukte-agenteraad (Apac), sê daar is gerugte dat sommige

agente steeds handel dryf omdat beweer word dat me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, haar magte oorskry het toe sy die verbod op veilings in die noordelike provinsies ingestel het.

“Hulle meen die verbod is ongeldig omdat die beheermaat­reëls wat die minister aangekondi­g het, nie in die Staatskoer­ant

afgekondig is nie.

“Hulle voer daarom aan dat hulle nie aan die verbod gehoor hoef te gee nie.”

In ’n gesamentli­ke verklaring van die departemen­t van landbou en Apac word hierdie agente gewaarsku dat hul registrasi­esertifika­te opgeskort of gekanselle­er kan word en dat hulle beboet kan word as hulle skuldig bevind word.

MINISTER HÉT DIE MAG

Die verklaring bevestig wanneer ’n aanmeldbar­e siekte uitbreek, het die minister van landbou die mag om spesiale maatreëls af te kondig om die verspreidi­ng van en verliese weens hierdie siekte te beperk, asook om die siekte die hoof te bied.

Die Wet op Dieresiekt­es (Wet 35 van 1984) skryf voor dat hierdie maatreëls deur die minster in

’n skrywe aan verantwoor­delike persone in die betrokke omgewing gestuur moet word, of dit moet gepublisee­r word in ’n koerant wat in die omgewing versprei word. Daarom is dit nie nodig om die maatreëls in die Staatskoer­ant af te kondig nie.

Knowles sê ingevolge die Wet op Landboupro­dukte-agente (Wet 12 van 1992) moet agente voldoen aan die wette en voorskrift­e

wat op lewendehaw­e-agente van toepassing is.

“Agente word dus aangemoedi­g om te voldoen aan die maatreëls wat die minister ingestel het. As hulle besware teen die maatreëls het, moet hulle die minister nader om deur ’n formele gesprek die uitwerking van die maatreëls op die bedryf te bespreek.

“’n Oortreding van die Wet op Dieresiekt­es is strafbaar met tronkstraf, ’n boete of albei,” sê Knowles.

“Apac is bereid om agente by te staan as hulle met die owerhede oor die tydelike verbod op veilings wil gesels. Ons doen ’n beroep op agente om nie die wet in eie hande te neem deur strydig met die verbod wat die departemen­t ingestel het, steeds diere te verhandel nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa