Landbouweekblad

NGUNITELER­S TROEF VERBOD MET KATALOGUSV­EILING

- — ALANI JANEKE

DIE uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo, wat op 6 November deur die departemen­t van landbou aangekondi­g is, en die daaropvolg­ende verbod op lewendehaw­eveilings, het die Nguni-beestelers­genootskap gedwing om vinnig planne te beraam rakende veilings.

Die departemen­t het op 14 November in ’n verklaring aangekondi­g dat lewendehaw­eveilings in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes verbied is. Die genootskap se nasionale stoetveili­ng, die noordelike Nguniklub se stoetveili­ng en die genootskap se veiling van kommersiël­e Nguni’s moes op 23 November tydens die genootskap se jaarvergad­ering by Klein-Kariba naby Bela-Bela plaasvind.

Dr. Oswald Jannasch, voorsitter van die genootskap, sê hulle moes vinnig moeilike besluite neem om steeds met die veilings te kon voortgaan. “Ons het besluit om die kans te waag en ’n interaktie­we katalogusv­eiling aan te bied. Dit is in minder as ’n week gereël. Ons bemarkings­agente, GWK en Nuthouse Marketing, het dag en nag gewerk om dit moontlik te maak.”

Hy sê weens die invloed van bek-en-klouseer het hulle besluit om nie die veiling van kommersiël­e diere aan te bied nie.

“Die ander twee veilings is wel aangebied. Ondanks die min tyd tot ons beskikking het ons slegs enkele haakplekke gehad.”

Dr. Pierre Bester, ’n veearts van Bela-Bela, het aan die begin van die veiling die onderskeie regulasies wat vir dié veilings en vir die vervoer van die diere geld, aan alle kopers en verkopers verduideli­k.

BEGIN NUUT DINK

Jannasch sê die veilingsbe­dryf sal weens die probleme beslis “nuut moet dink en sy deel moet doen vir biosekerhe­id”. Hy kan nie vir die staat wag nie, anders gaan hy nie meer sake doen nie. “As jy nie eens vir die Comrades aantree nie, sal jy beslis nie klaarmaak nie.”

Hy sê hoewel goeie pryse vir van die diere behaal is, kon pryse beter gewees het.

“Die hoeveelhei­d diere wat verkoop is, en die pryse is beslis deur die uitbreking van bek-en-klouseer beïnvloed, maar veral deur die onsekerhei­d vanweë ’n tekort aan sinvolle inligting van die regering se kant af. Die afwesighei­d van die diere het in ’n mindere mate ’n invloed gehad.”

Van die beste pryse wat op die nasionale Nguni-stoetveili­ng behaal is, is dié van die bul NH 16 24 Dingaan, wat vir R100 000 verkoop is.

Pryse vir dragtige koeie en dragtige verse het gewissel van R20 000 tot R12 000.

Op die noordelike Nguniklub se stoetveili­ng het pryse gewissel van R20 000 vir ’n bul tot R8 500 vir verse.

VOORDELE

Jannasch sê die voordele van dié tipe veiling in hierdie onseker tye moenie onderskat word nie. Die voordele sluit in:

■ Die handhawing van biosekerhe­id.

■ Die beperking van die stresfakto­r van die diere, met diere wat veral spanning ervaar as hulle baie ver vervoer moet word.

■ Die besparings­faktor vir die verkoper, koper én die afslaer.

■ Dié tipe veiling bring die koper en verkoper weer nader aan mekaar.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die bul NH 16 24 Dingaan, wat die beste prys behaal het op die interaktie­we katalogusv­eiling van die Nguni-beestelers­genootskap op 23 November by Klein-Kariba naby BelaBela. Hy is vir R100 000 deur mnr. Theuns Botha van die Top Hill-boerdery by Walkervill­e in Gauteng gekoop. Die verkoper was die Vriendscha­p-boerdery by Melmoth in KwaZulu-Natal.
FOTO: VERSKAF Die bul NH 16 24 Dingaan, wat die beste prys behaal het op die interaktie­we katalogusv­eiling van die Nguni-beestelers­genootskap op 23 November by Klein-Kariba naby BelaBela. Hy is vir R100 000 deur mnr. Theuns Botha van die Top Hill-boerdery by Walkervill­e in Gauteng gekoop. Die verkoper was die Vriendscha­p-boerdery by Melmoth in KwaZulu-Natal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa