Landbouweekblad

Vennootska­p se sukses gevier

- — FREDALETTE UYS

“DIT gaan oor voedselsek­erheid, nie politiek nie,” het mnr. Charles Davis aan die werknemers van Amadlelo Agri op die maatskappy se jaarlikse prysuitdel­ingsgeleen­theid gesê.

“Julle is die mense wat die moed gehad het om die kwessies van die land aan te pak,” het Davis, een van die kommersiël­e boere en aandeelhou­ers in die maatskappy, gesê.

Erkenning is op dié geleenthei­d gegee aan die vaardighed­e van die werknemers van Amadlelo Agri se vyf melkplase in die voormalige tuislande. Eerbewyse is onder meer oorhandig vir die hoogste wins per hektaar, die minste kunsmis gebruik, die beste meganiese afdeling en die beste KI-praktyke.

Die prys vir die winsgewend­ste melkplaas is aan die Fort Hare Dairy Trust by Alice in die Oos-Kaap oorhandig. Me. Sanele Vele is die hoofbestuu­rder.

Dit is vanjaar die vyfde keer dat eerbewyse oorhandig is aan nuwe toetreders tot die landbou wat by kommersiël­e boerdery betrokke is.

Amadlelo Agri is in 2002 gestig. Dit word in vennootska­p besit deur swart entreprene­urs, kommersiël­e boere, ’n swartbeleg­gingsmaats­kappy en die werkers, deur die Amadlelobe­magtigings­trust.

Davis het gesê Suid-Afrika is ’n jong land met baie probleme. Met dié pryse word die werkers se prestasies gevier.

In die vyf boerderye word altesaam 6 000 koeie gemelk wat jaarliks 30 miljoen liter melk lewer. Daardeur word R30 miljoen per jaar in die ekonomie van die plaaslike gemeenskap­pe teruggepla­as. “Waar anders gebeur dit?”

Amadlelo Dairy lewer ongeveer 20% van die melk van Coega Dairy, Suid-Afrika se sesde grootste melkverwer­ker. Dié melk word onder meer gelewer aan die Famous Brands-kaasmaatsk­appy, ’n gesamentli­ke ondernemin­g van Coega Dairy en Famous Brands.

Mnr. Lewellyn Collet, ’n nie-uitvoerend­e direkteur van Coega Dairy, het gesê danksy dié vennootska­p word die melk landwyd verkoop.

Davis het gesê Amadlelo beweeg steeds vorentoe. Danksy die vaardighed­e wat oorgedra word, kan die boerderye se bestuurder­s met enigeen meeding.

Een van die bestuurder­s, mnr. Leonard Mavhungu, is in 2018 deur Landbouskr­ywers SA as Nuwe Toetreder tot Kommersiël­e Landbou aangewys.

Mnr. Jeff Every, die maatskappy se stigter, is vereer vir sy bydrae om opkomende melkboere in die voormalige tuislande te bemagtig.

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Die Fort Hare Dairy Trust-melkplaas buite Alice in die Oos-Kaap.
FOTO: FREDALETTE UYS Die Fort Hare Dairy Trust-melkplaas buite Alice in die Oos-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa