Landbouweekblad

DROOGTE IS ‘NASIONALE KLIMAATRAM­P’, SÊ MEYER

- — MICHELLE VAN DER SPUY

“HIERDIE is nie net ’n droogte nie, dit is ’n nasionale klimaatram­p,” het dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, tydens ’n gesprek met die georganise­erde landbou, landboubes­ighede en finansiële instelling­s gesê.

Die gesprek is deur Agri Wes-Kaap belê om te bespreek hoe die risiko’s en gevolge van die voortslepe­nde droogte in die provinsie bestuur kan word. Meyer het gesê ’n langtermyn­plan is nodig om die landboubed­ryf in die provinsie volhoubaar te maak.

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerend­e hoof van Agri Wes-Kaap, het gesê in die droogte is dit noodsaakli­k dat alle belanghebb­endes saamwerk om die ekonomiese werklikhed­e van die droogte vir produsente te bestuur, veral omdat sommige produsente nie vir droogtehul­p in aanmerking kom nie en verskeie plaasgemee­nskappe humanitêre hulp nodig het.

“Ons sal anders oor rampe soos droogtes moet begin dink om die ongunstige domino-uitwerking daarvan proaktief te bestuur. Die bydrae van die landbou tot die Wes-Kaap se ekonomie is te belangrik om nié ’n volhoubare sektor te hê nie. ’n Gesamentli­ke bestuurstr­ategie is noodsaakli­k.”

LANGTERMYN­STUDIE

Meyer het gesê die belanghebb­endes wat teenwoordi­g is, verstaan die impak en risiko’s wat die droogte vir produsente meebring. Hulle is daartoe verbind om die hele droogtepro­ses omsigtig te hanteer.

Meyer het onderneem om geld te bewillig vir ’n langtermyn­studie oor die invloed van klimaatsve­randering op die landbou in die Wes-Kaap.

“Die departemen­t van landbou in die Wes-Kaap was nog altyd ’n lojale vennoot van Agri Wes-Kaap en ons waardeer dit dat dr. Meyer, nes sy voorganger, die georganise­erde landbou in die provinsie ondersteun,” het Strydom gesê.

Agri Wes-Kaap het onlangs R10 000 aan die VLV Wellington se Boks vir ’n Boervrou-projek geskenk om met die verspreidi­ngskoste te help. Dié skenking kom uit Agri WesKaap se droogtehul­pfonds.

Volgens Strydom stap Agri Wes-Kaap al vyf jaar lank die droogtepad saam met produsente, en weet hoe moeilik dit vir die vroue op plase is om sterk te bly in swaarkryty­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa