Landbouweekblad

HOMMELTUIG-MARK KEN GEEN PERKE

- — ENGELA DUVENAGE

Die globale mark vir die gebruik van hommeltuie in die landbousek­tor kan teen 2025 reeds $5,19 miljard (sowat R76,5 miljard) sterk wees en oor die volgende ses jaar teen ’n saamgestel­de jaarlikse groeikoers van 31,1% groei.

Dit is luidens ’n markversla­g, Agricultur­e Drone Market: Global Opportunit­y Analysis and Industry Forecast (2019-2025), wat in November deur Meticulous Research uitgereik is.

Die groei in die gebruik van die hommeltuie in die landbousek­tor word toegeskryf aan die ál groter druk wat boere wêreldwyd ervaar om genoeg kos vir ’n groeiende bevolking te verskaf. Die feit dat beleggers bereid is om die ontwikkeli­ng van die nodige tegnologie daaragter te finansier, is ’n bron van steun vir die bedryf.

Daarby is die gebruik van inligting- en kommunikas­ietegnolog­ie binne die landbou besig om wesenlik te groei. Outomatise­ring, ’n al groter klem op doeltreffe­nde boerderypr­aktyke en die behoefte om water spaarsamig te gebruik, is ook faktore wat sorg dat hommeltuie toenemend deel word van boere se bestuurspl­anne.

Tans geniet die hardewares­ektor van die bedryf die grootste groei, namate mense modelle aankoop en ou modelle begin vervang met doeltreffe­nder, verbeterde ontwerpe.

Die verslag verwag dat gepaste sagteware-ontwikkeli­ng in die volgende paar jaar die toon sal aangee, veral as dit kom by produkte wat die nodige data-ontleding kan doen.

Hommeltuie word tans hoofsaakli­k as hulpmiddel­s in presisiebo­erdery gebruik. Die samestelle­rs van die verslag voorsien dat dié onbemande tuigies teen 2025 toenemend ingespan gaan word vir besproeiin­gsdoeleind­es sodat watergebru­ik beter bestuur kan word, ook tydens droogtes.

Tans gee Noord-Amerika (en veral Amerika) die toon aan as dit by die gebruik van hommeltuie kom, gevolg deur Europa en die Asië-Pasifiese streek. Die toenemende gebruik daarvan in Noord-Amerika word toegeskryf aan verbruiker­s se behoefte aan hoëgehalte­produkte, die stygende koste van arbeid en die toenemende outomatise­ring van die landbousek­tor. Daarby is regulasies oor die gebruik van klein hommeltuie vir landboudoe­leindes ook gunstig.

Die grootste groei word vir die Asië-Pasifiese streek voorspel, onder meer vanweë bevolkings­groei en ekonomiese vooruitgan­g, wat meer voedsel nodig maak.

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Daar word voorspel dat hommeltuie toenemend vir besproeiin­gsdoeleind­es gebruik gaan word.
FOTO: JASPER RAATS Daar word voorspel dat hommeltuie toenemend vir besproeiin­gsdoeleind­es gebruik gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa