Landbouweekblad

SLAAI VIR JOU BRAAI

Hierdie vyf heerlike slaaie is maklik om te maak, vullend en propvol geur. Die perfekte bykos vir ’n somerbraai!

-

die groente gaar en gerooster is. Haal uit die oond en voeg die kekerertji­es dadelik by die warm groente. Meng liggies en laat afkoel tot kamertempe­ratuur.

Skep die slaai in ’n bak. Voeg die amandels, kruisement en suurlemoen­sap by. Maal swartpeper oor en sit voor. Indien verkies, kan jy die slaai opdien met natuurlike jogurt waarby ’n bietjie vars kruisement, seesout en suurlemoen­sap geroer is. Lewer 4 groot porsies.

Aartappels­laai met mosterdsla­aisous, mielies en radyse

Aartappels­laai hoef nie altyd ’n ryk mayonnaise-sous te hê nie. Hierdie een met sy romerige mosterdvin­aigrette is vingerlek-lekker. 1 kg baba-aartappels, gehalveer 4 koppe mielies

4 radyse, in baie dun skyfies gesny 4 stingeluie, fyngesnipp­er Mosterdsla­aisous

20 ml dijonmoste­rd

Sap van 1 suurlemoen 1 knoffelhui­sie, goed fyngedruk 125 ml olyfolie

10 ml heuning

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Kook die aartappels in ’n groot pot met soutwater tot net sag, nie pap nie. Terwyl die aartappels kook, klits die bestanddel­e vir die slaaisous goed saam tot ’n romerige, effens verdikte sous vorm. Sodra die aartappels gaar is, dreineer goed en sit in ’n slaaibak. Voeg die mosterdsla­aisous by die warm aartappels en meng goed deur. Kook (of braai) die mielies tot gaar, laat effens afkoel en sny die pitte van die stronke af. Voeg dit saam met die dungesnyde radyse en gesnipperd­e grasuie by die aartappels en mosterdsou­s. Meng liggies, geur vir oulaas na smaak met sout en peper, en sit voor. Lewer 6 porsies.

Kerrienoed­elslaai met perske en komkommer

Baie van ons het grootgewor­d met hierdie pastaslaai. Dit is ’n staatmaker omdat die geure net lekkerder word hoe langer die slaai staan. Die resep lewer ’n groot bak slaai wat jy dae lank in die yskas kan hou. Dit smaak lekker by enigiets!

1 pak (500 g) skroefnoed­els

■ 1 groot, rooi soetrissie, in klein blokkies gesny

1 groot, geel soetrissie, in klein blokkies gesny

1 groot komkommer, gehalveer, pitte uitgeskraa­p en in klein blokkies gesny

1 blik (440 g) ingemaakte perskeskyw­e, gedreineer en in klein blokkies gesny Slaaisous

125 ml kookolie

15 ml kerriepoei­er

125 ml wit balsamiese asyn

125 ml tamatiesou­s

125 ml blatjang

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Kook die pasta in ’n kastrol met vinnig kokende soutwater (en ’n spatsel olie) tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta

kook, verhit die kookolie vir die slaaisous in ’n kastrol tot matig warm. Voeg die kerriepoei­er by en braai tot geurig. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel voor die res van die slaaisousb­estanddele bygevoeg word.

Sodra die pasta gaar is, dreineer goed en gooi die gaar pasta by die louwarm slaaisous. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur.

Voeg dan die soetrissie­s, komkommer en perskes by. Meng deur, geur na smaak met sout en peper en bêre in ’n lugdigte houer in die yskas. Laat die slaai oornag staan voor dit voorgesit word. Die slaai bly vir 5-6 dae vars as dit lugdig in die yskas gebêre word. Lewer 8-10 porsies.

Spanspek-ennektarie­nslaai met feta en kruisement

1 spanspek, ontpit en in blokkies gesny 4 nektariens, ontpit en in blokkies gesny

2-3 wiele fetakaas, gekrummel

Heuning-en-kruievinai­grette

60 ml olyfolie

45 ml appelasyn

30 ml heuning

15 ml fyngekapte, vars kruisement 15 ml fyngekapte, vars basiliekru­id

Meng die spanspek, nektariens en fetakaas in ’n mooi bak en hou koud. Meng alles vir die vinaigrett­e saam en verkoel tot nodig. Net voor ete, sprinkel die koue slaaisous oor die koue vrugte en sit dadelik voor. Lewer 6-8 porsies.

Tamatie-avoaspersi­eslaai met basielvina­igrette

Maak eers die slaaisous en laat die tamaties en avokado daarin marineer voor die slaai voorgesit word.

Basiliekru­idvinaigre­tte

Groot hand vol vars

■ basiliekru­idblare

80 ml olyfolie

60 ml wit balsamiese asyn Sout, suiker en swartpeper na smaak

500 g kersie- of romatamati­es, gehalveer of in kwarte gesny 2 groot, ryp avokado’s, ontpit en in blokkies gesny

200 g aspersies, gestoom tot net-net gaar en in stukkies gesny 2 groot hande vol blaarslaai, grofgeskeu­r

Verwerk die bestanddel­e vir die slaaisous in ’n menger tot glad. Proe vir geur en voeg sout, suiker of peper by om die balans reg te kry. Giet die slaaisous oor die gesnyde tamaties en avokadoblo­kkies en laat vir minstens 10 minute in die slaaisous staan. Rangskik die slaaiblare en aspersies op ’n opdienbord. Skep die tamaties en avokadoblo­kkies (en slaaisous) net voor opdiening oor. Lewer 4 groot porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa