Landbouweekblad

Waterlisen­sies: Proses gaan versnel word

-

ME. LINDIWE SISULU, minister van menslike nedersetti­ngs, water en sanitasie, het haar daartoe verbind om waterlisen­sie-aansoeke vinniger af te handel.

“Die omkeertyd is nou 49 dae, mits alle dokumente ingedien is en onderhewig daaraan dat alle ander prosesse gevolg is,” het sy met die bekendstel­ling van die departemen­t se nasionale water-en-sanitasiem­eesterplan in Pretoria gesê.

Mnr. Theo Boshoff, hoof van regsintell­igensie by die landbousak­ekamer Agbiz, het in reaksie aan Landbouwee­kblad gesê die 49 dae hou verband met een deel van die aansoekpro­ses.

Die betrokke regulasie vereis steeds afhandelin­g binne 300 dae, wat in verskillen­de dele verdeel is, elk met sy eie tydvereist­e.

“Die (minister se) verbinteni­s strook met verbinteni­sse wat deur die nasionale ekonomiese, ontwikkeli­ngs- en arbeidsraa­d (Nedlac) se werkberaad­proses gemaak is.

“Daar is reeds ’n beduidende verbeterin­g, waarvoor die departemen­t sekerlik krediet verdien.”

Sisulu het gesê die vinniger afhandelin­g volg nadat pres. Cyril Ramaphosa vroeër aan die kabinet gesê het dit het hom drie jaar gekos om ’n waterlisen­sie te kry. “As dit ons drie jaar kos om ’n waterlisen­sie uit te reik, hoe gaan ons beleggers lok (en oortuig) om te glo dat ons ernstig is daaroor om die ekonomie om te keer?”

Volgens haar is etiese leierskap die noodsaakli­kste deel van die uitvoering van die meesterpla­n. Sy het onderneem dat die lank agterweë bestuursag­entskappe vir opvangsgeb­iede voor die einde van die huidige administra­sie tot stand gebring sal word.

TRANSFORMA­SIE

Sisulu het verwys na die mislukking in hertoewysi­ng van water aan swart gebruikers die afgelope twintig jaar.

“Waar bestaande waterbronn­e reeds ten volle gebruik word, gee die Nasionale Waterwet die minister die magte om ’n verpligte lisensiëri­ngsproses te onderneem vir die hertoewysi­ng van watergebru­ikslisensi­es.”

Die departemen­t en sy agentskapp­e sal na alternatie­we waterbronn­e vir swart kleinboere kyk, soos waar water nie benut word nie, waar meer water uit staatwater­skemas beskikbaar gestel kan word, die bou van klein damme of grondwater­ontwikkeli­ng, en die inwerkings­telling van gidsprojek­te met vrywillige bydraes van boere vir die hertoewysi­ng van water.

NUWE WET

Die meesterpla­n verwys na die lank verwagte wysiging van waterwetge­wing, onder meer oor die beginsel van “gebruik dit of verloor dit” en die kwessie van tydelike of heeltydse verhandeli­ng tussen gemagtigde watergebru­ikers.

Luidens die plan moet die wysigingsw­etsontwerp in 2021 in die Staatskoer­ant gepublisee­r word, openbare raadplegin­g moet in 2022 volg en die wetsontwer­p in 2023 hersien en afgekondig word.

Mnr. Jürgen Kögl, voorsitter van Sisulu se adviespane­el, het ná die tyd aan Landbouwee­kblad gesê veranderin­ge oor die oordraagba­arheid van waterregte sal nie sonder raadplegin­g met die landbousek­tor geskied nie.

Mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, het die meesterpla­n verwelkom as ’n dokument wat ’n vertrekpun­t vir gesprek bied, maar gesê die afhandelin­g van die verifikasi­een bekragtigi­ngsproses van bestaande, wettige watergebru­ikers behoort ’n integrale deel van die plan te wees.

Die meesterpla­n kan by

https://tinyurl.com/rl4s5lc gelees word. — CARIEN KRUGER

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Me. Lindiwe Sisulu.
FOTO: CARIEN KRUGER Me. Lindiwe Sisulu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa