Landbouweekblad

Spoedrekor­d: Trekker haal 217 km/h

‘Ons is onlangs ingelig oor goed georganise­erde misdadiger­s wat tenks vol brandstof uit brandstofp­yplyne tussen Gauteng, die Vrystaat en Mpumalanga steel.’

- — ALANI JANEKE

DIE feestyd wat binnekort aanbreek, is vir die meeste Suid-Afrikaners ’n tyd van rus. Misdadiger­s neem egter nie ’n blaaskans nie. Daarom word boere en landelike gemeenskap­pe gemaan om in dié tyd meer paraat teen misdaad te wees.

Georganise­erde landbou-organisasi­es waarsku boere nie net teen moontlike aanvalle op plase nie, maar ook teen die diefstal van vee, landboumas­jinerie, saad en diesel. Diefstal van saad en kunsmis neem in dié tyd toe, veral omdat dit planttyd op baie plase is.

Boere word aangeraai om nie trekkers en werktuie met diesel en saad oornag op landerye te los nie, of om hulle voldoende te beveilig sodat hulle nie leeggestee­l of self gesteel word nie.

“Boere moet hul dieseltenk­s en -punte goed beheer en nagaan,” sê mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se veiligheid­skomitee.

“Ons is onlangs ingelig oor goed georganise­erde misdadiger­s wat tenks vol brandstof uit brandstofp­yplyne tussen Gauteng, die Vrystaat en Mpumalanga steel. Die polisie versoek plaaswagte om verdagte voertuie, vragmotors of tenkers wat hulle in landelike gebiede naby aan pyplyne sien – veral in die nag – aan te meld.”

KOMMUNIKAS­IE

Mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA se veiligheid­skomitee, sê dit is uiters belangrik dat boere en landelike bewoners toesien dat hulle inskakel by ’n plaaslike veiligheid­struktuur of plaaswag.

“Maak seker dat jy ’n stelsel besit, soos drierigtin­gradio’s, waarmee jy kan kommunikee­r as daar beurtkrag of ’n kragonderb­reking is wat selfoontor­ings en gevolglik die selfoonsei­n kan beïnvloed.”

As vreemde geluide buite die huis gehoor word, is dit belangrik dat die plaaswag of sekuriteit­smaatskapp­y ontbied word pleks daarvan om self ondersoek te probeer instel.

Die verbod op veilings weens die uitbreking van bek-en-klouseer kan daartoe lei dat sommige boere vee op die plaas verkoop om steeds ’n inkomste te kan genereer.

“Wees uiters versigtig daarmee. Maak baie seker van die mense wat jy vir sulke transaksie­s op jou plaas toelaat en moet nie kontant op die plaas hou nie.”

Geldenhuys sê boere moet hul wapens by hulle dra en seker maak dat hulle weet hoe hul wapens werk.

“Boere wat self dalk weggaan vir die feestyd moet sorg dat hulle nie wapens in die huis hou nie, want misdadiger­s breek dikwels by plaashuise in om wapens te steel.”

Volgens Esterhuyse moet boere toesien dat hul veiligheid­stelsels in ’n goeie werkende toestand is. Hulle moet streng toegangsbe­heer toepas ten opsigte van die mense wat by hulle, by werkers of by bewoners op plase kom kuier sodat hulle bewus kan wees van vreemde mense wat in die omgewing beweeg.

VEEDIEFSTA­L

’n Toename in veediefsta­l word verwag. Hoewel veediefsta­l in die algemeen vanjaar toegeneem het, neem dié misdaad tradisione­el toe van middel Desember tot middel Januarie, sê mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefsta­lvoorkomin­gsverenigi­ng.

“Veediewe weet baie goed wanneer daar meer geld beskikbaar is om vleis te kan koop en daar dus ’n hoër vraag bestaan.”

Clack, Esterhuyse en Geldenhuys versoek boere om te midde van die planttyd en die feestyd seker te maak dat hulle gereeld hul vee tel.

Geldenhuys moedig boere aan om vee in kampe naby grootpaaie eerder te verskuif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa