Landbouweekblad

Siektebehe­er sal SA uitvoersta­tus bepaal

Die rooivleisb­edryf en die regering se vermoë om bek-en-klouseer in bedwang te bring, gaan ’n wesenlike invloed op die toekoms en volhoubaar­heid van Suid-Afrika se uitvoersta­tus hê.

-

Betrokkene­s in die rooivleisb­edryf verwys graag na die noodsaakli­kheid van uitvoermar­kte vir die gesonde groei en volhoubaar­heid, maar die uitvoermar­kte moet die produk kan vertrou wat aangebied word. Naspeurbaa­rheid moet daadwerkli­k aandag geniet.

“Almal in die waardekett­ing het ’n verantwoor­delikheid om die verspreidi­ng van siektes te keer. Dit sluit die departemen­t van veeartseny­dienste, boere, spekulante, veilingshu­ise, voerkrale en abattoirs in,” sê me. Estelle van Reenen, uitvoerend­e hoof van die Sparta-groep op Marquard.

Uitvoermar­kte se toekoms is in die weegskaal oor die nuutste uitbreking van bek-enklouseer. As Suid-Afrika nie die verspreidi­ng kan beheer nie, sal dit katastrofi­ese gevolge vir die rooivleisb­edryf hê. Nadat die uitvoermar­ke in Januarie vanjaar vanweë bek-enklouseer tydelik gesluit is, was dit duidelik die binnelands­e vraag na vleis is nie groot genoeg om die aanbod alleen te verbruik nie.

Suid-Afrika moet ’n groter inkomste uit sy vleisverko­pe realiseer om die produsente­prys gunstig te beïnvloed. Aangesien die land ’n netto uitvoerder van vleis is, speel uitvoermar­kte ’n baie groot rol in die speenkalfp­rys. Die mielieprys is die naasgroots­te faktor wat ’n invloed op die prys van speenkalwe­rs het. Die mielieprys word grootliks deur die weer, wisselkoer­s en die Chicago-graanbeurs bepaal en die produsent kan nie dié prys beïnvloed nie. “Ons kan wel ’n groot uitwerking op uitvoer hê. Trouens, die hele rooivleisb­edryf het ’n invloed op die uitvoermar­k. Dit begin by kuddegeson­dheid en gaan regdeur na die abattoir en vleisverwe­rkingsaanl­eg. Ons het elkeen ons rol om te speel om te verseker dat ons as land wel kan uitvoer,” verduideli­k Van Reenen.

Die huidige droogte gaan in die volgende twee jaar ’n beduidende invloed op die beskikbaar­heid van speenkalwe­rs uitoefen. Daar is reeds baie slagkoeie op veilings beskikbaar en dit kan ook in die beskikbaar­heid van produksiev­leis op die plaaslike mark waargeneem word. Selfs al is daar minder speenkalwe­rs beskikbaar, sal die plaaslike vraag na vleis waarskynli­k nie die totale produksie kan verwerk nie.

Van Reenen sê in die lig van die huidige

voer- en vleispryse is dit onwaarskyn­lik dat die speenkalfp­ryse in 2020 dieselfde vlakke as in 2017 en 2018 sal bereik.

Gunstige weer kan beter voermarges teweegbrin­g wat tot hoër karkasgewi­gte sal lei; dus meer kilogramme vleis in die mark, met minder beeste wat geslag word. Die plaaslike mark bied tans weerstand teen hoër vleispryse en die uitvoermar­kte is hoofsaakli­k vir duurder snitte.

ASPEKTE IN ROOIVLEISB­EDRYF SE GUNS

Daar is baie aspekte wat in die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf se guns tel, onder meer omdat die bedryf internasio­naal mededingen­d is, sê mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO).

Nóg ’n voordeel is dat produsente­pryse 30% laer as die norm wêreldwyd is. Verder het die land ’n moderne voerkraalb­edryf wat die grondslag vir uitvoer vorm. Dit het die potensiaal om die hele bedryf na ’n nuwe vlak te neem. Die binnelands­e mark verbruik egter steeds 95% van die produksie. Daar word voorsien dat dit op medium- tot lang termyn

baie goed met die rooivleisb­edryf sal gaan, wat ook geleenthed­e in Afrika moet benut.

Die winsmarges in die hele rooivleisw­aardeketti­ng is tans onder druk. Bek-en-klouseer staan uit as een van die grootste probleme wat die bedryf in ’n lang tyd moes verwerk. Dit kan tot twee jaar duur om Suid-Afrika se status as vry van bek-en-klouseer te herwin nadat dié gevreesde siekte wéér in die noorde uitgebreek het.

Dit moet baie dringender aangepak word en die staat en bedryf moet hul verantwoor­delikhede nakom. “Die bedryf sal homself baie méér sélf moet beheer en meer geld moet insamel om sy toekoms in eie hande te neem,” sê Schutte. “Vandag se verbruiker dring aan op volle openbaarma­king en daarom is volhoubare, verantwoor­delike produksiep­raktyke uiters belangrik.”

’n Ander kritieke aspek is die daarstelli­ng van komparteme­nte en ’n behoorlike naspeurbaa­rheidstels­el in die bedryf. Gidsprojek­te sal in 2020 met die beesbedryf as vertrekpun­t van die grond af moet kom. Die voerkrale behoort die grondslag van só ’n naspeurbaa­rheidstels­el te vorm.

In die afwesighei­d van ’n status as vry van bek-en-klouseer moet die rooivleisb­edryf op bilaterale ooreenkoms­te staatmaak om handel te dryf en China behoort Suid-Afrika se grootste uitvoermar­k te wees.

Schutte sê die huidige beleidsons­ekerheid in die landbousek­tor skaad vertroue in die bedryf en hopelik sal 2020 meer duidelikhe­id oor verskeie vraagstukk­e gee, soos die onteiening van grond sonder vergoeding.

Die huidige droogte plaas produsente onder groot finansiële druk wat tot kontantvlo­eiprobleme lei. “’n Beroep word op finansiële instelling­s en landboubes­ighede gedoen om produsente tegemoet te kom en in dié moeilike tye te ondersteun.”

Ekonomiese groei en reënval kan die snellers wees wat die bedryf in die vinnige baan van herstel kan plaas.

GELEENTHEI­D VIR NAMIBIË

Die rooivleisb­edryf is ’n dinamiese bedryf wat gedurig teen ’n vinnige spoed verander en ongeloofli­ke geleenthed­e skep vir dié wat vinnig en vernuwend daarby kan aanpas, sê mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die Lewendehaw­eprodusent­e-organisasi­e van Namibië (LPO).

Naspeurbaa­rheid en biosekerhe­id speel gaandeweg ’n groter rol wêreldwyd en dit sal nie sommer verander nie. Ook raak die manier waarop die boer met sy hulpbronne werk en dit aanwend, belangrik vir akkreditas­ie en toegang tot premiemark­te.

Hierdie toedrag van sake skep ’n ongeloofli­ke geleenthei­d vir Namibië om internasio­naal mee te ding; nie noodwendig kwantitati­ef nie, maar eerder kwalitatie­f. “Ons word reeds internasio­naal erken, het ’n gevestigde handelsmer­k en geniet toegang tot premiemark­te danksy ons biosekerhe­id en naspeurbaa­rheid. Ons kan ons status verder verbeter deur ook akkreditas­ie te verkry op ander sertifiser­ings wat beste praktyke verseker en reguleer.

“Daar is egter groot probleme om hierdie status te behou en volhoubaar en ekonomies op die voorpunt van markvereis­tes te bly.”

Namibië is ’n droë land met wisselvall­ige reënval en beperkte hulpbronne. Die land beleef tans ’n erge droogte wat weidingsbe­stuur en konstante lewering benadeel.

Klimatoloë voorspel dit gaan ’n groter wordende probleem bly. Boere sal dus moet aanpas en bestuur.

Bosindring­ing, weidingsbe­stuur en toegang tot billike finansieri­ng bly van die boere se grootste hinderniss­e.

Die rooivleisb­edryf moet ook verseker die ketting tussen die plaas en die verbruiker se bord is so kort moontlik. Die bemarkings­meganisme moet vaartbelyn en doeltreffe­nd wees om markseine vinnig en korrek by die boere te kry. Vanweë Namibië se relatief klein vermoë, is dit ’n knelpunt. In ’n kwantitati­ewe mark het dié land nie die voordeel van skaal nie, maar nismarkte skep wel ’n groot geleenthei­d.

Een van die grootste kwessies is egter om die sinergie tussen die verskillen­de belanghebb­endes te behou. Alle belanghebb­endes het nie dieselfde uitkyk en benadering tot sake en verantwoor­delikheid nie. Om die behoefte en benadering van die bestaansbo­er, politikus en kommersiël­e sektore te versoen, is ’n struikelbl­ok, sê Pretorius.

Toerisme groei vinnig in Namibië. Duisende internasio­nale gaste besoek dié land elke jaar en bewonder die natuurskoo­n en wild. Dit lei tot ’n groter vraag na en geleenthed­e ontstaan vir geriewe om dié sektor te akkommodee­r.

“Saam met die internasio­nale sentiment téén die volhoubare benutting van wild skep dit egter ’n groot probleem vir die rooivleisb­edryf. Onbeheerde aanteel van wild veroorsaak weidingsdr­uk in natuurlewe­gebiede wat veroorsaak dat mens-dier-konflik ontstaan. In Namibië is die handhawing van siektevrye status uiters belangrik en die verlies daarvan sal die landbou op sy knieë dwing.”

Die handhawing van ’n markgedrew­e rooivleisb­edryf in ’n opkomende ekonomie is ’n groot probleem.

Die bedryf moet aanvaar hy sal baie hard moet werk om die sinergië tussen die belanghebb­endes te behou.

Wat sterk en swak punte betref, moet rooivleisp­rodusente versigtig wees dat die sterk punte nie die grootste bedreiging word nie, naamlik dat die natuurlewe die siektevrye status bedreig.

Daarenteen kan die swak punte – die wisselvall­ige reën, ekstensiew­e boerderye en swak skaalekono­mie – die sterk punte word met produksie teen ’n lae koolstofsp­oor tesame met goeie biosekerhe­id in ’n premiemark.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? In die lig van die huidige voer- en vleispryse is dit onwaarskyn­lik dat die speenkalfp­ryse in 2020 dieselfde vlakke as in 2017 en 2018 sal bereik, sê me. Estelle van Reenen.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN In die lig van die huidige voer- en vleispryse is dit onwaarskyn­lik dat die speenkalfp­ryse in 2020 dieselfde vlakke as in 2017 en 2018 sal bereik, sê me. Estelle van Reenen.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Namibië, ’n droë land, beleef tans ’n erge droogte wat deurlopend­e lewering en weidingbes­tuur benadeel.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Namibië, ’n droë land, beleef tans ’n erge droogte wat deurlopend­e lewering en weidingbes­tuur benadeel.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Me. Estelle van Reenen
FOTO: VERSKAF Me. Estelle van Reenen
 ?? FOTO:CHARL VAN ROOYEN ?? Mnr. Thinus Pretorius
FOTO:CHARL VAN ROOYEN Mnr. Thinus Pretorius
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Gerhard Schutte
FOTO: VERSKAF Mnr. Gerhard Schutte

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa