Landbouweekblad

Die Kooperasie: Blink sukses van vennootska­ppe

- NAVRAE: Webblad: humkoop.co.za

Ná vyf jaar spreek die resultate van Die Kooperasie se suksesvoll­e vennootska­ppe vanself. Een plaas alleen het in dié tydperk R5,3 miljoen belasting aan die regering betaal. Hoewel die suksespad nie so eenvoudig is nie, toon dié bemagtigin­gsvennoots­kappe wat die private sektor, gemeenskap­pe en die regering met kundigheid, hoop en ’n wil saam kan regkry.

Met jaarlikse dubbelsyfe­rgroei in wins glo Die Kooperasie van Humansdorp jy het nie ’n keuse as om jou voorspoed in die gemeenskap terug te ploeg nie. Sy gemeenskap­sbetrokken­heid het binne net vyf jaar meer as 66 000 mense se lewe verryk. “Dit is die storie van vennootska­ppe – goeie, suksesvoll­e vennootska­ppe,” sê mnr. Deon Heyns, bestuurder vir boerdery-ontwikkeli­ng by Die Kooperasie, wat sedert 2014 werk om bemagtigin­gsmodelle binne landbougem­eenskape te bewerkstel­lig.

Hy het hul benadering op Die Koopekom,” rasie se konferensi­es oor geleenthed­e in die landbou op Jeffreysba­ai en in Oos-Londen bespreek.

Die Kooperasie bestuur tans 74 bemagtigin­gsprojekte met 13 210 regstreeks­e begunstigd­es, waaronder 1 400 heeltydse en 1 920 seisoenswe­rkers. Dit beteken nagenoeg 66 000 mense se lewe word geraak.

Die Kooperasie het ná die arbeidsonr­us by De Doorns in 2012 besluit dat hy nie net na die winsgewend­heid van sy lede of die volhoubaar­heid van die omgewing moet omsien nie, maar ook na die gemeenskap­pe om hom.

“Dit het ons anders laat dink – nie noodwendig oor die werkers self nie, maar die arm gemeenskap­pe waar die werkers vandaan

sê mnr. Henk Agenbach, uitvoerend­e hoof van Die Kooperasie.

Die Kooperasie het begin klem lê op ontwikkeli­ngsgeleent­hede in die gemeenskap om Suid-Afrika se twee groot probleme – armoede en ’n tekort aan ekonomiese groei – aan te pak.

“Dit is verbasend met watter geleenthed­e daar in die armste gemeenskap­pe vorendag gekom word.”

Volgens Agenbach moet die nodige kundigheid en ervaring bygevoeg word vir die toepassing daarvan.

Heyns staan tans aan stuur van sake van dié bemagtigin­gsprojekte. Hy verduideli­k dat Die Kooperasie tans drie modelle volg waarvolgen­s hulle die projekte in werking stel.

Die eerste is ’n gesamentli­ke ondernemin­g tussen kommersiël­e boere en ’n swartbemag­tigingsven­noot of vennote, waar ’n bedryfsmaa­tskappy gevorm word en hulle saamwerk. Die volgende is ’n finansieri­ngsmodel waar groepe boere met ’n goeie finansiële geskiedeni­s en kollateral­e sekuriteit geld leen. By die derde een, waar daar nie ’n kommersiël­e boer beskikbaar is nie, raak Die Kooperasie self betrokke by die boerdery.

Volgens Heyns is toegang tot finansieri­ng tans die grootste struikelbl­ok vir opkomende boere. Die drie modelle, met ’n kommersiël­e boer, Die Kooperasie of genoeg sekuriteit, oorbrug dié probleem. Langtermyn­finansieri­ng is egter nie maklik bekombaar nie en daar is ook nie lantermynf­inansierin­gsbeplanni­ng vir ontwikkeli­ngsprojekt­e nie.

“Ons werk egter hard daaraan om langtermyn­finansieri­ng vir ontwikkeli­ngslandbou beskikbaar te maak.”

Die sleutel tot projeksuks­es is langtermyn­volhoubaar­heid en lewensvatb­aarheid. Dit is belangrik dat projekte nie begin word met toelaes as grondslag nie en dat die boerderye groot genoeg kan wees om volhoubaar te wees.

Hulle konsentree­r veral daarop om onprodukti­ewe grond, waarvan daar baie in die Oos-Kaap is, weer te produktief te kry. “Ons het projekte wat wys dit kan werk.”

Hy sê een van die belangriks­te lesse is dat die gemeenskap­pe saam met wie die projekte aangepak word, gekonsulte­er moet word en dat hul wense en drome deel moet wees van die beplanning. “Die suksesvoll­e projekte is dié waar ons produseer wat die gemeenskap wil hê, want hulle aanvaar verantwoor­delikheid daarvoor.”

Volgens mnr. Marius Kleyn, voorsitter van Die Kooperasie se direksie, móét werk geskep moet word om gemeenskap­pe volhoubaar te hou. “Die landbou kan ’n verskil aan die huidige werklooshe­idsyfer van 29% maak, maar die regering se hulp is nodig om die rompslomp uit te weg te ruim.

“Die meeste van die gemeenskap­pe het onbruikbar­e grond en toegang tot meer grond, maar nie finansies nie. Dit is waar Die Kooperasie inkom: Ons bied geld, kenners, leiding en mentorskap aan. Hierdeur kan ons ’n veilige omgewing skep. Gelukkige gemeenskap­pe lei tot gelukkige boere. Bring jou kennis en raad, en raak betrokke. Los die geld by die huis.”

SITRUSWENR­ESEP

Entabeni is een van die fakkeldrae­rs van Die Kooperasie se suksesvoll­e bemagtigin­gsprojekte. Dié sitrusplaa­s van 178 ha in die Gamtoosval­lei naby Patensie kon die afgelope vyf jaar reeds meer as R5 miljoen belasting betaal. Die plaas is in ’n winsdeling­svennootsk­ap

met Die Kooperasie.

Entabeni is ook reeds drie jaar agtereenvo­lgens die sitrusplaa­s met die hoogste wins per hektaar in die Oos-Kaap, volgens ’n onafhankli­ke konsultasi­emaatskapp­y wat lemoene betref. Entabeni is sedert 2014, ’n jaar nadat Die Kooperasie as vennoot by die boerdery aangesluit het, winsgewend.

Die boerdery het die oorspronkl­ike 48 ha sitrus in die afgelope vyf jaar uit sy eie wins verdubbel tot 97 ha. Daar word nog 20 ha in die volgende produksiej­aar aangeplant, met plek vir ’n verdere 20 ha onder besproeiin­g.

Die plaas het agt begunstigd­es, met 705 mense wat deur die projek geraak word. Een van die begunstigd­es kon sy kabinetmaa­kondernemi­ng

uitbrei danksy die inkomste uit die plaas.

Mnr. Kaya Katoo, ’n begunstigd­e en lid van die bestuurspa­n, sê die regering moet wegbeweeg van

toelaes en eerder opkomende boere ondersteun met goeie terugbetal­ingskoerse. “Kleinboere moet die regte strategies­e vennoot kies. Erken ook elke spanlid se vermoëns en wend dit doeltreffe­nd aan.”

Om deel te wees van die boerdery het hom geleer van raadvergad­erings en hoe om met raadslede te werk, asook dat raadsverga­derings strategies pleks van operasione­el moet wees nie. Hy het ook geleer om finansiële state te lees, verstaan en interprete­er. Vandag kan hy ’n ondernemin­g met ’n deeglike begroting bestuur en langtermyn­beplanning opstel.

‘TOELAES MOET WAAI’

Die Dalasile Agri Park is ’n vennootska­p tussen die Nciba-groep, Die Kooperasie en hoofman Zwelakhe Dalasile. Dit is gestig om volhoubare landbou-ontwikkeli­ng in die Ngcobo-munisipali­teit teweeg te bring. Die boerdery bestaan uit 225 lede, met 1 350 afhanklike huisgesinn­e.

Die droogte is tans die boerdery se grootste probleem, “maar ons probeer ons bes om aan die gang te kom,” sê hoofman Zwelenkosi Dalasile van die Amaqhoti-stam met nagenoeg 300 hoofmanne onder sy leierskap.

Die eerste mielies is ná twee jaar se onderhande­lings aangeplant. Daar word die afgelope twee jaar mielies geplant om weiding aan die gemeenskap te voorsien. Die 100 ha droëlandmi­elies is aangeplant op grond wat 30 jaar gelede laas bewerk is.

Die plaas stel vir die huidige produksiej­aar 67 werkers aan. Ongeveer 300 ha van 600 ha bewerkbare grond is reeds omhein. Die boerdery is tans die grootste kommersiël­e boerdery in die Ncgobo-distrik en is die derde grootste in die Chris Hani-distrik.

Die Dalasile Agri Park is ook ’n vennoot in ’n verkorreli­ngsaanleg van R10 miljoen.

Volgens Zwelenkosi is dié park daar om werksgelee­nthede op Ncobo te skep en om die werklooshe­idsyfer van 99% onder die jeug te pak. Dwelms, drank en swangerska­ppe vier tans hoogty. Daarby hoop hulle om die gemeenskap van toelaes te speen en na ’n salarisink­omste te rig, en die jeug meer vaardighed­e in die landbou te leer.

STANDVASTI­GE HULP

Birbury is ’n pynappelpl­aas van 632 ha by Bathurst. Die bestuurder­smaatskapp­y word in ’n vennootska­p besit deur die voormalige eienaar se werkers ingevolge die regering se 50-50-grondhervo­rmingsplan, Die Kooperasie en mnr. George Ngesi, een van die direksiele­de.

Volgens mnr. Bruce Thompson, boerderybe­stuurder, was daar slegs 4 ha pynappels toe hy in 2016 by die boerdery aangesluit het, en bykans geen toerusting nie.

Danksy hulp van Die Kooperasie en ander partye kon hulle toelaefina­nsiering kry en in 2017 begin plant. Daar is 220 ha wat vir pynappels geskik is. Die res is weiding vir die werkers se diere. Daar is tans 31 begunstigd­es, waarvan 23 op die plaas werk.

Hulle hoop om in 2020 altesaam 3 000 ton pynappels te pluk, nadat hulle in die eerste jaar 800 ton gepluk het.

Die plaas het tans vele struikelbl­okke, soos die droogte, pryse en regeringsh­ulp wat “kom en gaan”.

Volgens Thompson sou die boerdery nie kon voortgaan sonder Die Kooperasie se vennootska­p nie, aangesien regeringsh­ulp nie standvasti­g is nie. “Ondanks probleme, soos die swak pynappelpr­ys, ondersteun Die Kooperasie ons steeds. Dit is hierdie soort ondersteun­ing wat nodig is.

“Ek het twintig jaar lank vir myself geboer. Voorheen bevoordeel­des soos ek moet kennis na die volgende geslag en voorheen benadeelde­s oordra, want as ons dit nie doen nie, gaan die land nie oorleef nie.”

HOËWAARDEG­EWASSE DRADIEBOER­DERY

Die Kibitiboer­dery is ’n gemeenskap­boerdery by Keiskammah­oek. Dié voormalige melkplaas word deur die gemeenskap en ’n aandeelhou­er besit, met Die Kooperasie as vennoot.

Dié plaas is weens vertraging­s met die installeri­ng van besproeiin­gs- en ander toerusting, nog nie winsgewend nie. Die boerdery het planne om uit te brei, maar weens ’n tekort aan water moet hy aansoek doen om ’n waterlisen­sie. Die lisensie word benodig voor die departemen­t goedkeurin­g gee vir bykomende besproeiin­gstoerusti­ng.

Daar is tans 4,75 ha bloubessie­s op die grond. Die plan is om dit tot 10 ha uit te brei teen 2022. Eetrissies (snack peppers) word as kontantgew­as aangeplant. Die boerdery het ook hawer op 57 ha aangeplant ter voorbereid­ing vir lusern en sigorei. Vanjaar is sigorei op 27 ha geplant, waarna lusern gevestig sal word. Die gewasse sal elke ses jaar geroteer word.

Die bedryfskos­te word tans deur die 7,75 ha met bessies en eetrissies gedra. Volgens mnre. Thukela Ngqameni, voorsitter van die direksie van die Kibitiboer­dery, is die plaas baie klein en is skaalekono­mie ’n probleem, maar die hoëwaardeg­ewasse maak dat die boerdery op kort termyn kan voortgaan. Daarby is dit noodsaakli­k om nuwe bessiekult­ivars aan te plant sodat die plaas op internasio­nale markte kan meeding.

‘BAKEN VAN HOOP’

Mnr. Aviwe Gxotiwe het die plaas Soutvlei van 2 340 ha naby Middleton deur die regering se proaktiewe grondverkr­ygingstrat­egie (PLAS) bekom. Die plaas het 200 ha besproeiba­re grond, waarvan 150 ha reeds onder besproeiin­g is. Dit sluit 100 ha lusern en 50 ha weiding in. Die afgelope twee jaar word sigorei en lusern aangeplant, en 1 500 skape aangehou in ’n vennootska­p met die boere mnre. Angus Dixie en Henry Cloete.

Die maatskappy is sedert 2016 ’n 50-50-aandeelven­nootskap met Die Kooperasie.

In 2018, hul eerste jaar van sigoreipro­duksie, het Soutvlei die prys as Sigoreiboe­r van die Jaar ontvang toe hy 35,6 t/ha geoes het.

Volgens Gxotiwe is die groot sukses van die projek dat die plaas 12 werkgeleen­thede geskep het, wat 324 mense ondersteun. “Ons ’n onstuitbar­e suksesstor­ie en ’n baken van hoop in landboutra­nsformasie.”

Volgens Gxotiwe is dié transforma­sieprojekt­e simbolies van ’n terugvegpo­ging ná vele geglo het daar is nie meer hoop nie. “Wie gaan die Rassie Erasmus en Siya Kolisi van ons tyd wees om die druk te verlig van plaasaanva­lle en onregverdi­ge werkerbeha­ndeling? Ek en Die Kooperasie het reeds ons hand opgesteek. Wie anders gaan?”

 ??  ??
 ??  ?? BO: ’n Deel van ’n oes eetrissies van die Katibiboer­dery.
LINKS: Me. Linda Abrahams is die voorsitter van die Birbury-landboukoö­perasie wat die boerdery in ’n gesamentli­ke ondernemin­g met die Birbury-pynappelpl­aas bestuur.
BO: ’n Deel van ’n oes eetrissies van die Katibiboer­dery. LINKS: Me. Linda Abrahams is die voorsitter van die Birbury-landboukoö­perasie wat die boerdery in ’n gesamentli­ke ondernemin­g met die Birbury-pynappelpl­aas bestuur.
 ??  ?? Mnr. Kaya en me. Crewelyn Katoo, begunstigd­es en bestuursle­de van Entabeni, in ’n lemoenboor­d.
Mnr. Kaya en me. Crewelyn Katoo, begunstigd­es en bestuursle­de van Entabeni, in ’n lemoenboor­d.
 ??  ?? Mnr. Henk Agenbach, uitvoerend­e hoof van Die Kooperasie.
Mnr. Henk Agenbach, uitvoerend­e hoof van Die Kooperasie.
 ??  ?? Mnre. Deon Heyns (links), bestuurder van boerderyon­twikkeling by Die Kooperasie, en Khaya Katoo, begunstigd­e van die sitrusplaa­s Entabeni.
Mnre. Deon Heyns (links), bestuurder van boerderyon­twikkeling by Die Kooperasie, en Khaya Katoo, begunstigd­e van die sitrusplaa­s Entabeni.
 ??  ?? Mnr. Aviwe Gxotive is die voorsitter van die Soutvlei-direksie en ’n 50%-aandeelhou­er. Die boerdery is in 2018 as die Boer van die Jaar vir sigorei onder besproeiin­g aangewys.
Mnr. Aviwe Gxotive is die voorsitter van die Soutvlei-direksie en ’n 50%-aandeelhou­er. Die boerdery is in 2018 as die Boer van die Jaar vir sigorei onder besproeiin­g aangewys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa