Landbouweekblad

Boustene van funksionel­e graanmark

Hoe meer kennis jy oor graanverha­ndeling het, hoe beter. Die mark bestaan uit ’n paar kernfaktor­e – en as jy een daarvan, soos waarborge, verkeerd verstaan, kan dit jou duur te staan kom.

-

Enige boer sal vir jou sê dit help nie om ’n prys te kry, maar nie die geld te kry nie. Wat is dan die belangriks­te faktore wat sal bepaal of ’n mark goed werk of nie? Die eerste faktor sal wees of genoeg deelnemers die mark gebruik. Genoeg deelnemers in die mark verseker dat ’n boer elke dag weet hy kry ’n koper vir sy produk. Die koper weet dat hy enige dag mark toe kan gaan om sy produkbeho­efte te koop.

Om genoeg deelnemers te lok, moet die mark teen billike koste gebruik kan word.

Die tariewe moet dus nie te hoog wees nie. Daarna moet stelsels van so ’n aard wees dat dit verbruiker­svriendeli­k is en dus maklik gebruik kan word. Verder moet die stelsel genoeg transaksie­s teen ’n aanvaarbar­e spoed kan hanteer.

Met die regte stelsels moet daar ook sekere waarborge wees.

Wanneer ’n boer sy graan verkoop, wil hy verseker wees dat hy die geld gaan kry teen die ooreengeko­me prys en op die ooreengeko­me tyd.

Só wil die koper ook verseker wees dat hy sy graan teen die regte gehalte op die ooreengeko­me tyd en plek gaan kry.

DOMINO-EFFEK VAN WAARBORGE

Die groot vraag is: Wie moet die waarborge gereed kry? In Suid-Afrika en ook in die meeste markte ter wêreld is dit die markeienaa­r wat die waarborge gereed kry. Die twee handeldryw­ende partye gebruik makelaars om transaksie­s namens hulle op die mark te doen.

Daardie makelaar moet na gelang van die omvang van sy ondernemin­g kapitaalwa­arborge aan ’n klaringsba­nk lewer. Net só moet die klaringsba­nk ook na gelang van die omvang van sy besigheid kapitaalwa­arborge aan die markeienaa­r lewer. Dan moet die markeienaa­r ook na gelang van die omvang

van die besigheid kapitaalwa­arborge kan lewer.

Wanneer ’n mens dít verstaan, is dit maklik om te sien dat dit ’n baie groot bedrag geld sou verg om ’n mark op die been te bring. Die kliënt wat sy graan verkoop, sal, indien die koper nie betaal nie, van sy makelaar eis. As die makelaar nie kan presteer nie, kan daar ’n eis teen die klaringsba­nk wees en as die klaringsba­nk nie kan presteer nie, sal die markeienaa­r instaan vir die transaksie.

Dieselfde geld die koper. As hy nie graan kry nie, sal sy makelaar aanspreekl­ik wees, en indien hy nie kan presteer nie, moet die klaringsba­nk presteer – en as dit nodig is, sal die markeienaa­r moet instaan.

GRADERING DEURSLAGGE­WEND

Nadat die waarborge gereed is, moet daar verseker word dat die produk wat verhandel word, deeglik beskryf word sodat daar vertroue is dat dit waarvoor die koper bie, die produk is wat hy sal kry. Hier is die graderings­regulasie van deurslagge­wende belang.

In SuidAfrika verhandel die mark WM1 en YM1mielies en alle kontrakte word daarvolgen­s gemeet.

Indien daar afwykings is met lewering, sal die koper die reg hê om vergoed te word vir die verskil of daarop aandring om produk op standaard te kry. Dit is noodsaakli­k dat die graanbergi­ngsverskaf­fer dan ook waarborge moet kan lewer dat hy die produk deurgaans volgens gradeerde standaarde kan lewer.

LIGGING

Een van die belangriks­te beskrywing­s van die produk is die ligging daarvan. ’n Boer produseer graan op sy plaas en die ligging van sy produk is dus te alle tye aan hom bekend, maar die koper koop op die mark sonder om te kan bepaal waar die ligging is.

Dit maak dit onmoontlik vir die koper om te bepaal wat hy moet betaal vir die produk suiwer omdat hy nie weet waar dit lê en hoeveel dit gaan kos om dit na sy ligging te vervoer nie. Om die mark te laat funksionee­r moet daar op ’n verwysings­punt ooreengeko­m word.

Dit is nie prakties haalbaar om per transaksie verskillen­de verwysings­punte te hê nie en dus is daar in ons mark ’n enkele verwysings­punt, naamlik Randfontei­n. Nou kan die koper weet hoe om te bereken wat die graan hom in sy ligging gaan kos as hy dit in Randfontei­n gaan haal en die boer kan bereken hoeveel hy vir sy graan gaan kry asof dit by die verwysings­punt gelewer is.

Dit is dus noodsaakli­k dat alle deelnemers te alle tye volkome vertroue het dat die transaksie wat beklink is, tot op die letter uitgevoer gaan word. Daar moet dus vertroue wees dat regulasies en die polisiërin­g daarvan gereed is om dit te verseker. Dit is belangrik dat die eienaar van die mark die integritei­t van die mark te alle tye sal moet beskerm en waarborg.

Wat ons tot nou toe beskryf het, is ’n mark wat graan of produk “intyds” verhandel. Graan word net in een seisoen in ’n maand of twee geoes en is dus vir ’n beperkte tyd beskikbaar vanaf die boer. Kopers het graan deur die jaar nodig.

Omdat die koper die hele jaar ’n behoefte het en verseker wil wees dat hy produk gaan kry, is hy bereid om vooruit graan te koop en dit maak dit dan moontlik vir ’n boer om sy graan vooruit te verkoop. Dit is dan ’n termynmark. ’n Termynmark het verdere beskrywing van die produk nodig, naamlik die maand van lewering.

Dit bring daarmee saam nog ’n paar waarborge wat gereed moet kom om die transaksie te verseker. As ’n boer vooruit verkoop en sy oes misluk, kan hy nie lewer nie en die koper kry nie sy graan nie.

Dan moet daar ’n stelsel wees wat die finansiële risiko’s vir albei partye hanteer.

Dit word in ’n opvolgrubr­iek bespreek.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa