Landbouweekblad

Onsekerhei­d knaag aan somersaaib­oere

- — JASPER RAATS

DIE Mpumalanga Internasio­nale Varsproduk­temark in Mbombela (Nelspruit) is volgens landboulei­ers en politici ’n pragtige droom van adj.pres. David Mabuza, die voormalige premier van Mpumalanga. Soos baie drome is dit effe onrealisti­es en wil net nie waar word nie.

In 2013 het me. Violet Siwela, die destydse LUR vir landbou, gesê die nuwe mark sal R1 miljard kos en sal teen 2019 in bedryf wees. Volgens gerugte het Mabuza só sterk in die projek geglo dat hy bereid was om van sy eie geld daarin te belê.

Teen April vanjaar is nog net R539 miljoen daaraan bestee. Die grondwerk is afgehandel, munisipale dienste geïnstalle­er en paaie is reeds op die terrein gebou, maar die projek sukkel om te vorder.

Minstens R1,2 miljard moet nog bestee word aan die markvloer waar boere, veral opkomende boere, hul produkte aan plaaslike en internasio­nale kopers kan bemark.

ONTWIKKELI­NG

Mabuza se droom was ’n megamark op 248 ha langs die R37hoofpad. Dit is vir dié doel aangekoop teen R45 miljoen.

Volgens ’n aanbieding van Mpumalanga se departemen­t vir ekonomiese ontwikkeli­ng en toerisme is ’n groot deel van die mark se beoogde infrastruk­tuur op landbou-ontwikkeli­ng gemik. Dit moet ondersteun­ing en bystand aan klein- en opkomende boere vergemakli­k, lui die voorleggin­g aan die provinsial­e wetgewer se portefeulj­ekomitee vir landbou en landelike ontwikkeli­ng.

Boere is egter skepties. Mnr. Robert Davel, uitvoerend­e hoof van Mpumalanga Landbou, sê hy het al by heelparty markkenner­s gaan kers opsteek oor dié ambisieuse idee.

Almal was dit eens dat jy klein begin met ’n varsproduk­temark, en die vrye mark dan toelaat om te groei tot op die punt waar dit die moeite werd is om uit te brei.

POLITIEKE SPEELBAL

Mnr. Bosman Grobler, ’n DA-lid van die provinsial­e wetgewer en ook lid van die portefeulj­ekomitee, sê hy het sy bedenkinge of kommersiël­e produsente van uitvoervru­gte en neute ooit van die mark se dienste gebruik sal maak.

Die gesloer met die mark boesem volgens hom nie vertroue by boere in nie, en hy twyfel of die mark ooit die miljoene wat daarin belê word, sal kan verhaal.

Grobler sê die projek het ’n politieke speelbal geword. Daar is voortduren­d twis oor plaaslike indiensnem­ing, aankope en buitenspor­ige eise van vakbonde.

“As dit so aanhou, weet ek nie of daardie mark binne die volgende tien jaar gaan klaarkom nie.”

Hoewel hy meen dit is ’n uiters swak belegging van belastingb­etalers se geld, moet daar erns gemaak word om die mark so gou moontlik te voltooi. “Hoe langer dit sloer, hoe meer geld gaan verlore.”

‘As dit so aanhou, weet ek nie of daardie mark binne die volgende tien jaar gaan klaarkom nie.’

 ?? BRON: MPUMALANGA PROVINSIAL­E REGERING ?? ’n Kunstenaar­svoorstell­ing van die varsproduk­temark in Mbombela.
BRON: MPUMALANGA PROVINSIAL­E REGERING ’n Kunstenaar­svoorstell­ing van die varsproduk­temark in Mbombela.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa