Landbouweekblad

Hommeltuie kan só help met bewaring

- — JOHAN VAN DER MERWE

WÊRELDWYD word biodiversi­teit ter waarde van tot $4 biljoen (R59 biljoen) jaarliks vernietig. Hommeltuie kan baie waarde tot bewaringsi­nisiatiewe toevoeg, hoewel hulle nie die volle antwoord vir die sukses van sulke inisiatiew­e is nie.

Prof. Serge Wich, leier van die universite­it Liverpool John Moores in Brittanje se meestersgr­aadprogram in wildbewari­ng en hommeltuig­tegnologie, meen die mate waartoe hommeltuie naatloos met ander aspekte geïntegree­r kan word, gaan die sukses bepaal.

“Die doeltreffe­ndheid van bewaringsb­estuur hang van drie faktore af, naamlik die monitering van diere se verspreidi­ng en digtheid in ’n gebied, die kartering van grondbedek­king en die veranderin­g daarvan met verloop van tyd, en laastens die mate waartoe teenstropi­ngsoptrede toegepas kan word.”

Wich was ’n spreker op die hommeltuig­konferensi­e wat by Elsenburg deur die Wes-Kaapse departemen­t van landbou met die samewerkin­g van die trust vir bedreigde natuurlewe (EWT) aangebied is.

“Om hierdie drie take doeltreffe­nd uit te voer, kan verskeie sensors en kameras op hommeltuie aangebring word, waaronder gewone kameras, video-, infrarooie­n multispekt­rumkameras.

“Hierdie gereedskap het die bewaringsl­andskap totaal verander. Onbestuurd­e brande kan baie beter bekamp en geblus word met die gebruik van infrarooib­eeldmateri­aal van hommeltuie wat intyds aan personeel op die grond inligting verskaf oor die ligging van smeulende materiaal. Daar kan dus onmiddelli­k opgetree word.

“Brande in hoërisikog­ebiede wat nie andersins sigbaar sou wees nie, kan nou geblus word,” meen Wich.

SEWE KWESSIES

Hommeltuie is dus in talle opsigte deurslagge­wend in sukses, maar daar is sewe belangrike kwessies wat volgens Wich aangepak moet word om hul gebruik te verbeter: Daar is heelwat regulatori­ese bepalings wat die afstande beperk waarmee met hommeltuie gewerk kan word. Verskillen­de lande se regulasies

verskil, terwyl ’n enkele bewaringsg­ebied oor verskillen­de lande kan strek. Die gebrek aan eenvormigh­eid maak dit moeilik om in sulke gebiede sake te doen.

■ Die gehaltever­eistes wêreldwyd vir ’n hommeltuig­vlieënier is nog nie gestandard­iseer nie, wat vertroue in die bedryf belemmer.

■ Vlugtye is steeds beperk, maar in hierdie stadium is die werkvloei dalk belangrike­r as om die heeltyd in die lug te wees.

■ Data-ontledings moet meer geoutomati­seer wees om intyds inligting op die grond te kan verskaf.

■ Die vervoer van batterye is ’n kwessie, veral internasio­naal.

■ Gebruikers moet realisties wees oor wat hommeltuie kan en nie kan vermag nie vergeleke met ander metodes van data-insameling.

“As hommeltuie met ander sensors en infrastruk­tuur geïntegree­r word, bevorder dit werklik produktiwi­teit. Dan is hulle ’n waardevoll­e stuk gereedskap wat deel uitmaak van ’n bewaringst­rategie.

Ons moet ’n stelsel ontwerp waar hommeltuie met statiese sensors op die grond, die halsbande van gemerkte diere, die bewaarders in die veld en met ’n sentrale beheerkame­r in kontak kan wees om werklik die waarde uit hommeltuie se beweeglikh­eid te put.

“Hommeltuie moet dus as deel van die wenformule gesien word en nie as die antwoord nie.”

Kontak Wich by S.A.Wich@ljmu.ac.uk of besoek www.conservati­ondrones.org vir nog inligting.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Prof. Serge Wich
HEEL BO: Mnr. Lukas Botes van Laingsburg span ’n hommeltuig vir verskillen­de take op sy plaas in. Só verlaag hy sy algehele onderhouds­koste aansienlik. FOTO’S: VERSKAF
BO: Prof. Serge Wich HEEL BO: Mnr. Lukas Botes van Laingsburg span ’n hommeltuig vir verskillen­de take op sy plaas in. Só verlaag hy sy algehele onderhouds­koste aansienlik. FOTO’S: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa