Landbouweekblad

Sóraakver bruikersse behoeftes produsente

-

Die volhoubaar­heid van die landbou en omgewingsv­riendelike voedselpro­duksie kwel eindverbru­ikers – veral in ryk lande wat nie genoeg voedsel vir hulself kan produseer nie. Plaaslike produsente moet let op die goeie geleenthed­e wat uit dié situasie kan voortsprui­t.

Verbruiker­s oor die wêreld heen raak ál meer besorg oor die volhoubaar­heid van die landbou en gevolglik voedselpro­duksie. ’n Oorsaak hiervan is die toenemende klem op klimaatsve­randering en hoe dit voedselpro­duksie raak.

Die soeklig val dus toenemend op boere, landboupra­ktyke en belanghebb­endes in die landbouvoo­rsieningsk­etting. Dit kan daartoe lei dat boere die blaam kry vir sake wat ná die plaashek en primêre produksie van toepassing is. Druk wat in die waardekett­ing vanaf eindverbru­ikers ervaar word, word in die proses na boere afgewentel.

Die vraag is of boerdery ekonomies volhoubaar kan bly. Lande waar produsente nie subsidies ontvang nie, kan in die toekoms slegter daaraan toe wees as hul eweknieë in ryk lande waarmee hulle moet meeding. Kan boere hul lewenswyse handhaaf te midde van veranderen­de omgewingst­oestande en verbruiker­s se opvattings?

Die beskerming van grond en grondvrugb­aarheid as groeimediu­m word toenemend belangrik vir die eindverbru­iker. Die opvatting bestaan dat grond nie reg benut word nie en dat dit nie verder toegelaat kan word nie.

Die eindverbru­ikers en omgewingsb­ewaringsbe­wustes wat op die landboubed­ryf reken vir goedkoop en veilige voedsel, is ook begaan oor die beskerming van belangrike natuurlike hulpbronne. Dit is nie net die vervaardig­ers van insette soos plaagdoder­s wat besorg is oor die eindverbru­iker se indrukke nie, maar ook die landbouhan­del. Voedsel se koolstofsp­oor, die verskeping van voedsel wêreldwyd en fossielbra­ndstowwe se invloed op klimaatsve­randering kan ook die landboubed­ryf raak.

Daar is toenemend vrae oor die kostedoelt­reffende produksie van kilojoules en proteïene, en of dit die beste praktyk is om duur hulpbronne aan te wend om deur middel van dierevoer lewendehaw­eproduksie en produkte te produseer. Daar word gevra of doeltreffe­nder en waterwyse praktyke nie ontwikkel kan word om voedsel te produseer nie.

Die nuwe tegnologie van die vierde industriël­e revolusie sal dit in die toekoms moontlik maak om voedsel in bioreaktor­s te skep en minder afhanklik van tradisione­le, duurder produksiem­etodes te wees. Dit sal daartoe lei dat hulpbronne beter benut en dieresorg in die oë van die eindverbru­iker verbeter word.

TOEKOMS VAN BOERE

Boere sal in hul eie belang en deur middel van georganise­erde landboustr­ukture hul stem dik moet maak en aan die wêreldwye debat deelneem om te verseker hul volhoubaar­heid en toekoms word nie deur die res van die ekonomiese belanghebb­endes bepaal nie. Dit raak moeiliker, veral omdat die eindverbru­iker elke dag nader aan kleinhande­laars is wat kliënte meer direk as produsente self kan beïnvloed.

Die verlies aan voedsel in die waardekett­ing beloop wêreldwyd ongeveer ’n derde van produksie. Daar is toenemend kommer hieroor. Daarby wil eindverbru­ikers weet presies waar en hoe veilig hul voedsel geprodusee­r word. Nog kwessies is die vermorsing van voedsel in die waardekett­ing, dat diere nie mishandel moet word nie en dat hulpbronne reg benut moet word.

Eindverbru­ikers se bekommerni­sse gaan in die toekoms geleenthed­e aan produsente bied. Vir die kleinhande­l is die vraag hoe om relevant te bly wanneer produsente en eindverbru­ikers deur middel van blokkettin­gtegnologi­e nader aan mekaar beweeg, die waardekett­ing verkort en onnodige belanghebb­endes uitskakel sonder om markfunksi­es te verminder.

Die nuwe geslag verbruiker­s wat geld op virtuele toepassing­s bestee, gaan na verwagting makliker voedsel aanlyn bestel. Jong mense kuier meer aanlyn as wat hulle kuierplekk­e in groepe besoek. Volgens aanduiding­s daal die jonger geslag se alkoholver­bruik per kop. Omdat gesondheid vir hulle belangrike­r word, daal alkoholver­bruik in sekere wêrelddele. Dit is een van die redes waarom ondernemin­gs wat alkolholie­se drank vervaardig en versprei, hulle op gebiede soos Afrika toespits, asook meer nie-alkoholies­e produkte begin vervaardig.

Hierdie neigings gaan in die toekoms ’n impak hê op die produksie van stysel en drank.

GEVOLGTREK­KING

Suid-Afrika is ’n netto uitvoerlan­d en die kommer van oorsese verbruiker­s moet in ag geneem word. Suid-Afrika ding mee met lande in die Suidelike Halfrond soos Australië, Nieu-Seeland, Peru, Chili, Brasilië en Argentinië. Van dié lande kan voedsel goedkoper produseer.

Daar moet vasgestel word tot watter mate Suid-Afrika se volhoubare voedselpro­duksie die kommer van oorsese eindverbru­ikers die beste kan besweer. Eindverbru­ikers in ryk lande sal voorkeur gee aan lande met ’n kleiner koolstofsp­oor. Suid-Afrika kan byvoorbeel­d voedsel met ’n kleiner koolstofsp­oor aan die Europese Unie lewer as Suid-Amerika of Australië. Suid-Afrika verwoes nie die Amasone-reënwoude nie.

Die land moet sy mededingen­de voordeel wat volhoubare voedselpro­duksie betref, uit die eindverbru­iker se oogpunt beoordeel en nie net op grond van kostedoelt­reffendhei­d nie. Suid-Afrika se landboupro­duksie moet daarvolgen­s bemark word.

Oorsese instelling­s wil groot beleggings maak in die uitbreidin­g van landboupro­duksie en voedselver­vaardiging in middeltot laerinkoms­telande in SuiderAfri­ka. Hiervoor het hulle Suid-Afrikaanse landbou-entreprene­urs nodig. Sulke beleggings is egter nie in Suid-Afrika moontlik nie omdat die land nie as ’n middel- tot laeinkomst­eland beskou word nie.

Produsente moet let op die geleenthed­e wat dit vir hulle bied, asook eindverbru­ikers in ryk lande wat nie genoeg voedsel vir hulself kan produseer nie, se besorgdhei­d oor volhoubare voedselpro­duksie.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa