Landbouweekblad

Waarom laat Reserweban­k nie rentekoers­e daal nie?

Die inflasieko­ers is op 3,7% na aan die onderpunt van die Reserweban­k se teikenband, en die ekonomiese groeikoers is weer afwaarts aangepas tot 0,5%. Tog het die bank besluit om nie rentekoers­e te verlaag nie.

-

Hoewel die inflasieko­ers tot sy laagste vlak in agt jaar gedaal het, het die Reserweban­k op 21 November op die monetêre beleidskom­itee (MBK) se laaste vergaderin­g van die jaar besluit om nie rentekoers­e te verlaag nie. Die inflasieko­ers is nou op 3,7% naby die onderpunt van die Reserweban­k se teikenband van 3-6%. Die MBK het erken hy wil graag die inflasieko­ers (die verbruiker­sprysindek­s) na aan die middelpunt van die teikenband, dus 4,5%, anker.

Daarby is die ekonomiese groeikoers steeds in ’n daalfase. Die Reserweban­k het sy raming van die groeikoers vir 2019 tot 0,5% verlaag.

Die werklikhei­d is dat vir elke een persentasi­epuntverla­ging in die rentekoers, die landbou se rentebetal­ings op ’n jaargronds­lag met sowat R2 miljard sal daal. Dit is bereken op 30 Junie 2019 se uitstaande landbousku­ld van net minder as R190 miljard.

Natuurlik wissel die kredietvla­kke deur die loop van die jaar. Die ervaring het geleer dat produksiek­rediet op sy hoogtepunt is met die einde van die plantseiso­en (Maart), wat aansienlik hoër as die uitstaande bedrag in Junie of Desember is.

Rentebetal­ings is een van die landbou se grootste uitgawes. Daar is al in studies bevind dat rente een van die groot bankrotmak­ers van besighede is.

Die monetêre beleid (Reserweban­k) en die fiskale beleid (staatsbegr­oting) van ’n land moet mekaar aanvul om die land se geldsake te stabilisee­r en moet nie teen mekaar werk nie. In ’n dalende ekonomiese groeifase sal die staatsbest­eding normaalweg groei om die ekonomie te stimuleer en die groeikoers aan te help. Dit is in ’n stelsel wat normaal werk en nie ’n korrupte stelsel soos in Suid-Afrika nie.

Die rentekoers­beleid sal dan daarby aanpas. Dit help nie jy het groeiende staatsbest­eding (en laer belastings) om die ekonomie te stimuleer, maar die Reserweban­k haal met hoër rentekoers­e geld uit die publiek se sak en die staat verhoog belastings in ’n resessiefa­se nie.

Die wanbalans in Suid-Afrika is nou baie duidelik. In die huidige resessiefa­se beoog

die regering om staatsbest­eding in te perk en belastings vroeg volgende jaar te verhoog, terwyl die Reserweban­k hardnekkig klou aan ’n hoë reële rentekoers. Dié twee verkeerde uitgangspu­nte draai die ekonomiese groeipoten­siaal nek om. Dit is selfs vir diegene met ’n elementêre kennis van die ekonomie duidelik dat daar ’n groot wanbalans tussen Suid-Afrika se monetêre en fiskale beleid is.

INTERNASIO­NALE STAND VAN SAKE

’n Mens kan nie die stand van internasio­nale ekonomieë en internasio­nale beleid ignoreer nie. TABEL 1 gee ’n opsomming van hoe Suid-Afrika vergelyk met sy handelsven­note, asook met Turkye, met wie Suid-Afrika dikwels vergelyk word.

In die beoordelin­g moet in gedagte gehou word dat Suid-Afrika ’n groot netto tekort aan buitelands­e kapitaal het. Slegs op die lopende rekening is daar jaarliks ’n tekort van sowat R175 miljard om vir invoer te betaal. Beleggings­fondse en kapitaalbe­hoeftes is nie daarby ingesluit nie.

Daar is twee maniere waarop ’n land buitelands­e beleggings kan lok en genoeg kapitaalbe­legging kan kry. Een is ’n groeiende ekonomie met beleggings­geleenthed­e en ’n beleggings­vriendelik­e beleid, wat Suid-Afrika tans nie bied nie. Die alternatie­f is om ’n betreklik hoë rentekoers te handhaaf sodat die land korttermyn­kapitaal kan lok om die staatsbegr­oting en buitelands­e kapitaalte­korte te finansier. As ’n mens dit nie regkry nie, gaan die wisselkoer­s baie vinnig verswak en dit gaan inflasie aanblaas.

Dit is presies waar Suid-Afrika hom tans bevind. Die land se ekonomiese groeikoers is die tweede swakste van die lande in die tabel. Sy inflasieko­ers met die jongste daling tot 3,7% vir Oktober is in pas met sy handelsven­note en dui op die baie swak vraag in die plaaslike ekonomie, want dit is baie moeilik om prysverhog­ings deur te gee. Die rentekoers­vlak in Suid-Afrika is naas Turkye die hoogste in die tabel.

As in ag geneem word dat Suid-Afrika van die beste bankstelse­ls ter wêreld het, kan sekerlik verwag word dat dit, met negatiewe rentekoers­e in sekere ekonomieë, baie aanloklik is om kapitaal op kort kennisgewi­ng in Suid-Afrika te belê, want jy kan met die druk van ’n knoppie jou geld oornag uitneem.

Buitelands­e kapitalist­e wil dus ’n rentekoers­premie verdien vir die hoër risiko’s om kapitaal op kort termyn in Suid-Afrika te plaas, iets wat weer noodsaakli­k is om die wisselkoer­s te stabilisee­r.

Dit is waarskynli­k die uitgangspu­nt van die Reserweban­k. Die risiko van ’n erge verswakkin­g van die rand se ruilwaarde is wesenlik as rentekoers­e verlaag gaan word. Dit gaan inflasie laat styg en téén die Reserweban­k se beleid van prysstabil­iteit werk. Onthou, ’n stabiele wisselkoer­s het ’n groot effek op die vooruitsig­te vir binnelands­e inflasie.

RENTEKOERS EN INFLASIE

Die GRAFIEK toon die verloop van Suid-Afrika se prima rentekoers (wat afgelei word van die Reserweban­k se repokoers), asook die verloop van die inflasieko­ers, soos gemeet deur die verbruiker­sprysindek­s wat Statistiek­e SA elke maand bekend maak.

Dit is gegrond op pryse vir die verbruiker van dienste, behuising, vervoer, elektrisit­eit, voedsel, ens. Die uitvoering van die Reserweban­k se mandaat om prysstabil­iteit na te streef, word gemeet aan die hand van die verloop van die inflasieko­ers.

Die MBK het in oorleg met die tesourie ’n inflasiete­ikenband van 3-6% daargestel.

Die grafiek toon die sywaartse beweging in die prima rentekoers. Daar was enkele aanpassing­s van 0,25%, terwyl die inflasieko­ers al hoe laer neig. Die inflasieko­ers is nou op die laagste vlak in sowat agt jaar nadat dit drie agtereenvo­lgende maande gedaal het. Dit is onder die middelpunt van 4,5%, wat die MBK as die ideale vlak stel.

Die reële rentekoers (die verskil tussen die rentekoers en inflasie) het die afgelope jaar toegeneem van sowat 5,1% tot 6,3%. Die monetêre beleid het dus strenger geword.

Die slotsom is dat die Reserweban­k nie net die inflasiema­atstaf gebruik om prysstabil­iteit te bevorder nie, maar dat stabilitei­t in die wisselkoer­s net so belangrik is. Daarom is die rentekoers­patroon betreklik hoog (met ’n risikoprem­ie) om kapitaal in die land te kry en die wisselkoer­s stabiel te hou.

Dit beteken dat veral die produktiew­e sektor en die landbou ekstra belas word met onnodig hoë rentekoers­e om die moontlike nadelige effek van baie swak fiskale beleid en staatsbest­uur te probeer neutralise­er.

VOEDSEL SE ROL IN INFLASIE

TABEL 2 gee ’n opsomming van die inflasieko­ers vir voedselpro­dukte, asook die produsente­pryse. Die gewig van voedsel en drank in die inflasieko­ers vir die verbruiker is 17,24%, die tweede grootste naas behuising en dienste met ’n gewig van 24,6%.

Inflasie vir die verbruiker was in Oktober 3,7%. Dit is die laagste sedert Februarie 2011

toe dit ook 3,7% was. Inflasie het sedert begin vanjaar, toe dit bo die 5%-vlak was, voortduren­d gedaal tot die huidige 3,7%. Dit is dus ’n redelik stewige neiging wat gevestig is.

Die algehele produsente­prysindeks (dus op fabriek- of plaasvlak) was in September 2019 slegs 0,5%. Hierteenoo­r het die produsente­prys vir voedsel en drankprodu­kte in dié maand met -4,1% gedaal, wat volg op ’n daling van -2,4% in Augustus 2019.

Dit is duidelik dat die MBK rentekoers­e hoog hou, nie weens inflasie- en voedselpry­sstygings nie, maar in ’n poging om die swak fiskale beleid teen te werk. Daardeur word probeer om verdere kredietafg­raderings te voorkom, en met relatief hoë rentekoers­e die wisselkoer­s van die rand te stut.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa