Landbouweekblad

Is jou wense uitvoerbaa­r?

Volg ’n behoorlike beplanning­sproses wanneer jy jou testament opstel, en neem jou gesin en erfgename se omstandigh­ede in ag. Só kan baie hartseer later voorkom word. Dié rubriek bied raad en wenke.

- NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

Jou testament en huweliksvo­orwaardeko­ntrak is die belangriks­te dokumente wat jy ooit sal onderteken. Ondanks die belangrikh­eid daarvan word dit egter dikwels agterweë gelaat. Die kliënt se naasbestaa­ndes moet dan die gelag (of gehuil) betaal. Dit kan nie genoeg beklemtoon word nie – die tyd wat jy aan die beplanning van jou testament afstaan, kan jou geliefdes baie trane bespaar.

KEUSE VAN EKSEKUTEUR

Stel ’n eksekuteur aan wat spesialise­er in boedelbere­ddering. Baie kliënte dink geen eksekuteur­starief sal gehef word as ’n familielid as eksekuteur aangestel word nie. Dit is nie altyd waar nie. Indien die eksekuteur onervare is, sal ’n volmag gegee moet word aan ’n prokureur, ouditeur of ander beredderaa­r, wat dan die eksekuteur­starief sal hef.

Kliënte op die platteland moet dikwels kies tussen iemand op die dorp en byvoorbeel­d ’n korporatie­we maatskappy. Oorweeg ál die voor- en nadele en kies dan wie jy as die eksekuteur wil aanstel. Besluit wat die beste vir jou gesin en erfgename gaan werk.

DOEN DIE SOMME

Dit is kommerwekk­end om te sien hoeveel kliënte se testamente opgestel word sonder om ’n behoorlike beplanning­sproses te volg.

Jou testament behoort eers opgestel te word nadat die berekening­e gedoen en die koste van jou afsterwe bepaal is. Berekening­e

vir onder meer boedelbela­sting, kapitaalwi­nsbelastin­g, eksekuteur­stariewe en oordragkos­te behoort gedoen te word. As die persoon wat jou testament opstel, dit nie só doen nie, dring daarop aan of kry ’n tweede mening. Makelaars en raadgewers van versekerin­gsmaatskap­pye het toegang tot regsadvise­urs wat kan help. Berekening­e sal ’n goeie aanduiding gee of genoeg kontant in jou boedel beskikbaar is en of jou testament (en wense) prakties uitvoerbaa­r is.

ONDERHANDE­L OOR TARIEWE

Die statutêre eksekuteur­starief is vasgestel teen 3,5% van die bruto waarde van jou boedel plus BTW, indien die eksekuteur vir BTW geregistre­er is. Indien jy ’n groot boedel het, kan jy die eksekuteur nader om die boedel teen ’n laer tarief te beredder.

Die eksekuteur­starief is dus onderhande­lbaar. Eksekuteur­s is meer geneig om oor die geld te onderhande­l indien beplanning oor die kliënt se boedel gedoen is en hulle weet daar sal nie verrassing­s wees nie.

Die uitvoerbaa­rheid van die testament en of die boedel voldoende kontant het om koste te betaal, het ook ’n invloed. Indien jy oor die eksekuteur­starief onderhande­l terwyl jy lewe, maak jy dit makliker vir jou erfgename.

Op die inkomste wat die boedel ná jou afsterwe verdien, kan die eksekuteur 6% kry plus BTW. Dit sal byvoorbeel­d wees op oesopbreng­ste ná afsterwe of huurinkoms­te. ’n Verminderi­ng van hierdie syfer kan ook vooraf onderhande­l word.

PLAAS DIT OP SKRIF

Indien jou eksekuteur nie bekend is met die verskillen­de kontrakte wat jy aangegaan het nie, kan jy oorweeg om dit in jou testament op skrif te stel. Indien ’n koop-en-verkoopoor­eenkoms aangegaan is tussen jou en ’n vennoot of indien jy lenings aangegaan het, kan jy dit in jou testament aanteken sodat die eksekuteur daarvan kennis kan neem.

Hou enige bewyse van die afbetaling van lenings by jou testament sodat dit die rapporteri­ng van die boedel vergemakli­k.

BENOEM OPVOLGTRUS­TEE

Oefen jou reg uit indien jou familietru­st aan jou die mag verleen om ’n trustee in jou testament te benoem wat jou kan opvolg. Maak seker die trustakte gee jou wel die bevoegdhei­d om dit te doen. As jy in so ’n geval nie ’n opvolgtrus­tee benoem nie, is die kans vir altyd verby en behoort die trustakte dan te bepaal wie die opvolgtrus­tee sal wees.

GEVOLGTREK­KING

Wanneer jy jou testament opstel of hersien, moet jy dit behoorlik doen. Kontak gerus jou finansiële raadgewer. Hy of sy het toegang tot regsadvise­urs wat jou boedelbepl­anning vir jou kan doen en seker kan maak jou testament is reg opgestel en uitvoerbaa­r.

Me. Suzelle Jooste is ’n regsadvise­urbestuurd­er by Old Mutual Makelaardi­enste.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa