Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- BUTCH VAN BLERK

My skoonma is oorlede. My skoonsuste­r se twee seuns het haar huis geërf en sy het lewensreg op die huis, mits hulle haar broer (my man) 50% van die waarde van die huis uitbetaal. My man en sy suster het ook ’n stuk grond geërf. Hulle het mondelings ooreengeko­m dat hulle die 50% aan hom sal uitbetaal sodra die grond verkoop is. My skoonma is in 2009 oorlede en die grond is in 2019 verkoop. Hulle weier nou om my man se 50% uit te betaal omdat die eis blykbaar verjaar het. Kan dit korrek wees?

U sal die eksekuteur van u skoonma se boedel moet kontak en vasstel hoekom 50% van die huiswaarde nie aan u man uitbetaal is nie. Indien dit ’n bepaling van die testament was, was die eksekuteur verplig om uitvoering daaraan te gee en toe te sien dat u man dit ontvang. Indien u man en sy suster gesamentli­k ’n stuk grond geërf het, was u man ’n mede-eienaar en outomaties geregtig op 50% van die opbrengs uit die verkoop daarvan. Dit is ’n afsonderli­ke aangeleent­heid van die woonhuis.

Dit sou nie sin maak indien u man 50% uit die opbrengs van die woonhuis prysgee vir 50% van die opbrengs van die verkoop van die stuk grond nie, waarop hy in elk geval as mede-eienaar geregtig is.

U sal by die oordragpro­kureur moet vasstel hoekom u man se 50%-opbrengs nie aan hom uitbetaal is nie. Uitbetalin­g kon ook nie sonder u man as mede-eienaar se toestemmin­g geskied het nie. Of u man se eise ná drie jaar verjaar het of nie, dit bly steeds die eksekuteur en oordragpro­kureurs se verpligtin­g om toe te sien dat hy sy geld ontvang. U sal moet ondersoek instel om meer duidelikhe­id te kry.

Mnr. Butch van Blerk is ’n direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf in Bellville.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa