Landbouweekblad

Die valkoog: Gebruik minder plastiek – ons kan!

Plastiek het ’n verwoesten­de impak op die omgewing, veral die oseane, riviere en vleilande. Dit is egter nie moeilik om minder plastiek te gebruik nie. Hier is raad.

-

Veldtogte teen plastiek probeer veral die gebruik van plastiekar­tikels wat net een of twee keer benut word, verminder. Navorsing toon die vier groot sondaars in dié kategorie is plastiekst­rooitjies, inkopiesak­ke, koeldrank en waterbotte­ls en polistiree­nkoffiekop­pies.

Vir ál vier is daar bekostigba­re alternatie­we. Deur dit te gebruik, kan almal ’n reuseversk­il aan omgewingsb­esoedeling maak. Ballonne is nou ook in die visier – ’n heliumgevu­lde ballon is onlangs 60 km van die land af in die see gevind.

Herbruikba­re inkopiesak­ke en waterbotte­ls is ’n goeie begin om jou plastieksp­oor te verminder. Jy hoef ook nie plastiek of polistiree­nkoshouers en eetgerei of plastiekst­rooitjies te gebruik nie.

Gaan kyk op die internet watter alternatie­we, omgewingsv­riendelike produkte beskikbaar is. Talle winkels en aanlyn platforms verkoop dit reeds.

HERWIN GIFKANNE

Wat gebeur in die landbou? Dr. Gerhard Verdoorn is gemoeid met CropLife SA (die bedryfslig­gaam vir die plantbeske­rmingsbedr­yf) en afvalbestu­ur is ’n groot deel van sy verantwoor­delikheid. Sowat sewe jaar gelede is met ’n veldtog begin om leë plaagdoder­houers te herwin en in ander produkte om te skakel. Plastics SA het baie ervaring wat die herwinning van plastiek betref en het ’n groot rol in die aanvanklik­e leerproses gespeel. Talle maatskappy­e is mettertyd betrek en belangstel­lendes is in die media aangemoedi­g om deel te neem.

Daar is tans 47 goedgekeur­de insamelaar­s en verwerkers van CropLife SA wat die leë plastiekho­uers herwin en verwerk. Elkeen ontvang jaarliks ’n sertifikaa­t van goedkeurin­g van CropLife SA indien hy aan internasio­nale standaarde voldoen.

Wanneer die maatskappy leë houers van die boer ontvang, reik dit aan hom ’n sertifikaa­t van voldoende wegdoening uit. Die grootste vereistes vir die boer is dat die houers drie keer gespoel moet wees en dat daar gate in gekap moet wees. Daarna word die houers aan die plastiekve­rwerkers besorg wat deur ’n redelik langsame proses gaan om die plastiek te verwerk.

Die materiaal word eers versnipper en teen hoë temperatuu­r gewas. Daarna word dit in ’n smelter gesmelt en in lang, dun strokies uitgerek, soos spaghetti. Die strokies word afgekoel en in klein balletjies van 2 mm geknip. Dié balletjies word aan maatskappy­e gelewer wat ’n rits produkte daaruit vervaardig, onder meer skopfietse vir kinders, omhulsels vir optiese veselkabel­s, besproeiin­gspype, pale vir heinings, voerkrippe vir diere, stoorbakke, kratte, palette, “plastiekho­ut” vir meubels, posbusse, plaveisels en vullissakk­e.

Tans word sowat 8 000 ton plastiekho­uers met plaagdoder­s versprei. Diensversk­affers het verlede jaar reeds meer as 5 200 ton daarvan herwin. Die insameling en verwerking van leë saad, kunsmis en dierevoers­akke word ook beoog, maar dit sal nog ’n ruk duur voor die projek volhoubaar werk. Insamelaar­s en verwerkers word minstens reeds hierby betrek.

SLIM PLANNE

Elke individu of huishoudin­g kan homself afvra wat hy kan doen om die gebruik van plastiek te verminder. Tandeborse­ls wat van bamboes of hout gemaak word, is al geredelik beskikbaar. Oorstokkie­s met die stafie van karton is bioafbreek­baar en word deur sommige kettingwin­kels verkoop. Lekkers wat elk in papier toegedraai is, skep ’n groot probleem, veral in die see. Koop eerder lekkers wat nie toegedraai is nie en bêre dit in ’n houer. Gebruik ou handdoeke of linne vir lappe, eerder as eindelose rolle weggooibar­e papierhand­doeke.

E-AFVAL

Elektronie­se afval dra by tot die besoedelin­g van die omgewing: Dink aan ou rekenaars, drukkers, drade en kabels, telefone, batterye, televisies­telle, yskaste en lugversorg­ers. Daar is verskeie maatskappy­e wat sulke afval by sentrale punte afhaal en wat selfs per gewig daarvoor betaal. Identifise­er sulke maatskappy­e in jou omgewing en moedig jou gemeenskap aan om by herwinning betrokke te raak.

Verskeie huishoudin­gs het onlangs aan ’n eksperimen­t deelgeneem waarin van die genoemde beginsels toegepas is. Geskikte afvalvoeds­elprodukte is ook vir kompos gebruik. Die afvalsakke wat weekliks uitgesit word, kon tot vyf keer verminder word.

Dit laat ’n mens met die wonderlike gevoel as die nuttelose weggooi van afvalprodu­kte en veral plastiek verminder kan word. Sodoende kan elkeen ’n bydrae lewer om die impak op die omgewing te verminder.

Dr. Anton Odendal is ’n lid van BirdLife Overberg en woon op Hermanus.

 ??  ?? Eko-bakstene is ’n puik oplossing om te keer dat plastiek in oseane eindig. Op die internet is heelwat inligting beskikbaar oor hoe om eko-bakstene te maak en waar om dit in te handig.
Eko-bakstene is ’n puik oplossing om te keer dat plastiek in oseane eindig. Op die internet is heelwat inligting beskikbaar oor hoe om eko-bakstene te maak en waar om dit in te handig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa