Landbouweekblad

Boeke: Agter die sluier van die tabakbedry­f

-

Dis goed om te onthou dat liefde twee kante het – ’n geekant en ’n ontvangkan­t. Die kans is goed dat jy na een of albei kante toe kan oortree. Oor die geekant is daar meestal nie onduidelik­heid nie. Die Bybel praat duidelik en reguit daaroor. Die skrywer van Handelinge herinner ons daaraan dat ons die woorde van die Here Jesus moet onthou: “Dit is saliger om te gee as om te ontvang.” (Hand. 20:35, 1953-vertaling)

Die wyse Prediker het by geleenthei­d dié gevleuelde woorde uitgespree­k: “Werp jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind.” (Pred. 11:1)

Dit wil voorkom of dié woorde ’n stukkie Bybelse ekonomie verkondig: Gee tot voordeel van ander, en dit word vir jouself ’n voordelige belegging. Wees net bedag daarop dat jou gawe nie ’n selfsugtig­e motief word nie.

Kom ons maak die beker vol deur af te sluit met ’n teks wat sommige beskou as die kroonjuwee­l van alle gee-tekste. Johannes skryf: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Joh. 3: 16)

Maar wat nou van die ontvangkan­t van die liefde? Sommige mense het net nie die vermoë om met grasie aan die ontvangkan­t op te tree nie.

Die twee susters Marta en Maria bied ’n goeie voorbeeld van hoe daar opgetree behoort te word. Marta, die dienares, het aan die geekant min of meer volpunte verwerf, maar dit was Maria wat die situasie reg gelees en met grasie Christus se teenwoordi­gheid benut het.

Soms verbeel ek my dat dit ’n groter kuns is om reg te ontvang as om reg te gee.

As jy mooi ontvang, maak jy die gewer gelukkig. En wat is daar op aarde mooier as om ’n medemens gelukkig te maak?

Soms verbeel ek my dat dit ’n groter kuns is om reg te ontvang as om reg te gee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa