Landbouweekblad

Hart tot hart

-

Tobacco Wars deur Johann van Loggerenbe­rg. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R310.

Die laaste woord oor staatskapi­ng is nog lank nie gespreek nie. In Tobacco Wars lig Johann van Loggerenbe­rg die sluier oor die rol wat gewetenlos­e tabakwetst­oepassers, maatskappy­e, politici en ’n prokureur gespeel het om die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) se vermoë te ondergrawe om belastingo­ntduikers vas te vat.

Van Loggerenbe­rg was aan die stuur van ondersoeks­panne van die SAID wat op die punt was om

’n groot deurbraak teen onwettitwe­e ge tabakhande­l te maak toe dinge gebeur het: Belinda Walter, die prokureur met wie Van Loggerenbe­rg ’n kortstondi­ge verhouding gehad het, het hom van onen wettige optrede beskuldig, Tom Moyane is as kommissari­s van die SAID aangestel.

Walter het skynbaar bande gehad met omtrent almal wat by die tabakbedry­f betrokke was, en sy he th aar mantel voortduren­d na die wind gedraai. Haar aantygings het Moyane die verskoning gegee om van Van Loggerenbe­rg ontslae te raak. Dit het die ondersoeke na onwettige tabakhande­l laat ontspoor en die tabakbedry­f en sy helpers toegelaat om ongehinder­d te konkel.

En daar word ordentlik gekonkel: die tabakbedry­f, korrupte wetstoepas­sers, politici, prokureurs . . . Hulle skroom nie om loopbane en mense se reputasie te vernietig ter wille van ’n geringe voordeel nie.

Daar is ’n magdom maniere waarop tabakmaats­kappye Jan Taks ’n rat voor die oë draai. Die rede vir die vindingryk­e vuil truuks is eenvoudig: Elke rand wat hy nie aan Jan Taks verklaar of betaal nie, is vir hom skoon wins.

Moet ook nie dink dis net die kleiner tabakmaats­kappye wat skuldig is nie. Hulle is nie altyd onskuldig nie, maar Van Loggerenbe­rg sê die genoteerde British American

Tobacco, die grootste tabakmaats­kappy in Suid-Afrika, is een van die voorbokke met die onwettige optrede.

Mense wat meer te wete wil kom van staatskapi­ng en spesifiek die skade wat by die SAID aangerig is, behoort Tobacco Wars insiggewen­d te vind. Van Loggerenbe­rg het in die binnekring beweeg en is klaarblykl­ik goed ingelig. Uiteraard is Van Loggerenbe­rg nie objektief nie, maar ’n mens kry die indruk dat hy ’n eerlike weergawe van die gebeure probeer gee.

Hy erken foute wat hy begaan het, en hy vertel van gevalle waar hy ’n rat voor die oë gedraai is. Wat sy vertelling diepte gee, is dat hy verder as homself kyk. Hy is een van die mense wie se loopbaan vernietig is, maar hy vertel ook van ander, eerbare mense wat ’n prys moes betaal.

Daar is ’n magdom maniere waarop tabakmaats­kappye Jan Taks ’n rat voor die oë draai.

 ??  ?? p g, e eure by die Inkomstedi­ens, sal Tobacco Wars insiggewen­d vind.
p g, e eure by die Inkomstedi­ens, sal Tobacco Wars insiggewen­d vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa