Landbouweekblad

Veilingsve­rslae

- — JOHAN NORVAL

Een van die spogpryse wat vir Herefords in die tydperk vanaf 1 Junie 2018 tot einde Mei 2019 betaal is, was R160 000 vir ’n bul van die Locheim-stoetery, Moorreesbu­rg.

Die gemiddelde prys van Herefordbu­lle op veilings oor die land heen sedert Mei 2019 het van R30 000 tot R35 000 gewissel.

Herefordbu­lle het gemiddeld R37 285 behaal op die 20ste produksiev­eiling van die Brahman-stoetery Osterloh naby Komga. Mnr. Justin Phillips (Hereford) was een van die genooide verkopers op dié veiling.

Op die Oos-Transvaals­e ram-en-bulveiling is twee Herefords teen gemiddeld R27 500 verkoop. Die verkoper van die duurste bul (R30 000) was mnr. Heiko Köster van Vicedale-Herefords, Cullinan, en die koper mnr. Louis Hattingh van Volksrust.

’n Gemiddelde prys van R34 846 is vir bulle op die PP Mong-trust se 25ste produksiev­eiling op die plaas Florina, Villiersdo­rp, behaal. Twee bulle is teen R50 000 stuk verkoop. Die bul BMH15-34 is aan mnr. Gerhardt Botha van Elliot verkoop, terwyl BMH17-25 aan mnr. Ivor Isted van Barkly-Oos verkoop is.

Veilings wat vir 2020 onder die beskerming van die Hereford-beestelers­genootskap beoog word, is onder meer op die Vryburgsko­u (3 April), Braai and Novelty-veiling (29 April), PP Mong-produksiev­eiling (2 Junie), Ermelo (9 Julie), Kuruman

(31 Julie), Syferpan (3 Augustus), Moorreesbu­rg (2-5 Augustus), Vryburg (10 Augustus) en die Kevlynn-produksiev­eiling

(15 Augustus).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa