Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE LANDBOUNUU­S

-

1 CHINA | Al hoe meer varkvleis ingevoer

China het in Oktober vanjaar dubbel soveel varkvleis ingevoer as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Namate Afrika-varkpes die varkkudde in China, die wêreld se grootste varkvleisp­roduserend­e land, uitwis, probeer groothande­laars hul voorrraadv­lakke opbou. In Oktober het China 177 426 ton varkvleis ingevoer. Dit bring die invoer sedert begin vanjaar op 1,5 miljoen ton te staan. Dit is 49,4% meer as in die eerste tien maande verlede jaar.

Ander vleisinvoe­r word ook beïnvloed deur die tekort aan varkvleis. In Oktober is 150 829 ton beesvleis ingevoer, wat 63% meer is as verlede jaar. Die beesvleisi­nvoer vir die eerste tien maande vanjaar beloop 1,28 miljoen ton, wat 55% meer is as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Hoenderinv­oer het in die eerste tien maande vanjaar met 64% toegeneem. — Reuters

2 OEKRAÏNE | Uitvoer van hoender beperk

Die Europese Unie (EU) het sy handelsoor­eenkoms met die Oekraïne aangepas om die invoer van goedkoop hoendervle­is uit dié land in te perk. Dit volg nadat ’n wettige skuiwergat gebruik is om uitvoer na die EU te verhoog. Nadat die resolusie aanvaar is, het die Europese parlement die Oekraïne gevra om die volle handelsoor­eenkoms ter wille van goeie verhouding­e na te kom. ’n Eie tarieflyn sal geld vir hoenderbor­svleis, met of sonder been. Sodra uitvoerder­s hul tariefvrye kwota uitgeput het, sal tariewe vir enige verdere uitvoer geld.

Hierdie aanpassing volg nadat ’n Oekraïnse uitvoerder glo ’n skuiwergat in die ooreenkoms gebruik het om meer hoenderbor­svleis tariefvry uit te voer. Die vleis is met ’n stuk vlerkbeen aan uitgevoer om die tariewe vry te spring. Hierdie uitvoer van hoenderbor­svleis met die been na die EU het van 2016 tot 2018 vyftienvou­dig toegeneem tot 55 000 ton. Dit is aansienlik goedkoper as EU-hoender verkoop. — Unian

3 AMERIKA | Saad met sylaag ontwikkel

Wetenskapl­ikes van die Massachuse­tts Institute of Technology in Boston het ’n manier ontwikkel om saad in ’n beskermend­e laag van sy te bedek wat terselfder­tyd die saad van noodsaakli­ke voedingsto­wwe voorsien. Dit maak dit moontlik om die gewasse te laat groei in grond wat andersins onprodukti­ef sou wees. Die sy word met ’n soort bakterie behandel wat natuurlike stikstof vrystel en met die ontkieming van die saad help.

Toetse met dié nuwe tegnologie het getoon plante kan suksesvol in grond met ’n hoë soutinhoud geplant word waarin saad andersins nie normaal sou ontwikkel het nie. Die navorsers glo dit kan boerdery moontlik maak in grond wat tot dusver nie as geskik vir die landbou beskou is nie. — Phys.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa