Landbouweekblad

LANDBOUNUU­S UIT AFRIKA

-

1 NAMIBIË | Vleisrakke leeg weens verbod

Namibiese kettingwin­kels en kruidenier­s wat prima vleissnitt­e uit Suid-Afrika invoer, ondervind tekorte weens die invoerverb­od op Suid-Afrikaanse rooivleis nadat bek-enklouseer weer buite die beheerde gebied in Suid-Afrika uitgebreek het. Leë vleisrakke by konsessieh­ouers van Suid-Afrikaanse winkelgroe­pe soos Spar, Shoprite en Pick n Pay getuig van die gevolge van die verbod. In baie winkels verduideli­k kennisgewi­ngs hoekom die vleisrakke leeg is.

Mnr. Johan Mostert, Spar se streekaank­oper in Namibië, sê hulle probeer hul bes om die tekort met plaaslike vleis aan te vul. Hy sê die winkels word deur private individue besit wat self kan besluit of hulle uitgesoekt­e snitte van Suid-Afrika wil invoer. Almal ondersteun die plaaslike bedryf en koop die meeste van hul vleis plaaslik aan. Dit is net die meer gesogte snitte wat ingevoer word, sê hy. — New Era

2- TANZANIË | Regering gryp nie in met graanpryse

Die Tanzaniese regering het besluit hy gaan, ondanks tekorte, nie graanpryse probeer beheer nie. Dit het daartoe gelei dat ’n sak mieliemeel van 100 kg nou R704 kos, teenoor R416 ’n jaar gelede. Pres. John Magufuli het gesê die regering gaan nie inmeng nie en markkragte toelaat om die pryse te bepaal. Hy het produsente aangemoedi­g om die situasie tot hul voordeel te benut.

Daar is tans in die hele Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngstreek, asook Oos-Afrika, ’n groot vraag na mieilies. Tanzaniese boere mag hul graan in Zambië, Malawi, die DRK, Kenia en Suid-Afrika verkoop. Die inwoners van Dar es Salaam loop die ergste onder die hoë pryse deur. ’n Kilogram mieliemeel kos nou R9,60 tot R11,50, vergeleke met R6,40 tot R8,30 in die vorige kwartaal. — The East African

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa