Landbouweekblad

AALMOESE EN SKENKINGS NIE DIE ANTWOORD

-

Die inspireren­de hoof van Die Kooperasie se maatskapli­ke ontwikkeli­ngsprojekt­e is toegewy daaraan om te bou op dit wat mense besit, en hamer nie op dit wat hulle nie het nie.

Onder leiding van mnr. Willie Oosthuizen, hoof van Die Kooperasie-gemeenskap­strust wat in 2018 gestig is, word ’n uiteenlope­nde arsenaal projekte aangepak. “Aalmoese en skenkings is nie die antwoord vir armoede nie. Bemagtigin­g en volhoubare ontwikkeli­ng is.

“Die gemeenskap kry te make met geleenthed­e vir groei, en dit kan tot broodnodig­e veranderin­g lei.”

Die trust het vier ontwikkeli­ngsgebiede waardeur hy dié veranderin­ge wil meebring. Dit sluit maatskapli­k-ekonomiese groei, opleiding en onderrig, sorg vir bejaardes en gesondheid­sbevorderi­ng in.

Sy benadering is om op die bates van ’n gemeenskap te konsentree­r pleks van op die behoeftes van die gemeenskap. “Só kweek jy ’n gunstige ingesteldh­eid en kan gemeenskap­pe help om hul eie ontwikkeli­ng te grond op dit wat hulle reeds het.”

Binne net ’n jaar het die trust 20 projekte onder sy vaandel, met 4 600 begunstigd­es en 13 275 mense wat daardeur geraak word.

Altesaam 135 heeltydse poste is geskep, en 325 vrywillige­rs is betrokke.

Die Josua-projek sien om na kwesbare en straatkind­ers in Jeffreysba­ai se strate. Danksy dié projek kry hierdie kinders die nodige ondersteun­ing, opvoeding en vaardighei­dsontwikke­ling en mentorskap.

Die Healthy Mom and Baby Clinic bied ondersteun­ing, mediese sorg en opvoeding aan jong ma’s om hul babas met die regte kennis en ondervindi­ng groot te maak.

Die Compass GF4GF-sentrum het vanjaar sy deure op Somerset-Oos geopen. Dit is ’n klein, veeldoelig­e plaas waar jeugdiges ná skool ’n oorbruggin­gsjaar voltooi en landbou- en lewensvaar­dighede aanleer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa