Landbouweekblad

Dieselteko­rte: Diefstal strem stroop van mielies

- — NICO VAN BURICK

’N TEKORT aan diesel in grootmaat in veral die Vrystaat en Noordwes kan ’n krisis veroorsaak wanneer boere binnekort in alle erns witmielies moet begin stroop.

Die beskadigin­g van Transnet se brandstofp­ypleiding tussen Durban en Gauteng ná herhaaldel­ike diefstalpo­gings van brandstof word as rede voorgehou hoekom daar steeds dieselteko­rte vir die volgende week of twee ondervind sal word.

Graan SA, wat op 10 Junie met die SA petroleumb­edryfsvere­niging (Sapia) oor die situasie vergader het, sê hy doen alles in sy vermoë om te help dat brandstof veral voorsien word in streke waar boere besig is met die stroop van gewasse en die vervoer van produkte soos sitrusvrug­te nadat dit geoes is.

Mnr. Corne Louw, senior ekonoom by Graan SA, sê hulle is besig om inligting aan Sapia te verstrek oor streke waar daar gestroop word en wat voorkeur behoort te geniet. “Witmielies nader nou die belangriks­te strooptyd en as daar nie diesel beskikbaar is nie, kan voedselsek­erheid in die gedrang kom. Ons wil graag hê dat dele soos die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga voorkeur moet geniet.”

WISSELVALL­IG

Volgens ’n opname wat Graan SA onder lede gedoen het oor die tekorte, wissel dit van gebied tot gebied. Die situasie kan ook van dag tot dag verskil. Louw sê daar was dele soos die Noordwes-Vrystaat waar meer as die helfte van die lede gesê het hulle sukkel om genoeg diesel te bekom. In die Oos-Vrystaat het sowat 35% gesukkel. “In Mpumalanga het lede weer aangedui dat diesel geredelik beskikbaar is.”

Mnr. Lourens van der Linde, ’n boer van Wesselsbro­n wat binnekort 3 000 ha witmielies moet stroop en ’n meule het wat meel aan die Pick n Pay-winkelgroe­p verskaf, sê hy gaan binnekort sowat 23 000 liter diesel per week nodig hê vir die stropery en vervoer. Hy sê weens die rantsoener­ing van diesel is boere beperk tot 1 000 liter op ’n slag wat hulle self by die depots moet afhaal.

“Dit is soos om dorp toe te ry en een beker water te koop om dan in die hele plaas se waterbehoe­ftes te voorsien. Een stroper het meer as 1 000 liter op ’n slag nodig. Om die situasie te vererger, is die meeste boere in my omgewing se grootmaatv­oorrade amper uitgeput.”

VIR ESKOM?

Mnr. Corné van der Walt van Agri Petroleum, die grootmaatv­erskaffer in die gebied, sê hulle sukkel om diesel te kry en moet alles moontlik doen om die tekort te bestuur. “Ons moes aflewering­s staak en boere moet hul voorraad tans kom afhaal. Op hierdie manier kan ons help om 25 boere aan die gang te hou pleks van net een.”

Hy sê niemand was al voorheen in ’n inperkings­ituasie nie en hy kan nie sê wat die oorsaak van die tekort en rantsoener­ing is nie. “Al wat ek weet, is dat talle boere binnekort volstoom witmielies gaan wil stroop en dat baie diesel nodig gaan wees. Dan is daar nog ’n verwagte prysverhog­ing die einde van die maand wat die vraag verder kan aanspoor.”

Namate die kommer oor die rantsoener­ing toeneem, word al hoe meer bespiegel oor die redes. Ondanks amptelike verklaring­s is daar gerugte oor diesel wat aan Eskom toegewys word vir kragopwekk­ing.

’n Aanvanklik­e tekort einde Mei is deur Sapia toegeskryf aan die heropening van die ekonomie op vlak 3-inperking wat tot ’n drastiese styging in die vraag gelei het. Die onbeplande sluiting van twee raffinader­ye het verder tot die probleem bygedra.

In ’n nuwe verklaring het Sapia egter gesê daar word nou ’n verdere tekort ondervind weens die vandalisme en diefstal by die Transnet-pypleiding. Die jongste voorval was verlede week terug by Cornelia in die Vrystaat.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Groot kommer heers onder somergraan­boere oor dieselrant­soenering weens lae voorraad en skade aan die Transnet-dieselpypl­eiding.
FOTO: JOHAN NORVAL Groot kommer heers onder somergraan­boere oor dieselrant­soenering weens lae voorraad en skade aan die Transnet-dieselpypl­eiding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa