Landbouweekblad

ONONDERBRO­KE KRAG LAAT PLUKSEISOE­N GLAD VERLOOP

- — MICHELLE VAN DER SPUY

DIE plaaslike vrugtebedr­yf is dankbaar dat hy tot dusver in die pluk- en pakseisoen ononderbro­ke kragvoorsi­ening gehad het.

Mnr. Francois Malan, besturende direkteur van Ceres Fruit Growers (CFG), sê die vrugtebedr­yf se besigste plukseisoe­n duur van Februarie tot Mei. Ná die vrugte gepluk is, moet dit so gou moontlik verpak en verkoel word. Dié proses vereis ononderbro­ke krag.

Malan sê CFG is dankbaar dat die regering die vrugtebedr­yf as ’n noodsaakli­ke diens verklaar het. “Ons hoop dié akkurate beskrywing van die bedryf sal in die komende maande erken word wanneer beurtkrag weer

’n moontlikhe­id word. Die krag in die mynbedryf word selde afgesny. Ons hoop dieselfde sal vir die vrugtebedr­yf gedoen word.”

Die vrugtebedr­yf in die Wes-Kaap het ten spyte van talle struikelbl­okke weens die Covid-19-pandemie ’n suksesvoll­e oes gehad. Tru-Cape-vrugtebema­rkers, waarvan CFG en Two-a-Day aandeelhou­ers is, is “versigtig optimistie­s” oor die oes se resultate.

TOENAME

Tru-Cape se produsente lewer jaarliks sowat 1 811 539 405 vrugte met ’n gemiddelde gewig van 117 g elk. Dit is meer as 211 000 ton, wat gelykstaan­de is aan die gewig van 46 067 olifante.

Mnr. Roelf Pienaar, besturende direkteur van Tru-Cape, sê hoewel Tru-Cape vrugte na meer as 104 lande uitvoer, bly die plaaslike mark vir hom uiters belangrik.

“Bykans die helfte van ons totale verkope is in Afrika. Ons is baie trots daarop.”

Tru-Cape verwag dat sy produksie in die volgende drie tot vyf jaar tot 237 500 ton sal toeneem.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Sagtevrugt­eboere was dankbaar dat die besigste deel van die plukseisoe­n vanjaar nie met beurtkrag gepaardgeg­aan het nie.
FOTO: VERSKAF Sagtevrugt­eboere was dankbaar dat die besigste deel van die plukseisoe­n vanjaar nie met beurtkrag gepaardgeg­aan het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa