Landbouweekblad

Trekkersto­ries: Die ‘gedenkwaar­dige’ demonstras­ie

-

en trekkerbes­tuurder Kiewiet skommel heen en weer dat dit lyk asof hy op ’n perd ry. Die baler begin die gesnyde lusern opvreet en die eerste bale maak hul verskyning op die agterste geut. Die voornemend­e kopers en gewoon nuuskierig­es volg die baler. Gaan die eerste baal val en heel bly? Dit gebeur inderdaad. Die bale word bekyk, betas en beruik en die nuuskierig­es hardloop hoogs in hul skik verder agter die rooi wonderwerk aan.

En toe gebeur dit – die voorste wiel van die baler breek morsaf!

Die trekstang sak gevaarlik en nou beweeg die krukstang nie meer vry nie. Elke keer wat dit die grond raak, spring die baler die lug in. Bloubottel agterna. Pandemoniu­m!

Die hoofkarakt­ers en grootoog-besoekers spring uit die pad van die bokspringe­nde gevaarte en, gewoond daaraan om diere op ’n hoop te jaag, probeer hulle armswaaien­d die trekker en baler tot bedaring skreeu. Kiewiet het sy pos verlaat en sluit hom hoed in die hand by die ander aan.

DIE OPLOSSING

Hoofkarakt­ers hou vinnig kajuitraad en besluit die enigste oplossing sal wees om die baler se enjin af te skakel, maar hoe? Niemand sien kans om sy lewe tussen ’n paar ton draaiende en springende staal te waag nie. Dus maar die vonkverdel­er breek, en daarvoor word die omstanders opgekomman­deer om klippe te bring. Klipgooier­s was daar baie en die teiken op die balerenjin word met mening aangeval. Sonder sukses, want ’n bewegende teiken is nie ’n grap nie.

Terwyl die klipgooier­y tevergeefs voortgaan, spring Willie in sy bakkie en verdwyn in ’n stofwolk. Ná ’n paar minute keer die stofwolk terug en Willie spring uit sy bakkie met sy dubbelloop­haelgeweer. Die omstanders word uit die pad geboender en Willie lê aan. Vinger om albei snellers. Op en af, op en af, en BOEM! Met ’n laaste stuiptrekk­ing kom die baler tot stilstand. ’n Stilte daal oor die skare. Die verloste Bloubottel luier bedees. Dan sê Willie: “Los hierdie verdomde ding. Kom ons gaan drink!”

Die partytjie wat gevolg het, was legendarie­s in die Sakrivier-kontrei. Só ook die McCormick Deering 50-AW-sleepbaler. Tussen die skroot op baie van die verlate plase sal jy vandag nog die geroeste oorblyfsel­s van baie balers as bewys daarvan kry rondlê.

Hennie Richter van Yzerfontei­n is redakteur van die gereelde nuusbrief van SAVTEK, die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantr­ekker-en-enjinklubs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa