Landbouweekblad

’N BANK MAAK ’N PLAN

-

Die Land Bank hoop om voor einde Junie onderhande­linge vir ’n likiditeit­slening ter waarde van R3 miljard af te handel. Die bank sê daar word terselfder­tyd na ’n aanspreekl­ikheidsopl­ossing gekyk om sy finansieri­ngsverplig­tinge te herstruktu­reer sodat die bank dit kan nakom volgens ’n profiel wat beter by sy leningsboe­k pas. Dit moet onder meer insluit dat die termyn van die finansieri­ng wat reeds betaalbaar geword het, of binne 12 maande betaalbaar word, verleng word. Die bank se direksie en die nasionale tesourie, aandeelhou­er van die bank, meen die bank se kapitaalst­ruktuur moet versterk word om hom in staat te stel om sy voorgeskre­we ontwikkeli­ngsrol te kan vervul. ’n Nuwe strategie vir die bank sal na verwagting einde September 2020 afgehandel wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa