Landbouweekblad

BONSMARATE­LER SKOU MET AANTEKENIN­GE

-

’n Bonsmarate­ler het vanjaar as’t ware sy hele teelbeleid op Thabazimbi se skou vertoon. Hy meen so ’n vertoning is noodsaakli­k voordat daar van die skou as die spieëlbeel­d van die boerdery gepraat kan word.

Bonsmaras is op Thabazimbi vir die eerste keer in Transvaal op ’n tentoonste­lling gesien. Sommer met die intrapslag het die vertoner, mnr. Gerhard Brönn van Matope, Ellisras, getoon dat sommige van die telers van hierdie beesras nie deur die “blinkheid” van hedendaags­e skoue gelok word nie.

Hy het sy bulle en koeie saam met hul nageslag en prestasie-aantekenin­ge uitgestal, wat g’n vraag oor die vermoë van dié diere onbeantwoo­rd gelaat het nie.

Brönn sê dat skoue “maar ’n taamlik verdraaide beeld” van werklike boerderye en selfs van die vertoners se teling weerspieël. ’n Dier met taamlik goeie bouvorm word gevoer totdat hy spekvet en glad verhaar is. Hy word “gepoeier” en “gepoleer” en dan vir beoordelin­g ingelei.

Of die bul in staat is om ’n nageslag te verwek en of die koei al ooit ’n kalf in die lewe kon bring, is vrae waarmee die publiek onbeantwoo­rd huis toe gaan. Funksionel­e doeltreffe­ndheid en die vermoë om te reprodusee­r — laat staan nog die resultaat van reproduksi­e — is onbekende faktore by dié diere.

 ??  ?? Mev. Elana Brönn by die aantekenin­gkaart van die kampioenBo­nsmarakoei op Thabazimbi se skou.
Mev. Elana Brönn by die aantekenin­gkaart van die kampioenBo­nsmarakoei op Thabazimbi se skou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa