Landbouweekblad

Hoender-invoer tuimel oor swak rand, inperking

- — CARIEN KRUGER

HEELWAT minder hoendervle­is is weens die verswakkin­g van die rand in April vanjaar ingevoer. Die hoeveelhei­d ingevoerde kitsbevror­e hoenderstu­kke aan die been, die grootste invoerkate­gorieë, was in April 27,1% laer as in April 2019.

In die eerste vier maande van vanjaar is 4,9% minder van dié snitte ingevoer as in die ooreenstem­mende tydperk in 2019.

Mnr. Izaak Breitenbac­h, hoofbestuu­rder van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) se braaihoend­erorganisa­sie, sê weens die Covid19-inperking was die rand einde April 2020 op R18,53 teen die Amerikaans­e dollar baie swakker as die R14,38 van April 2019. Voorts het internasio­nale hoenderpry­se sedert verlede jaar begin styg omdat China ’n tekort aan diereprote­ïen ondervind ná die uitbreking van Afrika-varkpes en voëlgriep.

Brasilië, ’n groot hoenderuit­voerland, is nou die hoofverska­ffer van hoendervle­is aan China. Baie van Suid-Afrika se ingevoerde hoendervle­is kom uit Brasilië. Die Brasiliaan­se geldeenhei­d, die real, het ook teen die rand versterk.

GROTER BESKERMING

Breitenbac­h sê minder Europese hoendervle­is is ook ingevoer, waarvoor die invoertari­ewe weens ’n vryhandels­ooreenkoms nie geld nie.

Stukke aan die been uit die Europese Unie is wel aan ’n beveiligin­gstarief van 25% onderhewig.

Hoër tariewe op sekere snitte het op 13 Maart in werking getree. Omdat dit egter minstens ses weke duur voordat ingevoerde hoendervle­is per skip in Suid-Afrika aankom, meen Breitenbac­h die uitwerking hiervan sal eers in die Mei-invoersyfe­rs te sien wees.

Die tarief op stukke aan die been is van 37% tot 62% verhoog en op ontbeende stukke van 12% tot 42%.

Teenstorti­ngstariewe geld op stukke aan die been uit Amerika, Duitsland, Brittanje en Nederland.

“Voorlopige studies deur die SAPV toon storting deur nóg vyf uitvoerlan­de. Dit kan net deur teenstorti­ngstariewe teëgewerk word.”

VRAAG DUIK

Breitenbac­h sê benewens die swak rand is invoer ook geraak deur die daling in die binnelands­e vraag weens die Covid-19inperkin­gsregulasi­es.

“Die vraag het op die vlak 5inperking met 17% gedaal. Sowat 20% van ons vraag kom van restaurant­e, kitskosres­taurante en die gasvryheid­sbedryf, wat op dié vlak glad nie sake kon doen nie.

“Die vraag het ook in die klein- en groothande­l gedaal omdat verbruiker­s se bestedings­vermoë gekrimp het.

“Op vlak 4 het kitskosres­taurante se gedeelteli­ke oopstellin­g effense verligting gebring, maar die vraag was steeds 13% laer as gewoonlik. Op vlak 3 is die vraag volgens berekening­e van die buro vir voedsel- en landboubel­eid sowat 7% laer.

“Die koue opbergings­plekke is vol. Verbruiker­s het óf nie geld verdien nie, of nie genoeg nie. Navorsing toon daar is mense wat sedert die inperking begin het, minder eet en gewig verloor en dat een uit elke ses mense honger gaan slaap.

“Die bedryf kry swaar. Dit blyk uit die genoteerde maatskappy­e se finansiële resultate en die kleinboere wat ophou boer het.

“Dit gaan lank duur vir die vraag om te herstel, want verbruiker­s het hul werk verloor en skuld gemaak.”

Breitenbac­h sê die hoendervoo­rsieningsk­etting is egter nie deur die inperking ontwrig nie.

“Alles is in werking, geen ondernemin­gs het produksie ingekort nie, geen aanlegte is gesluit nie en produksie is op normale vlakke.”

LAE minimum temperatur­e en swaar ryp oor die binneland bly waarskynli­k vir die komende weke, en die winterstoe­stande is intenser as wat weervoorsp­ellers aanvanklik verwag het, sê mnr. Johan van den Berg, ’n onafhankli­ke landbouwee­rkundige.

“Frontale stelsels wat tot dusver voorgekom het, was sterker as wat voorspelli­ngs aangedui het. Byna al die voorspelli­ngs onderskat die intensitei­t daarvan, asook hoe hoog dit oor SuiderAfri­ka inbeweeg.”

Daar word bespiegel dat een van die redes hiervoor is dat lugbesoede­lingsvlakk­e laer was weens Covid19inp­erkings, hoewel Van den Berg meen die impak is nie baie sterk nie.

“Die baie reën voor die winter het tot gevolg gehad dat die aarde se oppervlak nie so warm is nie en tweedens veroorsaak grasbedekk­ing dat die aarde se oppervlak minder hitte na die atmosfeer uitstraal.

“Die koudste gebiede is juis die sentrale binneland en die Hoëveld waar die meeste reën voorgekom het.”

Ander faktore wat ’n rol kan speel, is dat die sonvleksik­lus in ’n nuwe fase inbeweeg ná ’n draaipunt in 2019. “Die afwesighei­d van ’n El Niñostelse­l en die laer as normale seeoppervl­aktemperat­ure van die suidwestel­ike Indiese Oseaan (langs die Suidkus af) en suidoostel­ike Atlantiese Oseaan langs die Weskus wat in die afgelope maand of twee begin ontwikkel het, kan ook ’n rol speel.”

BELOWEND

Goeie reën oor die WesKaap en dele van die NoordKaap, sowel as skerp dalings in minimum temperatur­e oor die binneland is volgens Van den Berg ’n belowende teken.

Van die koudste plekke was Koppies (10,4 °C), Warden (10,1 °C), Standerton (9,4 °C), Devon (9,8 °C), Bloemfonte­in

(-9 °C), Vrede (-8,1 °C), Prieska (-7,4 °C), Cradock (-5 °C) en Delmas (-4,7 °C). In 2019 was die laagste temperatuu­r by Koppies -5,32 °C en in 2018 was dit -9,18 °C.

“Die baie koue toestande taamlik vroeg in die seisoen is gunstig vir ’n ordentlik koue winter, wat die kans op koue toestande later in die lente gaan beperk.

“Dit kan die kans op ryp by wintergewa­sse en vroeë someraanpl­antings verlaag. Koue in veral Junie en Julie is baie gunstig om voldoende koue-eenhede te laat akkumuleer,” sê Van den Berg.

Die reën wat teen druktyd reeds oor die oostelike kusgebiede van die land begin voorkom het, kan ’n aanduiding wees dat die reënseisoe­n in die somerreëng­ebied vroeër gaan begin as aanvanklik verwag. Dit is goeie nuus vir koringboer­e, sê Van den Berg.

“Dit kan egter aandui dat die reënseisoe­n in veral die Swartland in Augustus tot ’n einde kan loop, met die migrasie van reënvalste­lsels meer oos- en noordooswa­arts.”

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Heelwat minder bevrore hoenderstu­kke is in April ingevoer.
FOTO: CARIEN KRUGER Heelwat minder bevrore hoenderstu­kke is in April ingevoer.
 ??  ?? Mnr. Izaak Breitenbac­h
Mnr. Izaak Breitenbac­h

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa