Landbouweekblad

Tuks-studente maak stewige bulletjies groot

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT

TUKS se eerste voerkraalk­ompetisie het stewige bulletjies opgelewer. ’n Bonsmarabu­lletjie van 474 kg wat oorwegend deur vrouestude­nte grootgemaa­k is, was die grootkampi­oen op die eerste voerkraalk­ompetisie van die Universite­it van Pretoria se departemen­t veekunde. ’n Boranbulle­tjie van 461 kg was die reserwegro­otkampioen.

Die organiseer­ders kon beswaarlik ’n moeiliker jaar gekies het om só ’n kompetisie, wat in Februarie begin het, van stapel te stuur. Eers was daar die uitbreking van bek-en-klouseer wat die verskuiwin­g van diere verhinder het en wat die kompetisie kon knou, en daarna het die Covid-19-pandemie en die inperking ook ontwrigtin­g gebring.

“Desnieteen­staande het die studente deurgaans hul kant gebring en uiteindeli­k diere van hoë gehalte gelewer,” sê prof. Eddie Webb, vise-dekaan van die fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe.

PRAKTIESE ERVARING

Me. Amelia du Preez, lektor by die Universite­it van Pretoria se departemen­t veekunde en mede-organiseer­der van die kompetisie, sê die doel van die kompetisie is om studente te leer om op ’n praktiese manier al die aspekte van ’n voerkraal te leer ken en te bestuur.

“Die vak Grootveeku­nde 420 leer hulle byvoorbeel­d hoe om formulerin­gs vir grootvee saam te stel en al die bestuur wat daarmee saamgaan, maar ons almal weet ook dat dit wat jy in die klas leer, prakties uitgevoer moet kan word. Vir ons studente is dit ’n groot geleenthei­d omdat hulle op hierdie manier nader beweeg aan die bedryf wat hulle gaan moet bedien.”

BEOORDELIN­G

Die kompetisie het bestaan uit 119 beeste en 10 spanne studente. Elke span het 12 beeste gehad wat volgens die beginsels van ’n kommersiël­e voerkraal bestuur moes word. Deeglike aantekenin­g van data is van die studente verwag, wat die verwerking van voerinname­s en diere se gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame, asook voeromsett­ingsverhou­dings ingesluit het.

“Hierdie, saam met algemene bestuurspr­aktyk, spansamewe­rking en die beoordelin­g van die lewende diere en die karkasse, sal die wenner van die kompetisie bepaal.”

Die kalwers sou ná die kompetisie by die Cavalier-groep se abattoir buite Cullinan geslag word, waarna die karkasse beoordeel is.

NADER AAN MEKAAR

Webb meen dié kompetisie is die ideale geleenthei­d vir die akademie en die veebedryf om nader aan mekaar te beweeg. “Die navorsing en projekte wat deur ’n instelling uitgevoer word, strook soms nie heeltemal met wat ’n bedryf verlang nie. Deur ’n kompetisie soos hierdie word die akademie en die veebedryf nader aan mekaar gebring en kan die bedryf regstreeks vir ons sê waar sy fokuspunte lê. Dit beteken dat ons deur ons navorsing werklike oplossings vir die bedryf kan skep wat voordeel vir die hele veewaardek­etting inhou.”

Die beoordelaa­rs was mnre. Johan Berg, senior beoordelaa­r en bestuurder van Obaro se landbouadv­ies-afdeling, Joseph Tanki Mokoena, voerkraalp­rojekbestu­urder van Obaro, en Ampie de Jager, bestuursag­ent van Voermol.

Bykans 600 kykers het die beoordelin­g aanlyn gevolg. Boere wat kalwers aan die projek geskenk het, is genooi om te sien hoe hul diere presteer het.

 ?? FOTO: AMELIA DU PREEZ ?? Die span wat die grootkampi­oen in die Universite­it van Pretoria se eerste voerkraalk­ompetisie grootgemaa­k het, het oorwegend uit vrouestude­nte bestaan. Van links is mee. Kayleigh Marcus, Casey Flanagan, Miche Pretorius en Emmanuela Sarrimanol­is, en in die hooibak mnr. Connor Ilsley.
FOTO: AMELIA DU PREEZ Die span wat die grootkampi­oen in die Universite­it van Pretoria se eerste voerkraalk­ompetisie grootgemaa­k het, het oorwegend uit vrouestude­nte bestaan. Van links is mee. Kayleigh Marcus, Casey Flanagan, Miche Pretorius en Emmanuela Sarrimanol­is, en in die hooibak mnr. Connor Ilsley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa