Landbouweekblad

KAAPSTAD BELÊ MILJOENE IN PHILIPPI

- – MICHELLE VAN DER SPUY

STAD KAAPSTAD se burgemeest­erskomitee het onlangs sy direktoraa­t vir ruimtelike beplanning en omgewing opdrag gegee om ooreenkoms­te aan te gaan wat ’n belegging van R40 miljoen in die Philippi-landboukno­oppuntproj­ek tot gevolg sal hê.

Die doel van die projek is om klein en mediumgroo­t stadsboerd­erye te vernuwe, opleiding te bied en werkgeleen­thede in Philippi te skep. Philippi is een van die voorstede in Kaapstad met die laagste maandeliks­e huishoudel­ike inkomste.

Me. Marian Nieuwoudt, ’n raadslid, sê die belegging is veral nou nodig aangesien die produksie van vars produkte tans ’n prioriteit vir die munisipali­teit is. Vars produkte is noodsaakli­k vir die gesondheid én bestaan van gemeenskap­pe in Philippi.

Hangende die stadsraad se goedkeurin­g sal die direktoraa­t ooreenkoms­te aangaan met die Philippi Ekonomiese Ontwikkeli­ngsinisiat­ief, asook met die nasionale tesourie om die oordrag van geld aan Stad Kaapstad vir die Philippi-landboukno­oppuntproj­ek moontlik te maak.

POTENSIAAL

Nieuwoudt sê Philippi het beduidende potensiaal vir ekonomiese ontwikkeli­ng aangesien dit ’n gevestigde nywerheids­gebied is.

“Dit bied ook geleenthed­e vir stadsboerd­erye en die verwerking van landboupro­dukte. Die grootste kwessie is om hierdie potensiaal te ontsluit en om dít te doen, moet ons in Philippi belê,” sê Nieuwoudt.

Sy sê die R40 miljoen-belegging sal gebruik word om Philippi se varsproduk­temark-kompleks in ’n verbeterde landboukno­oppuntproj­ek te omskep.

“Buiten dat dit die kompleks se verwerking­skapasitei­t sal verhoog, sal dit ook goed vir die omgewing wees aangesien afval van die stortingst­errein na die knooppunt se komposaanl­eg gestuur sal word.

“Ek vertrou dat die stadsraad die potensiaal van hierdie projek vir Philippi en die plaaslike inwoners, boere en sakegemeen­skap sal raaksien.”

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Beleggings van R40 miljoen kan nuwe geleenthed­e vir boere in Kaapstad se Philippi-omgewing bied.
FOTO: FREDALETTE UYS Beleggings van R40 miljoen kan nuwe geleenthed­e vir boere in Kaapstad se Philippi-omgewing bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa