Landbouweekblad

SA SITRUS BULT SPIERE IN AMERIKAANS­E UITVOERMAR­K

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE Amerikaans­e departemen­t van landbou verwag dat ál meer SuidAfrika­anse sitrus in die komende jare daarheen uitgevoer sal word.

In sy wêreldwye landbouinl­igtingsnet­werkversla­g sê die agentskap groei in die plaaslike bedryf is gestimulee­r deur hoër opbrengste, nuwe aanplantin­gs wat in produksie kom, en ’n groter vraag na sitrus. Tog kan die impak van die Covid19pan­demie op verbruiker­s se besteebare inkomste, beperkings op verskeping en by hawens nie misgekyk word nie, en dit bly ’n bron van kommer vir plaaslike uitvoerder­s.

Onder die hefngvrye regulasies van die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa) meen die departemen­t dat sitrusuitv­oer na Amerika sal bly groei.

PITLOOS

Lemoenuitv­oer na Amerika is besig om te krimp namate boere meer sagtesitru­s daarheen uitvoer. Luidens die verslag het lemoenaanp­lantings vanjaar met sowat 2% tot 43 578 ha toegeneem, gegrond op die uitbreidin­g in pitlose lemoenkult­ivars. Lemoenprod­uksie sal na verwagting met 1% groei tot 1,6 miljoen ton in die 2019’20bemarkin­gsjaar.

Hoewel uitvoer na Amerika gaan afneem, sal groter uitvoer na die Europese Unie, Asië en die MiddeOoste beteken dat lemoenuitv­oer vanjaar met sowat 8% sal styg tot 1,28 miljoen ton.

Die departemen­t verwag dat die aanplantin­g van sagtesitru­s vanjaar met sowat 9% tot 21 000 ha kan toeneem danksy produsente se reaksie op die groeiende wêreldwye vraag na pitlose nartjies en die hoër winsmarges van dié soort sitrus vergeleke met ander soorte sitrus. Dit beteken ook die produksie van sagtesitru­s sal met sowat 12% groei tot 421 000 ton.

Sagtesitru­suitvoer sal met rondom 16% tot 344 000 ton styg in die 2019’20bemarkin­gsjaar.

Uitvoer van sitrus na Amerika onder Agoa het die afgelope vier seisoene met gemiddeld 15% per jaar gestyg.

Dié neiging sal na verwagting voortduur gegrond op die groeiende mark vir sagtesitru­s in Amerika, asook volgehoue hefngvrye marktoegan­g onder Agoa.

AANPLANTIN­GS GROEI

Luidens die verslag is 86 808 ha sitrus in 2019 aangeplant, sowat 6% meer as in 2018.

Die groeineigi­ng sal na verwagting bly styg, veral as die aansienlik­e beleggings en aggressiew­e nuwe aanplantin­gs van sagtesitru­s, suurlemoen­e en nuwe lemoenkult­ivars in ag geneem word.

Die area onder pomelo’s het in die 2019’20bemarkin­gsjaar met 3% vergroot tot 8 000 ha.

Die produksie van pomelo’s sal na verwagting met 4% tot 387 000 ton styg in die 2019’20bemarkin­gsjaar. Hoewel volumes na Amerika steeds laag is, wys die departemen­t daarop dat invoer daarheen met 65% (van pomelo’s) oor die afgelope vyf jaar gestyg het.

Na verwagting sal hierdie neiging voortduur.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Groot uitbreidin­gs in veral sagtesitru­s-aanplantin­gs steun groter uitvoer na hoëwaarde-markte soos Amerika.
FOTO: LIZA BOHLMANN Groot uitbreidin­gs in veral sagtesitru­s-aanplantin­gs steun groter uitvoer na hoëwaarde-markte soos Amerika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa