Landbouweekblad

DIE PLAASSEUN AGTER DIE VOETPOMP-REVOLUSIE

- — WILLEM VAN DER BERG

’N PLAASSEUN van Bultfontei­n, wat in die eerste week van die nasionale inperking ’n voetpomp vir handreinig­ers gebou het, het nooit besef watter reusebedry­f hy gaan help skep nie.

“Dit was die begin van die voetpomp-revolusie,” vertel sy pa, mnr. Michris Janse van Rensburg, trots.

Nadat Jedri (13) die eerste een aanmekaar gesit het omdat hy en sy pa gesien het hoe die gespuit van handreinig­ers by winkeldeur­e in ’n “gemors” ontaard, is derduisend­e voetpompe oral in die land gebou en in gebruik. Die Janse van Rensburgs het self al meer as 1 500 verkoop.

“Ek het nie gedink ons gaan só baie maak nie,” vertel Jedri skamerig. “Maar nou laat dit my nogal goed voel.”

En hy mag maar, want die maak van voetpompe het vir sy gesin en heelwat ander mense die afgelope twee en ’n half maande ’n alternatie­we inkomste gebied met soveel bedrywe wat tot stilstand gekom het.

UITKOMS

Michris, bekend om al die boerepaten­te wat hy al uitgedink het, se hoofinkoms­te is van planters wat hy vir kleinboere in ander Afrikaland­e bou.

“Die inperking het dit skielik tot stilstand geruk en ek moes my werkers vir eers afgee,” sê Michris. “Ek het gehoop die voetpompe sal ons darem help om net aan die lewe te bly. Daardie eerste twee weke het ek en Jedri alleen gewerk. Dit was maar ’n gesukkel om materiaal in die hande te kry en ook om ons produkte te versprei.

“Dit het gelukkig al hoe beter en makliker begin gaan, en namate meer besighede oopgemaak het, het bestelling­s toegeneem. Die werkers kon weer terugkom en later was hier 15 mense wat ons gehelp het. Dit beteken 15 ander gesinne kon ook weer kos op die tafel sit.

“Oor die land heen het ouens begin voetpompe bou en geld ingekry wat hulle andersins nie sou gehad het nie. Dit het ’n reusemark geraak.”

PLAN VERFYN

Al die mededingin­g het Michris en Jedri heeltyd nuwe planne laat beraam om hul produkte te verbeter. Voetpompe wat met 5 liter-kanne toegerus word en goed werk waar baie mense beweeg, het groot aftrek by skole gekry. En toe besighede laat weet dat hul bottels met handreinig­er gesteel word, is die netjiese Boerepomp ontwerp.

“Die Boerepomp is teen diefstal bestand,” sê Michris laggend.

Ontsmettin­gsmiddel word in ’n staalbuis gegooi waarvan die deksel kan sluit. Die pomp kan ook teen ’n muur vasgesit word.

Intussen het Jedri genoeg geld bymekaar gemaak met sy gewilde voetpomppl­an dat hy vir hom die Sony PlayStatio­n kon koop wat hy so graag wou gehad het.

“Benewens die PlayStatio­n wat hy nou kon koop en die bietjie inkomste vir homself, is die geloof in sy vermoë en sy eie planne so belangrik,” sê Michris.

“Dit gee hom die vertroue om nog iets uit te dink.”

| Tongaat-plase nou pensioenfo­nds s’n

Die suikerreus Tongaat Hulett het sy landboubed­rywighede in Eswatini (Swaziland) vir R375 miljoen verkoop om skuld te probeer delg.

Die groep, wat deur ’n boekhouska­ndaal in geldelike nood gedompel is, wil teen Maart 2021 sy skuld met R8,1 miljard verminder. Dié planne het egter onlangs ’n terugslag gekry toe Barloworld probeer kop uittrek het uit die voorgenome transaksie van R5,3 miljard om Tongaat Hulett se styselafde­ling te koop.

Die verkoop van Tambankulu Estates sluit twee besproeiin­gsplase in die noordooste van Eswatini in waar

3 767 ha suikerriet verbou word. Die koper is PSPF, Eswatini se staatsdien­spensioenf­onds. Dit is die grootste onafhankli­ke suikerriet­plaas in Eswatini en lewer ’n opbrengs van gemiddeld 125 t/ha per jaar, luidens ’n verklaring van Tongaat Hulett. – Vida Booysen

| Vodacom-filiaal mik hoog met toepassing

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa