Landbouweekblad

1

-

Terwyl groot vleisverwe­rkers in April gewaarsku het oor dreigende vleistekor­te te midde van inperkings en die sluiting van talle vleisverwe­rkingsaanl­egte weens Covid-19, het Amerika rekordhoev­eelhede vleis uitgevoer. Pres. Donald Trump het in reaksie op waarskuwin­gs ’n bevel uitgereik dat vleisverwe­rkingsaanl­egte moet oop bly.

Kritici van dié stap sê vrese oor vleistekor­te is as verskoning gebruik om eerder eenvormige federale reëls op die vleisbedry­f af te dwing as om die uiteenlope­nde wette en regulasies toe te pas wat in die onderskeie deelstate en metropole geld.

Van 20 Maart tot 24 April het die bedryf 77,56 miljoen kg minder bees- en varkvleis geprodusee­r as in die ooreenstem­mende tyd die vorige jaar, maar 288,5 miljoen kg méér is uitgevoer. Teen vroeg Junie het dié syfer opgeskiet tot meer as 621 miljoen kg. – USA Today

| Groenes maak U-draai oor GM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa