Landbouweekblad

2

-

Meer as 20 amptenare van Duitsland se Groen Party spreek hulle in ’n dokument ten gunste van genetiese redigering in die landbou uit, mits dit reg gemonitor word.

Hulle sê Europa se huidige regulasies oor geneties gemodifise­erde organismes “stem nie meer ooreen met die huidige stand van die wetenskap” nie, en “die deurslagge­wende faktor is nie die tegnologie nie, maar die resultaat”.

Hulle doen ’n beroep vir ’n “gebalansee­rde en versigtige tegnologie­se assesserin­g in dialoog met die wetenskap”. Hulle meen genetiese redigering kan Europa help aanpas by klimaatsve­randering.

Die Europese Kommissie stel ook ’n versagting van vereistes oor GMO’s voor wat vereistes vir ’n entstof teen Sars-CoV-2, die virus wat Covid-19 veroosaak, sal verslap.

– Genetic Literacy Project en Regulatory Focus

| Staat wil sinkende

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa