MELKBOERE HELP GEMEENSKAPPE ÉN OPKOMENDE BOERE
KWAZULU-NATALSE melkboere het ’n slim plan bedink om, met die steun van die Clover-produsentetrust, opkomende boere én hulpbehoewende gemeenskappe in die moeilike inperkingstyd te help.
Die trust het R500 000 geskenk en boere wat aan Dairy Farmers of SA (DFSA) lewer, het melkproprobleme dukte geskenk.
Die provinsiale landbou-organisasie Kwanalu sê die groep boere het besef dat hul gemeenskappe inkomste verloor het, dat hul kosvoorrade opraak en dat opkomende boere ook vanweë die inperking versperrings tot hul markte ervaar. Hulle het ’n manier bedink om aan albei dié aandag te gee.
“Boere is ongelooflik ná aan hul gemeenskappe en het gesien watter probleme opkomende boere onder die huidige omstandighede ervaar,” sê mnr. John Bredin, voorsitter van die Clover-produsentetrust. “Dit breek ’n mens se hart om te sien hoe ons mense sukkel om te oorleef en ons is vasbeslote om te help, waar moontlik.”
SÓ IS GELD BESTEE
Die geld wat die trust geskenk het, is na trustees in melkboerstreke in die hele land versprei, vanwaar dit aan organisasies sonder ‘n winsoogmerk toegewys is.
Dié organisasies het die geld gebruik om vars produkte by plaaslike opkomende boere te koop en dit dan in hul voedingskemas gebruik. Só het opkomende boere én plaaslike gemeenskappe voordeel getrek.
Die Kokstad-gemeenskapsorgsentrum, wat reeds vier jaar lank sy gemeenskap bystaan en voed, is een van die organisasies wat só gehelp is. Sedert April het die skenkings wat hy danksy die melkboere gekry het, hom gehelp om meer as 2 000 gesinne in sy gebied te help.
Me. Andreia Clowes, voorsitter, sê die databasis van hulpbehoewende gesinne word deurentyd groter.
“Baie mense het die afgelope twee maande geen inkomste gehad nie en kom nie vir werkloosheidsversekering in aanmerking nie, terwyl ander hul werk heeltemal verloor het. Skenkings soos dié, en baie ander wat ons onlangs van boere ontvang het, stel ons in staat om dié gesinne te voed.”
Kwanalu het boere geloof vir
hul vrygewigheid en dat hulle binne hul gemeenskappe uitreik.
VERWOESTING
Me. Sandy la Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu, sê boere besef dat die landbou in dié moeilike tyd een van die min sektore is wat, as ’n noodsaaklike diens, grootliks sy bedrywighede kan voortsit.
“Boere het die inperking se verwoestende uitwerking op loonwerkers, geleentheidswerkers, informele handelaars en werkgeleenthede gesien en probeer help waar hulle kan.
“Deur saam met munisipaliteite, wyksraadslede en organisasies sonder winsoogmerk te werk, en ook na die behoeftes van gemeenskappe te luister, wys boere die krag wat ons land het wanneer ons met ’n gemeenskaplike doelwit, tot voordeel van ons mense, verenig.”
Hoewel meganisasie dikwels met afleggings verbind word, het baie produsente wat hul boerdery uitbrei en dus meganiseer, nog dieselfde getal werkers as voorheen.
Namate ’n boerdery uitbrei en vergroot, neem die behoefte toe om te meganiseer. Produsente produseer op ’n groter skaal danksy meganisasie. Hulle brei ook dikwels hul grondgebied uit voordat hulle verder meganiseer.
Dit help dikwels nie om te spaar om trekkers en werktuie aan te koop nie omdat die wisselkoers te vinnig verswak. Teen die tyd dat genoeg geld gespaar is, kos die trekker veel duurder. Die aankoop van produktiewe bates wat nie waarde verloor nie, behoort altyd ’n prioriteit te wees bo meganisasietoerusting.
Sommige produsente sit jaarliks ’n deel van hul wins weg in die vorm van kunsmisvoorraad. Die waarde van die kunsmisvoorraad in die skuur hou tred met die verswakking van die rand. Die meeste van ons insette word ingevoer.
Wanneer grond op die mark kom en die prys is reg, koop produsente die grond in daardie jaar met die kapitaal wat hy vir sy kunsmisaankope sou gebruik het. Dit is dan wanneer produsente stappe begin doen om te meganiseer om die nuwe grond se produksie te optimaliseer.
DIVERSIFISEER
Vanweë SuidAfrika se wisselvallige reënval en swak reënverspreiding is dit noodsaaklik om produksierisiko’s oor meer as een gebied te versprei.
Saadbeddingvoorbereiding en plant moet vinnig en tydig plaasvind, en dit kan slegs gebeur indien ’n boerdery optimaal hiervoor gemeganiseer is. Wanneer droogteskade op een blok mielies gely word, kan ’n ander blok 30 km verder daarvoor opmaak.
Produsente wat net in een gebied boer, het meer risiko’s, veral in sekere droëlandproduksiegebiede. Produsente met ’n groter skuldlas trotseer droogtesiklusse moeiliker. Hulle kan nie twee of drie swak seisoene trotseer en terselfdertyd hul skuldverpligtinge diens nie.
Produsente diversifiseer ook in ander vertakkings. Dus word die prysrisiko oor gewasse versprei. Meganisasie is dan nodig, want ander plant en oestoerusting word vir ander gewasse benodig. Produsente wat toenemend hul bewerkingspraktyke omskakel na praktyke waarvolgens vog beter bestuur kan word met die infasering van oorlêlande en bewaringspraktyke, benodig ook spesifieke werktuie.
Groter produsente kan die skaalekonomie gebruik om kostedoeltreffender te produseer. Danksy meganisasie kan ’n mielieprodusent sy dieselverbruik en instandhoudingskoste per hektaar verlaag, terwyl meer hektare per dag dag voorberei, geplant of gestroop kan word. Groter produsente, of kleiner produsente in ’n koopgroep, kan ook mededingender pryse met insetverskaffers onderhandel.
Groter produsente produseer dalk doeltreffender, maar hulle is nie altyd doeltreffender as ’n kleiner produsent nie. Kleiner produsente kan dikwels ’n beter gemiddelde opbrengs behaal as die groter produsent, terwyl albei toegang het tot dieselfde saad, kunsmis en plaagdoders.
Produsente meganiseer ook om hul boerderye eenvoudiger te maak. Meer trekkers en werktuie met ’n kleiner kilowatt kan omgeskakel word na minder trekkers en werktuie met groter kilowatt. Dit verminder nie net die diesel, herstel en onderhoudskoste nie, maar skep ook kosbare bestuurstyd sodat produsente meer tyd aan produktiewe bemarkings en produksiebesluite kan gee. Een goeie besluit kan die koste regverdig van die aankoop van ’n groter trekker wat doeltreffender werk.
Die besluit om ’n groter trekker of werktuig aan te koop, moet gegrond word op die wins wat in ’n produsent se bankrekening realiseer. Dit word nooit gegrond op die oes op die land nie, want dit het nog nie omgeskakel na rande in die bank nie.
Maak die meeste van jou aankope. Dit kan ook ’n groter trekker wees met minder ure op die klok en wat mooi opgepas was, en nie noodwendig ’n duurder, splinternuwe trekker nie.
Sommige produsente gaan ’n deel van hul wins gebruik as ’n deposito op nuwe werktuie. Hulle gaan ook hul meganisasietoerusting oor ’n langer tydperk van vier tot vyf jaar finansier.
Onthou, ’n rand vandag is teen die huidige wisselkoers en inflasiekoers meer werd as ’n rand oor vyf jaar teen ’n swakker wisselkoers. Produsente betaal dus soveel moontlik van hul bates, waarvan die vervangingswaarde jaarliks styg soos die wisselkoers verswak, met minder waardevolle rande in die toekoms af. Hulle koop eerder produktiewe bates wat hul waarde behou, soos kunsmis en vervangingsverse, met vandag se duurder rande.
Suksesvolle produsente plaas hul kontantvloei nie onnodig onder druk omdat hulle meganiseer nie. Hulle kan nie bekostig om wakker te lê oor ’n paaiement wat nie betaal kan word nie.
TOEKOMSBLIK
Ervare en deurwinterde, suksesvolle produsente uit die westelike droëproduksiegebiede is altyd voorbereid om grond in ’n droogtejaar aan te koop. Die aanbod is meer en pryse gunstiger vir grondkopers. Die waarskynlikheid is dan beter dat ’n ondergemiddelde reënjaar opgevolg word met natter en beter produksieseisoene. Die paaiemente op goedkoper grond word makliker met ’n beter opbrengs en minder waardevolle rande in later jare afbetaal.
Die produktiewe grondgebied van produsente wat geduldig is en dit só doen, brei op langer termyn vinniger uit teenoor produsente wat duurder grond in ’n goeie produksiejaar koop en dit moet afbetaal in jare met ’n swakker opbrengs.
Ons jonger produsente wat vanjaar die landbou betree, moet hierdie wysheid van die grysheid mooi oordink. Wees in alles dankbaar en geniet jou boerdery. Lekker boer!
BRON: Mnr. Frikkie de Jager, ’n graanprodusent van Bothaville.
Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigheid in Johannesburg.
Van uitstel kom afstel. In dié rubriek word gereeld nuttige raad gegee wat dikwels tyd kos om in werking te stel, en waar dit raadsaam is om kundiges se hulp in te roep. Gevolglik is mense geneig om te dink boedelbeplanning is ingewikkeld, en dit word uitgestel totdat ’n kundige bekostig of betrek kan word.
Ek wil ’n paar beginsels oordra wat maklik in werking gestel kan word. Só kan u boedelbeplanning aansienlik verbeter word.
TESTAMENTE
Sorg dat ’n basiese testament ten minste vir u opgestel word. ’n Eenvoudige testament is beter as geen testament nie.
’n Algemene fout wat gemaak word, is die siening dat die inhoud van iemand se testament tydens hul lewe geheim gehou moet word. Indien die inhoud egter aan alle erfgename bekend is voordat die persoon sterf, skakel dit onrealistiese verwagtinge van erfgename uit en beperk dit familietwis ná die afsterwe van die testateur.
Indien die testament tegniese besonderhede bevat wat almal dalk nie sal verstaan nie, is dit raadsaam om iemand te betrek wat alles behoorlik aan al die erfgename kan verduidelik.
Nog ’n aanbeveling ten opsigte van u testament is om ’n lêer gereed te kry met al die oorspronklike dokumente wat nodig sal wees om u boedel te beredder wanneer u sterf. Hierdie lêer kan in veilige bewaring gehou word. Alles wat nodig is, is dan op een plek en dit sal baie druk van naasbestaandes se skouers afhaal indien u skielik sou sterf.
Die volgende dokumente behoort deel te wees van hierdie lêer:
■ U oorspronklike, getekende testament.
■ Die identiteitsdokumente van u, u eggenote en die eksekuteur.
U huweliksertifikaat en die huweliksvoorwaardekontrak, indien van toepassing. Volledige inligting met betrekking tot u kinders en ouers (volle name, ID-nommers en kontakbesonderhede). Inkomstebelasting- en BTW-nommer. Titelaktes van eiendomme. Bankrekening- en beleggingsnommers en aandeelsertifikate. Vuurwapen- en voertuiglisensies. TV-lisensie en inligting oor kontrakte vir betaaltelevisie of stroomdienste. Besonderhede van mediese fonds. Inligting met betrekking tot telefoon-, selfoonen datakontrakte.
Inligting met betrekking tot u rekenmeester en finansiële adviseur.
U nuutste finansiële state.
Lys van bates en laste.
■
■
■
■
■
■
■
■
■
■
■
■
Lys van versekeringspolisse en korttermynversekering.
Trustaktes.
Inligting met betrekking tot maatskappye en/of beslote korporasies waarvan u deel is. ’n Nuttige dokument wat ook in die lêer gesit kan word, is ’n brief aan u naasbestaandes waarin u wense uiteengesit word met betrekking tot praktiese situasies wat kan ontstaan wanneer u skielik nie meer daar is nie. Dit kan insluit u wense oor bates wat reeds in ’n trust is, u wagwoorde ten einde sosialemediaprofiele te kan sluit, en praktiese inligting, soos waar die sleutels vir u kluis gebêre word.
■
■
■
TRUSTS
Indien u bates in trusts besit, is dit belangrik om minstens toe te sien dat die trustaktes operasioneel is. Die raad van trustees moet dus ooreenkomstig die bepalings van die trustakte aangestel wees. Die naam van iemand wat reeds oorlede is, moenie op die trust se magtigingsbrief verskyn nie.
Maak seker die begunstigdes van die trust is bepaald (by name) of sal maklik bepaalbaar wees (indien begunstigdes as ’n groep beskryf is).
Indien ’n volledige ondersoek na die relevansie van bepalings van die trustakte nie gedoen word nie, is dit belangrik om minstens toe te sien dat die klousule in u trustakte, wat bepaal hoe die trustakte gewysig mag word, eerstens bestaan, en tweedens prakties en uitvoerbaar is – ook wanneer u sterf.
As bogemelde aanbevelings toegepas word, kan u met gemoedsrus voortgaan met die fyner besonderhede van u boedelbeplanning.
Mnr. Piet Swanepoel is ’n toegelate prokureur en ’n konsultant by die finansiëledienstemaatskappy Allegiance Consulting.
Die uitwerking van die wêreldwye diep ekonomiese insinking gaan in die volgende paar jaar sigbaar word in die veranderinge in die vraag na voedsel. Daar is taamlike eenstemmigheid dat dit ekonomieë sowat drie tot vyf jaar gaan kos om terug te beweeg na die vlak van ekonomiese aktiwiteit wat in 2019 geheers het.
Die verbruiker gaan armer wees – veral in opkomende ekonomieë, wat SuidAfrika insluit. In Europa word reeds gepraat van voedseldeflasie waar pryse daal as gevolg van inkrimping en die verskuiwing in die vraag.
Dalings in inkomste lei tot ’n verandering in die vraag na voedsel, gewoonlik weg van duurder proteïengebaseerde produkte na ’n goedkoper styselgebaseerde dieet. In die proteïenmark (waarbinne suiwel val) vind ook verskuiwings plaas na goedkoper snitte en pakkies vleis.
Suiwelprodukte, veral meer verwerkte produkte, het ’n hoë korrelasie met inkomste. Die vraag na veral verwerkte suiwelprodukte het die afgelope paar jaar bly styg namate die middelklas toegeneem en hul inkomste gestyg het. Gedurende die tyd van inperking het die verkope van langlewemelk en groot verpakkings kaas skerp gestyg. Die Melkprodusenteorganisasie (MPO) skryf dit toe aan paniekaankope deur verbruikers.
Die diep ekonomiese insinking en die skerp toename in werkloosheid sal nie net die vraag na rooivleis demp nie (reeds te sien met duurder snitte), maar ’n mens kan verwag dit gaan die groei wat in die suiwelmark was, verander. Die afgelope paar jaar was daar ’n sterk groei in die mark na verwerkte melkprodukte (weg van vars melk), soos verbruikers se inkomste gegroei het. Die middel en hoërinkomstegroep bestee nie net meer aan suiwelprodukte as die laerinkomstegroepe nie, maar die MPO sê in 2019 het veral die verkope van verwerkte produkte soos jogurt, kaas, maas en botter gestyg.
Navorsing van die buro vir voedsel en landboubeleid (BFAP) dui daarop dat die laerinkomstedeel van die bevolking sowat 40% van hul inkomste op voedsel bestee. Die persentasie neem af namate verbruikers se inkomste toeneem. Die hoërinkomstegroep bestee sowat 513% van hul besteebare inkomste aan voedsel.
Natuurlik verskil die bedrae wat bestee word aansienlik. Dit is waar die probleem inkom. Die bevolking word armer weens die inperkingsbeleid en gevolglik gaan mense se besteding afneem en verander. Die welvarendste 40% van huishoudings (hoërmiddelklas en hoër klas) se besteding aan voedsel is sowat 63% van die voedselmark en hul koopkrag is belangrik in die suiwelmark.
Dit is veral in die middel en laerinkomstegroep waar besteding ingekort gaan word. Hoe gaan dit die vraag na meer verwerkte of duurder suiwelprodukte nadelig raak teenoor byvoorbeeld vars melk?
Internasionaal is sterk groei in suiwelverbruik ervaar in Asië, veral Indië en China. Op ’n per capitagrondslag het die verbruik van suiwelprodukte in Indië skerp gestyg en dit is tans hoër as dié van Amerika. China se per capitaverbruik is sowat 20% van dié van Indië. Die verwagting is dat die produksie van melk wêreldwyd in die volgende dekade of meer aansienlik sal moet styg om in die groeiende vraag te voorsien namate die betrokke ekonomieë bly groei en die bevolkings se lewenstandaard verbeter.
Natuurlik is daar ook sterk mededinging in die mark vir drankies waar meegeding word met gaskoeldrank en sap. Dit geld ook kaas in die proteïenmark, waar toenemend met plantgebaseerde produkte meegeding word.
PRODUKSIE (’000 TON) 3 500 3 000 2 500 2 000 1 500
■ Die vraag na verwerkte melkprodukte het in die jongste jare sterk gegroei omdat verbruikers se inkomste toegeneem het.
■ Internasionaal het die vraag na suiwelprodukte in Indië en China sterk gegroei. Die produksie van melk sal aansienlik moet toeneem om in die vraag te voorsien.
■ Wêreldwyd groei die produktiwiteit van die melkbedryf op plaasvlak en die invloed van skaalekonomie sterk.
AANKOPE VAN VARS MELK
GRAFIEK 1 toon die groei in die aankope van vars melk oor die jongste aantal jare en hoe produksie stadig bly groei het, terwyl die ekonomiese groeikoers in die tydperk bly daal het. Dit dui daarop dat suiwelprodukte wel ’n belangrike deel van die bevolking se dieet uitmaak en nie veel beïnvloed is deur die dalende ekonomiese groeikoers nie. ’n Mens kan net dink hoe die vraag na suiwelprodukte – en dus produksie en dalk prys – sou gestyg het as SuidAfrika die afgelope vyf jaar ’n sterk ekonomiese groeikoers gehad het.
Die dilemma in die melkbedryf op plaasvlak – wêreldwyd – is dat produktiwiteit bly groei en dat die invloed van skaalekonomie baie sterk is. GRAFIEK 2 toon die daling in die getal melkboere, gesien teenoor die eerste grafiek met stygende produksie.
Stygende produksie is aangedryf deur skaalekonomie, kuddes het groter geword en die getal melkboere het gedaal – veral die boere met kleiner kuddes het minder geword. Omdat SuidAfrika ’n taamlik gekonsentreerde melkkopersmark het (waar die getal melkkopers ook gedaal het), wil die groot melkkopers nie meer by kleiner boere melk oplaai nie weens kleiner volumes en slegte paaie. Hulle verkies om ’n groot vragmotor na net een of twee groot melkboere te stuur. Die praktyk het ook in die verlede bestaan dat groot melkboere met groot volumes ’n premie verdien het teenoor kleiner melkboere.
Die neiging tot skaalekonomie is wêreldwyd aan die gang. Weens die mededinging het die dollarpryse van suiwelprodukte laer geneig met siklusse aangedryf deur droogtes in veral NieuSeeland.