Landbouweekblad

FOOD FORWARD SA OORSKRY SY R50 MILJOEN-TEIKEN

- — MICHELLE VAN DER SPUY en JEANNE VAN DER MERWE

NÁ hy homself vroeg einde Maart ten doel gestel het om R50 miljoen in te samel vir mense wat vanweë Covid-19 en die gevolge daarvan honger gelaat is, kon die welsynsgro­ep FoodFoward SA teen middel-Junie dié teiken met R3 miljoen oorskry.

Die organisasi­e sê in ’n verklaring hy kon danksy dié skenkings 3 100 ton kos, oftewel 12,4 miljoen maaltye, versprei. Hulle kan nou ook hul bedrywighe­de uitbrei na Limpopo, Mpumalanga en die Noord-Kaap.

Mnr. Andy du Plessis, FoodForwar­d SA se besturende direkteur, sê die organisasi­e wil sy groeitraje­k oor die komende twee jaar voortsit om nóg meer kwesbare landelike gemeenskap­pe by te staan. “Dit sal ’n bykomende R45 miljoen verg namate voedselons­ekerheid verdiep. Die 24-maande trajek sal ons in staat stel om 750 000 meer mense daagliks te bereik deur ’n landwye netwerk van 1 500 begunstigd­e-organisasi­es. Die opgeskaald­e steun is onontbeerl­ik indien ons die kwesbaarst­es wil bereik.

REIKWYDTE

Die organisasi­e sê in ’n verklaring hy het sedert die begin van die inperking einde Maart sy netwerk van begunstigd­e-organisasi­es met 66% vergroot om daagliks 412 000 mense te bereik deur ’n netwerk van 1 005 begunstigd­e-organisasi­es. Hy neem binnekort ’n nuwe 14-ton vragmotor met ’n verkoeling­sleepwa in ontvangs, waarmee hy toegang tot die surpluspro­duksie van 28 000 boere en meer as 1 000 boereveren­igings kan kry danksy vennootska­ppe wat onlangs met Agri SA en die Sitruskwek­ersverenig­ing aangegaan is.

1 MILJOEN MAALTYE

Die kleinhande­lgroep Food Lover’s Market het deur sy Hunger Month-veldtog geld vir 1 030 888 maaltye ingesamel. In dié veldtog kon klante ’n skenking maak deur in Mei spesifieke produkte van die veldtog se vennote te koop. Food Lover’s Market het dan R0,85 van die produk se prys gebruik om ’n maaltyd te verskaf aan iemand wat dit nodig het. Food Lover’s Market het ook 1% van sy totale omset op 28 Mei aan die veldtog geskenk.

Hunger Month is in 2017 vir die eerste keer aangebied. In die vier jaar wat die veldtog aangebied word, is genoeg geld vir 2 964 734 maaltye ingesamel.

Tru-Cape, ZZ2, Simpl Juice en Westfalia was vanjaar Food Lover’s se vennote in die veldtog.

Me. Kate Marais van Food Lover’s Market sê die veldtog is, danksy die vrygewighe­id van hul klante en hierdie vennote, ’n groot sukses. “Dit is vir ons verblydend dat ander handelaars nou ook soortgelyk­e veldtogte begin het om maaltye vir behoeftige mense in te samel.”

Mnr. Roelf Pienaar, besturende direkteur van Tru-Cape, sê hoewel Tru-Cape die veldtog reeds ’n paar jaar ondersteun, was die behoefte aan kos vanjaar selfs groter vanweë die Covid-19-pandemie.

“Die mense van Tru-Cape is bly dat ons ’n bydrae kon lewer om kos op mense se tafels te sit. Ons bedank ons getroue klante wat Tru-Cape-produkte by Food Lover’s-winkels koop.”

 ?? VERSKAF ??
VERSKAF
 ?? FOTO: ?? Tamaties word by Rennies Farms in die Paarl verpak vir verspreidi­ng aan behoeftige­s.
FOTO: Tamaties word by Rennies Farms in die Paarl verpak vir verspreidi­ng aan behoeftige­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa