Landbouweekblad

GRAFIEK 4: PRODUSENTE­PRYS EN VOERKOSTE-RAMINGS

- — CARIEN KRUGER

R/TON VOERKOSTE (STAFIES)

05/05 12/06 19/06

Die Safexprys is onverander­d teenoor die vorige week op R3 138/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 1,9%, of R62/t, laer. Verwagte pryse: Julie – R3 138/t, September – R3 900/t.

Spekvarke was in die week van 12 Junie 1,1% duurder teenoor die vorige week. In die week van 19 Junie kan die prys 7% hoër wees teenoor ’n maand gelede en 16,7% laer op ’n jaargronds­lag. Vleisvarke was 15,5% goedkoper op ’n jaargronds­lag.

Bek-en-klouseer en Covid-19 het melkboktel­ers se mark verlede jaar en vanjaar lelik geknou.

Mnr. Kenny van der Merwe, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Melkboktel­ersgenoots­kap, sê sowat 60% van stoetdiere word gewoonlik na Botswana, Zambië en Namibië uitgevoer.

’n Groot deel daarvan word deur niewinsged­rewe organisasi­es, soos Heifer Internatio­nal, gefinansie­r, wat gesinne help om selfonderh­oudend te wees.

Botswana en Zambië het ook subsidiesk­emas waardeur burgers bokke kan kry.

Van der Merwe sê Suid-Afrikaanse melkbokke het baie goeie teelmateri­aal en die lande wat koop, besef dat melkbokke baie laer voedingsen waterbehoe­ftes as melkbeeste het en dat kleiner en eenvoudige­r behuising nodig is.

“Agt bokke vreet soveel soos een bees, wat dit makliker maak vir ’n gesin om ’n bok te versorg. Een goed versorgde bok kan melk aan ’n gesin van vier voorsien.

“Bokmelk is ’n baie goeie bron van voedsel en word as ’n superkos geklassifi­seer.

“’n Verdere voordeel van melkbokke is dat ooie se dekkings só beplan kan word dat hulle nie op dieselfde tyd lam nie en die melk nie opraak nie. Met beeste kan ’n gesin twee maande lank sonder melk sit.”

Hoewel daar steeds belangstel­ling uit die buiteland is, het Suid-Afrika se aanvanklik­e Covid-19-inperkings­regulasies dit vir die genootskap baie moeilik gemaak om bokke vir uitvoer te werf.

Plaaslike belangstel­ling om twee of drie bokke vir eie gebruik te koop, het wel in die inperking gegroei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa