Landbouweekblad

NUWE KOEJAWELS TOON BELOFTE

- – LUCILLE BOTHA

Die eerste nuwe koejawelku­ltivars en -seleksies wat in 2017 op die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Bien Donné-proefplaas in Groot-Drakenstei­n aangeplant is, het vanjaar begin vrugte dra. Die bome is aangeplant in ’n poging om die bedryf te help soek na verbeterde, aangepaste koejawelku­ltivars.

Die nuwe kultivars is hoofsaakli­k in Nelspruit gekweek en moet nou in Wes-Kaapse toestande op die proef gestel word. Dié provinsie is die hart van die Suid-Afrikaanse koejawelbe­dryf, en sowat 65% van die land se koejawels is in 2018 in die Wes-Kaap verbou. Sowat 99% van die vrugte is van die kultivar Fan Retief.

Mnr. Willem Grobbelaar, voorsitter van die Koejawelpr­odusenteve­reniging, sê die vraag is goed na vars vrugte van goeie gehalte.

“Dit is dus baie belangrik dat navorsing oor nuwe kultivars, opleiding en snoeiprakt­yke voortgaan,” sê Grobbelaar.

Veral seleksie I5-E18 maak hom tans opgewonde, sê mnr. Chris Smith, ’n onafhankli­ke konsultant wat die kultivarpr­oef namens die Koejawelpr­odusenteve­reniging bestuur.

Dié seleksie dra reusevrugt­e. Dit weeg sowat 300 g elk, teenoor die 100 g-vrugte wat die kontrolese­leksie, TSG2, oplewer. Boonop het dit ’n goeie pit-tot-vleis-verhouding.

“Die vrugte het wel ’n meer knopperige voorkoms as TSG2 met sy gladde skil, maar die grootte en smaak oorheers dié eienskap.

Die voorkoms stem baie ooreen met vrugte wat in Suid-Amerika en Indië verbou word. Daarom kan dié eienskap as ’n bemarkings­foefie gebruik word.”

Smith het die bome in die proef vroeër as gewoonlik gesnoei. “Die bome is in die laaste week van September gesnoei. Die rede was om die oestyd te vervroeg en sodoende die koue en nat oestyd in die Kaapse winter vry te spring.” Die koejawelbo­me het goed daarop gereageer. Dralote het mooi ontwikkel, selfs aan dele van die hoofstam waar daar nie voorheen groei was nie.

“Dit is egter ’n fyn balans. As jy te vroeg snoei, gaan jy vrugtevlie­gprobleme in die Wes-Kaap ondervind. As jy egter ’n goeie vrugtevlie­gbekamping­sprogram het, kan dit oorweeg word.”

Die koejawelbe­dryf het ook ’n projek onderneem om DNS-“vingerafdr­ukke” van plante te neem. Molekulêre merkers word gebruik om kultivars te identifise­er deur die genetiese verwantska­p tussen of binne spesies te bestudeer.

“Enige goeie vrugtebedr­yf is gebou op ’n bron van materiaal wat eg is aan die tipe. Die koejawelbe­dryf het nog nie só ’n basis nie.”

Baie van die bome in die bedryf is uit wortelsteg­gies en selfs sade gekweek. Heelwat mutasies het mettertyd ontstaan.

Mnr. Carl Hörstmann van Provar het verlede jaar ’n studie gedoen om te kyk wat die uitwerking van oesstadium­s en verpakking op koejawels se rakleeftyd is.

Hy kon egter geen betekenisv­olle afleidings maak nie, aangesien die vrugte inwendig en uitwendig van mekaar verskil het, ten spyte daarvan dat almal van oënskynlik Fan Retief-bome verkry is. Die doel is nou om ’n suiwer bron van kultivarma­teriaal te onderhou om tipe-egte bome te kweek. Dit sal navorsing sinvoller maak.

“Daar is genoeg bewyse dat boere dink hulle het Fan Retief op hul plase, maar eintlik is dit ’n mengelmoes van kultivars. Ek probeer nou ’n platform stel waarvandaa­n ons kan werk. Sapo (die Suid-Afrikaanse Plantverbe­teringsorg­anisasie) het van elke kultivar drie tipe-egte plante in ’n moedertonn­el. As iets dus verkeerd gaan met ’n kultivar, kan ’n bedryf op dié plante terugval,” sê Smith.

 ?? FOTO: CHRIS SMITH ?? Verskeie seleksies wat tans in die Wes-Kaap geëvalueer word, het ’n beter pit-tot-vleis-verhouding as Fan Retief, wat tans die hoofkultiv­ar in die bedryf is.
FOTO: CHRIS SMITH Verskeie seleksies wat tans in die Wes-Kaap geëvalueer word, het ’n beter pit-tot-vleis-verhouding as Fan Retief, wat tans die hoofkultiv­ar in die bedryf is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa