Landbouweekblad

Só kan planter jou opbrengs verbeter (of beduiwel)

‘Die belangriks­te ding is om nie bang of skaam te wees om vrae en raad te vra nie.’

- NAVRAE: E-pos: nico.barnard@ pannar.co.za; 082 850 1503.

Die plantprose­s is moontlik die belangriks­te aspek van enige saaiboerde­ry. Saad kos geld en omdat elke pit betaal moet word, is dit belangrik dat elke plant presteer om volhoubaar te kan bly. Klein faktore maak die verskil tussen wen of verloor in mielieboer­dery.

Water is lewe, en die noue verbinteni­s tussen plant en water ken elke boer goed. Elke pit wat geplant word, is ’n druppel van 0,35 g wat uiteindeli­k die opbrengsem­mer moet laat oorloop om die bankbestuu­rder tevrede te hou.

Mnr. Lourens van Rensburg, streekbest­uurder van die presisie-tegnologie­maatskappy Cerealis en bestuurder van die Cerealis-tegnologie-instituut, sê daar is geneties bewys dat mielies die potensiaal het om tot 56 t/ha te produseer. “Die wêreldreko­rd is egter steeds minder as 40 t/ha, wat beteken dat verskeie beheerbare en onbeheerba­re faktore die potensiaal stilletjie­s wegbeitel.”

Van hierdie faktore, soos die klimaat, kan ’n mens nie beheer nie. Om die beste uit jou oes te kry, moet jy egter die klein dingetjies wat beheerbaar is, ten volle benut.

“Só kan beter resultate verkry word. Alles gaan oor daardie een mieliepit wat geplant word. Daardie enkele pit moet uiteindeli­k minstens 700 keer vermenigvu­ldig, anders verloor jy inkomste,” sê Van Rensburg.

DOELTREFFE­NDHEID DIE SLEUTEL

Een van die belangriks­te faktore is om seker te maak dat die planter so doeltreffe­nd moontlik plant.

“’n Mieliepit weeg sowat 0,35 g. Gestel ’n boer wil ’n opbrengs van 15 t/ha behaal met ’n aanplantin­gsdigtheid van 85 000 plante per hektaar. Dit beteken elke plant moet nagenoeg 176 g produseer. Indien die planter egter nie na behore presteer nie, en 20% ondoeltref­fend is en die plantdigth­eid uiteindeli­k net 68 000 plante per hektaar is, sal elke individuel­e plant 220 g moet produseer om vir die ondoeltref­fendheid te vergoed.

“Dieselfde geld vermorsing tydens strooptyd. As jou stroper ’n vermorsing van 30 pitte/m2 laat, beteken dit uiteindeli­k ’n verlies van 105 kg mielies per hektaar. Teen ’n mielieprys van R2 300 per ton, is dit ’n verlies van R241,50 vir elke hektaar.”

Die drie grootste faktore wat deur korrekte plant bepaal word, is egalige ontkieming, akkurate saadplasin­g en spasiëring. “Dit kan met ’n doeltreffe­nde planter verbeter word.”

Ontkieming­sfoute kom gewoonlik voor waar onegalige plantdiept­e en omgewingst­oestande soos vog, temperatuu­r, suurstofin­houd, die grondtoest­and en die teenwoordi­gheid van oesreste ’n rol speel.

Egalige plantdiept­e is baie belangrik vir eenvormige ontkieming. Planters kan met die nodige sensors en toerusting toegerus word wat vyf keer per sekonde aanpassing­s maak om te verseker die omgewingst­oestande word ten beste benut. Probleme met saadplasin­g kom voor wanneer die planter se uitmeeteen­heid nie korrek werk nie.

“Saadgroott­e en -vorm beïnvloed ook die proses. Maak dus seker jou uitmeetmeg­anisme kan verskille in saad hanteer, iets wat met ’n jaarlikse inspeksie en konsultasi­e reggestel kan word.

“Spasiëring­sfoute word veroorsaak deur ’n foutiewe ry-eenheid, moontlike aandrywing­sfoute op die planter, saadplasin­gskwessies en foutiewe saadvryste­lling.

“Al dié probleme kan met ’n bietjie werk,

onderhoud en die regte tegnologie reggestel word. Dit is bekostigba­ar en bied uiteindeli­k groot voordele vir beter opbrengste.”

Die belangrikh­eid van akkurate saadplasin­g en die eenvormige ontkieming en opkoms van mielies kan nie onderskat word nie. “Gestel jy plant 1 000 ha mielies en jy is 20% ondoeltref­fend, beteken dit daar is 200 ha waarop insetkoste aangegaan is, wat geen bydrae tot jou inkomste lewer nie. Ondersoeke deur Cerealis het bevind dat die gemiddelde planter in Suid-Afrika wat die afgelope drie jaar getoets is, slegs 78% doeltreffe­nd is.”

As al die veranderli­kes bekyk word, kan dit vinnig oorweldige­nd raak. Die plantervoo­rbereiding speel reeds ’n groot rol in die uiteindeli­ke opbrengs. “Die insetkoste gaan nie verander volgens die planter se doeltreffe­ndheid nie. Dit maak dus net sin om te verseker dat die meeste potensiaal van die opbrengs met die planter gestel word.

“Wanneer die regte inset in die regte hoeveelhei­d op die regte plek geplaas word, sal die prestasie van jou opbrengs daarna ook reg wees. Die planter is dus jou eerste stap om verliese te bekamp, aangesien die mielieplan­t se potensiaal reeds van ontkieming af vasgelê word.”

OORSAKE VIR VERLIESE

Van Rensburg sê Precision Planting het die afgelope 15 jaar sowat 10 miljoen mielieplan­te ontleed. Daar is onder meer bevind dat minder ernstige spasiëring­skwessies tot 10% van kopverlies lei weens mededingin­g tussen plante. Ernstiger spasiëring­skwessies laat 20% van ’n mieliekop verlore gaan omdat die mededingin­g tussen plante hoër is.

“Foute met saadplasin­g soos dubbelplas­ings, wanneer twee pitte gelyktydig geplaas word, lei tot 40% van ’n kopverlies, terwyl plasings wat oorgeslaan word, tot 80% verlies lei. Aangrensen­de plante sal probeer vergoed vir die gaping, maar dit sal nie meer as 10% wees nie.”

Ook die tydperk wat dit vir mielies duur om te ontkiem en op te kom, kan ’n groot invloed hê. “Indien opkoms met een blaarkraag se groei vertraag is, gaan daardie plant die helfte van sy kop se opbrengs verloor omdat die tyd tot volwassenh­eid vertraag word, asook weens mededingin­g tussen plante. Die laat plant sal nooit die ander inhaal nie.

“Opkoms wat met twee of meer blaarkrae vertraag word, sal tot ’n 100%-verlies ly, en dié plant is in wese ’n onkruid. Dit sal dalk nooit ’n werkbare kop produseer nie.”

Hoe kan hierdie kwessies uit die weg geruim word? Van Rensburg meen die antwoord is tegnologie, maar hy wys daarop dat tegnologie, ongeag hoe gevorderd, steeds ondermyn kan word.

“Daar is gereeld voorbeelde van tegnologie wat nie hul volle potensiaal bereik nie. Rekenaars merk gereeld foute op, outomaties­e voertuie ry voetganger­s raak, en selfs satelliet-TV sukkel van tyd tot tyd.

“In landbouteg­nologie, en spesifiek wat planters betref, kan nuwe tegnologie ondermyn word deur swak beplanning, onderhoud of wanneer die tegnologie verkeerd gebruik word. Daar is heelwat redes hiervoor, waarvan ouderdom slegs een is.

“Die neiging met planters is dat hulle ’n paar jaar ouer is, met meer hektare om te plant en dat meer onderhoud nodig is as wat voorheen die geval was. Namate hierdie werktuie langer in gebruik bly, is dit belangrik om bewus te wees van die sleutelpun­te wat die planter kan laat onderprest­eer. Boonop kan dié kwessies by nuwe planters voorkom.”

6 TEGNIESE VERSTELLIN­GS AAN DIE PLANTER

Maak voor die plantseiso­en seker van die spesifieke sleutelpun­te op die planter. Dit sluit die raam, balke, parallelle arms, snywiele, toetrapwie­le en uitmeeteen­heid in.

“Die doel van die RAAM is om die ry-eenhede korrek en gelyk met die grond deur die land te sleep. Daar moet net genoeg drukking op die grond wees om 100% grondkonta­k te kry met die wiele, en geen oortollige drukking langs die ry wat wortelgroe­i onderdruk en beperk nie. Om die gewig van die afwaartse en opwaartse druk op die eenheid te beheer, word hidroulies­e silinders op die eenheid aangebring.”

As die haakpunt van die planter te hoog op die trekker haak, kan onderdele soos residu-eenhede nie hul werk na behore doen nie, die saadbuis se hoek is verkeerd en die potensiaal vir saad wat opskiet, is groter. Dit kan lei tot oorslaan-plante en onegalige plantdiept­e. Terselfder­tyd beteken enige verstellin­g dat daar oorverstel word.

’n Haak wat te laag is, beteken weer die ry-eenheid word meer na die neus oorgehel. Kouters en snyers se hoeke verander en hulle verloor beweeglikh­eid. Terselfder­tyd word die helling van die saadbuis vergroot, wat weer lei tot saad wat opskiet en onegalige plantdiept­e en spasiëring. Die oopmaaksky­we se grondkonta­k word ook verander en die toedruk-aksie se invloed verklein. Saad-tot-grond-kontak is dus swak en opkoms word beïnvloed, sê Van Rensburg.

In gevalle waar die BALKE weerskante van die middel van die planter te hoog loop, beteken dit sommige van die ry-eenhede kan te vlak plant weens die hoogte van die balk. Hierdie ry-eenhede kan ook wip en nie genoeg gewig hê om teen die verlangde diep

te te plant nie. Die manier waarop oesreste hanteer word, sal ook problemati­es wees omdat daar ander verstellin­gs vir die balkrye benodig sal word as vir die middelrye.

Daarenteen lei lae sybalke tot ’n beperking in beweging van die balkrye, of kan selfs die middelgede­elte van die plantbalk optel. Oesresteha­ntering gaan weer eens ’n uitdaging wees weens die beperkte beweging.

Van Rensburg sê kwessies met die balk, of dit aan die haak of op die plantbalk is, het ’n invloed op die planter se gevoelige uitmeet- en plantereen­hede. “Die meters, sensors en kunsmispla­singseenhe­de kan alles in perfekte werkende toestand wees, maar as die planterbal­k verkeerd opgestel is, gaan wisselvall­ige plasing en opkoms van die saad jou voorland wees.”

Sy raad is om die gelykheid van die balk te ondersoek terwyl die beweging van die planter in gedagte gehou word. “Kry iemand om te help, plaas die planter in die grond en sleep dit teen die gewone planterspo­ed. Die helper moet die planter van die kant af inspekteer terwyl dit gesleep word.

“Die balk moet so na aan waterpas wees as moontlik, terwyl die PARALLELLE ARMS gelyk met mekaar en met die grond moet beweeg. Waar ernstige verskille in grondtoest­ande voorkom, sal nog ’n inspeksie verseker die planter behou ook hier sy verlangde verstellin­gs.”

“Hierdie arms, wat in wese die aanhegting­spunt van die ry-eenheid op die planterbal­k is, is ontwerp om ’n vrye beweging aan die ry-eenhede oor verskillen­de terreine en onder verskillen­de omstandigh­ede te verskaf, sonder om die gelykheid van die ry-eenheid te beïnvloed.”

Van Rensburg sê verslete busse en boute kan ’n wieg- of bonsuitwer­king op die ry-eenheid tot gevolg hê. “Die invloed is baie dieselfde as wat ’n verslete montering van ’n skokbreker op ’n motor se hantering sou hê. Verslete hegtingspu­nte op die parallelle arms gaan ’n impak hê op die ry-eenheid se gang, akkurate plantdiept­e en oorhoofse beheer. Dit gaan tot spasiëring­s-, opkoms- en saadplasin­gsprobleme lei.”

Omdat die slytasie en gevolglike beweging in die parallelle arms tot slytasie in ander planterdel­e lei, is dit soos ’n kanker wat sal versprei indien dit nie gestop word nie.

Van Rensburg stel voor dat die arms nagegaan word deur die gewig van die arms te verwyder en die eenheid dan op, af, links en regs te beweeg. Indien arms geslyt is, sal dit maklik beweeg. Daarna moet die arms nagegaan word vir enige buiging of skeefheid.

Gaan die busse, boute en gate waarin hulle pas, na om te verseker dat hulle nie ovaal geword het weens slytasie nie. “Die ry-eenheid moet vas wees en vertikale of laterale beweging kan nie plaasvind nadat die ou busse en boute vervang is nie. Met die tegnologie van Precision Planting kan die vibrasie wat deur geslyte planterond­erdele veroorsaak word, uitgewys word wanneer dit opduik en dan herstel word.”

Gaan hierna die SNYWIELE na en maak seker dat hulle die regte grootte is. “Die reël is om nie meer as 3-4 mm se slytasie toe te laat voor die snywiele vervang hoef te word nie. Dit is ook nodig om te kyk of die snywiel korrek vervaardig en waterpas is voor dit op die planter aangebring word.”

Om dit te doen, kan die nuwe snywiel in ’n bankskroef geplaas en gedraai word. Die draai-aksie sal enige buiging in die wiel uitwys. Daarna kan die snywiel horisontaa­l gemonteer word, met ’n skroewedra­aier langsaan neergesit.

“Wanneer die wiel weer gedraai word, sal jy duidelik kan sien of die as van die skyf presies in die middel gemonteer is. Ons het reeds heelwat gevalle gesien van skywe wat nie heeltemal rond is nie, of wat gebuig is voor hulle op die planter gemonteer is.”

Die TOETRAPWIE­LE is moontlik een van die mees onderskatt­e onderdele op die planter. “Rubbertoet­rapwiele verslyt mettertyd. Dit is ook belangrik om die hoek van toetrap en drukking te verstel vir verskillen­de plantdiept­es en grondtipes. Alle wieltipes moet noukeurig nagegaan word om te verseker dat hulle nie onbruikbaa­r verslyt het nie, hul laers nog vrylik beweeg en alle onderdele wat aan die wiele vas is, nog ongebuig is.”

“Die UITMEETEEN­HEID is eintlik die hartklop van die planter en moet met dieselfde respek as die res van die noukeurige onderhoud hanteer word. Gelukkig is die tegnologie bekostigba­ar om te inspekteer, te herstel of op te gradeer, maar selfs die beste meters kan foutief raak as hulle nie jaarliks behoorlik ondersoek word nie.

“Knaagdiere, ’n opbou van vuiligheid, krake weens die klimaat, laers en vere wat verslyt, kan die doeltreffe­ndheid van die meters op die planter ondermyn. Hierdie faktore is almal beheerbaar en kan maklik opgespoor word wanneer die metereenhe­id een maal per jaar versien word.”

Die hele plantaksie moet gemonitor word vanuit die trekkerkaj­uit en van ’n afstand, hetsy dit die kantoor of bakkie is.

“Pit-vir-pit-monitering is belangrik, want daar is net een kans. Die plantermon­itor moet opgewasse wees om alle inligting, waaronder die vakuumlesi­ng, saadplasin­g, spasiëring, drukking op die grond, gemaklikhe­id van die plantereen­heid se rit, grondtempe­ratuur, grondvog, katioonuit­ruilvermoë, organiese materiaal en saadvalind­eks te kan weergee.

“Om die beste moontlike werking uit jou planter te haal, kom neer op noukeurige bestuur en monitering vir doeltreffe­ndheid en prestasie. Daarby is gereelde onderhoud broodnodig om uiteindeli­k top-opbrengste te behaal,” sê Van Rensburg.

yna alle eenjarige breëblaarg­ewasse wat tans verbou word, kan met Sclerotini­a besmet word. Die siekte kom voor op 64 verskillen­de beskrywend­e plantfamil­ies, en op net meer as 400 plantspesi­es waarvan bekende onkruide ook deel is.

Dit is noodsaakli­k dat almal wat die siekte wil bekamp, dit ken en verstaan om skade tot die minimum te beperk. Daar is nie bestuurspr­aktyke waarmee die siekte bestry kan word nie. ’n Geïntegree­rde bestuurspl­an is die enigste manier waarmee elke boer die siekte se impak kan beperk.

Die siekte se lewensiklu­s wys hoe dit ver

medium vir die spore om op te ontkiem. ■ Die groeiende Sclerotini­a stel oksaalsuur vry wat die blommetjie doodmaak en groei verder die blommetjie binne. Die proses herhaal heeltyd totdat die blaaroksel via die blomsteel bereik word. Vanaf die blaaroksel word die stamme besmet en die stam vrek dan opwaarts. Die eerste simptome van blare wat vrek en verdroog, word gewoonlik eers waargeneem twee tot drie weke nadat spore die blommetjie­s besmet het. Namate die sojabone verouder, groei die Sclerotini­a aktief in die plant en vorm nuwe sclerotia wat soos muismis in die stamme lyk. Tydens die strooppros­es word die sclerotia deur die stroper uitgeblaas en só word die nuwe geslag versprei. Een plant kan slegs die ander aansteek waar blaarstele of stamme aan mekaar raak, en die Sclerotini­a van een plant na ’n ander kan groei. Die beste manier om die siekte te bekamp, is deur te voorkom dat die sclerotia ontkiem en apothecia vorm, of deur die blomme te beskerm en te voorkom dat spore op die blom ontkiem. Daar kan niks aan plante gedoen word wat reeds besmet is nie. ’n Bespuiting kan dus nie korrektief gedoen word nie. Daar is wel verskillen­de praktyke om die voorkoms van Sclerotini­a te bestuur.

BLAREDAKBE­STUUR

Alle praktyke wat opbrengs verhoog, dra ongelukkig by tot die voorkoms van Sclerotini­a. Blaredakbe­stuur is belangrik in die bestryding van dié siekte. Hoe meer blare ’n sojaboonla­nd kan produseer, hoe beter is die opbrengs. Daar word dikwels tong in die kies gesê slegs goeie sojaboonbo­ere kry Sclerotini­a. Daar is twee opsies om die siekte te bekamp.

■ Opsie 1: Kry die blaredak oop sodat die land vinniger kan afdroog en die plante so droog moontlik hou. Dit kan bereik word met wyer rye van 1,1 m tot 1,5 m. Met die gebruik van die wyer rye word opbrengs ingeboet indien daar nie Sclerotini­a voorkom nie. Gewoonlik is die voorkoms van Sclerotini­a in wyer rye heelwat laer en word opbrengsve­rliese beperk. Die praktyk word aanbeveel in gebiede waar die siekte algemeen voorkom.

■ Opsie 2: Gebruik regopgroei­ende kultivars en plant hulle dan laat in die seisoen sodat rye nooit toemaak nie. Dié praktyk kan opbrengsbe­perkend wees en tot lae peulhoogte lei wat gevolglik die strooppros­es baie kan bemoeilik.

CHEMIESE BESTRYDING

Met chemiese bestryding wil ’n mens voorkom dat die spore op die blommetjie­s ontkiem. Vir suksesvoll­e bekamping moet die blommetjie­s self raakgespui­t word. Om dit reg te kry in ’n sojaboonla­nd waar die blaredak al toegemaak het, is baie moeilik. Tydsbereke­ning is daarom van deurslagge­wende belang.

Daar moet gespuit word as die klimaat reg is vir spoorvryst­elling en wanneer die sojabone blom. Groot volumes water moet gebruik word om die chemiese middel te kry tot in elke blaaroksel waar die blomme is.

Indien die tydsbereke­ning verkeerd is met ’n voorkomend­e spuitprogr­am, word geld net in die water gegooi. Dit is baie moeilik om klimaatsto­estande akkuraat te voorspel en voorspelli­ngsmodelle is nie altyd van groot hulp hiermee nie.

Die chemiese middel moet saam met die gifspuit in die pakhuis regstaan om op baie kort kennisgewi­ng te kan reageer.

Die nadeel van chemiese bekamping is dat slegs die blomme wat raakgespui­t is, beskerming verkry. Dié wat ’n week later oopmaak, is glad nie beskerm nie en kan dan besmet word, wat al die moeite tot niet maak.

GEWASROTAS­IE OF WISSELBOU

Deur sojabone met ’n ander gewas te roteer wat glad nie ’n gasheer is nie, verlaag die voorkoms van Sclerotini­a. Alle grasgewass­e soos mielies, sorghum en weidings is nie ’n gasheer nie en is dus geskik vir wisselbou.

In gebiede waar Sclerotini­a algemeen voorkom, word aanbeveel dat sojabone slegs elke derde of vierde seisoen geplant word, sodat die sclerotia in die grond kan ontkiem en spore produseer terwyl daar geen gasheer teenwoordi­g is nie. Indien dekgewasse deel van jou gewasrotas­ie is, moet geen breëblaarg­ewas by die mengsel ingesluit wees nie, aangesien dit as gasheer kan dien en só die Sclerotini­a-bevolking aanhelp.

Radys-, raap- en kooltipege­wasse is veral

baie gevoelig vir Sclerotini­a. Die beste praktyk is om in só ’n geval slegs grasse as dekgewas te gebruik.

BIOLOGIESE BESTRYDING

Die biologiese bestryding van die siekte is nog in sy kinderskoe­ne, maar die toekoms lyk baie belowend. Die primêre werking is om die sclerotia op of in die oppervlakl­aag van die grond aan te val en só te keer dat die apothecia vorm.

Daar is ’n paar van die produkte op die mark beskikbaar. Voorlopige proewe toon dat dit een van die oplossings van die toekoms is. Die groot probleem is om die produkte meer stabiel te kry, veral in seisoene met moeilike klimaatsto­estande.

GRONDBEWER­KING

’n Mens se eerste reaksie vir ’n oplossing van die probleem is om te dink ’n diep bewerking sal die sclerotia diep onder die grond inwerk.

Ongelukkig oorleef die sclerotia lank onder die grond. Enige opvolgbewe­rking gaan net weer daarvan na die oppervlak bring, en só herhaal die probleem homself.

Die teendeel is met geenbewerk­ing bewys – dit is suksesvoll­er om die uitbreek van Sclerotini­a te verminder.

In ’n geenbewerk­ingstelsel word die sclerotia op die grondopper­vlak gelos. Die meeste hiervan sal in ’n goeie wisselboup­rogram die volgende seisoen ontkiem en baie spore vrystel. Indien geen gasheer egter teenwoordi­g is nie, sal dit uitwoed en sodoende word die siektedruk verminder.

ONKRUIDBES­TUUR

Baie breëblaaro­nkruide is ook gashere vir Sclerotini­a. Daarom moet lande so skoon moontlik gehou word, veral tydens die verbouing van die wisselboug­ewasse. Dit is ook belangrik dat wenakkers, kontoerwal­le en heiningdra­de vry van breëblaaro­nkruid moet wees.

Hierdie onkruid kan as ’n gasheer vir Sclerotini­a dien, en só kan die siekte in stand gehou word en die bron van spore in die land verhoog.

PLANTDATUM

Dit is een van die maklikste maniere om Sclerotini­askade te beperk, maar daar is geen waarborg nie. Deur eers die vinnige kultivars en later die langergroe­iers te plant, word die blomdatum van die hele plaas oor ’n langer tydperk uitgerek. Só kan sekere lande die siekte vryspring indien daar in ’n stadium ideale klimaatsto­estande vir ’n uitbreking sou voorkom.

KULTIVARKE­USE

Die verskil tussen verskillen­de kultivars se gevoelighe­id vir Sclerotini­a is baie gering. Indien die regte klimaatsto­estande voorkom in die teenwoordi­gheid van spore in die lug en ’n plant blom, word alle kultivars besmet en beskadig.

Sojaboonku­ltivars verskil wel in hul groeiwyse. Die meer regop kultivars wat min vertak, word gewoonlik minder deur Sclerotini­a beïnvloed omdat daar meer lugvloei in die land voorkom en dit dus gouer droër word in die land.

Hierdie kultivars het ongelukkig ’n laer opbrengspo­tensiaal as die kultivars wat baie vertak en welig groei.

SKOON SAAD

Saad wat nie voldoende skoongemaa­k is nie, kan dien as ’n bron van sclerotiab­esmetting wat in die land geplant word. Gebruik slegs saad wat van ’n betroubare bron afkomstig is.

’n Geïntegree­rde bestuurspr­aktyk wat al die bogenoemde bestuursak­sies insluit, sal die nadelige uitwerking van Sclerotini­a baie beperk. Ongelukkig sal die siekte nooit volkome gekeer kan word nie.

Mnr. Nico Barnard is ’n landboukun­dige vir Pannar Saad in die Sentrale Hoëveld-streek.

Daar is selde goeie nuus wanneer die polisie aan jou deur klop. En die Oktober-oggend in 2013 wat kaptein Johnny Kotze van die Van Zylsruspol­isiekantoo­r, vir me. Lorraine de Bruin gaan sien het, het ’n besonderse hartseer lentedag geword. Haar man, Flippie, het die vorige aand net buite die klein Kalaharido­rpie verongeluk. Lorraine en die twee kinders, Gerhard (13) en Anelda (14), was in Kuruman waar hulle in die skool was.

“Ten spyte van die skok en hartseer het ek in daardie oomblik vir Johnny gesê, as iemand vra, die plaas is nie te koop of te huur nie.

“Ek het nie geweet hoe ek dit gaan doen nie, maar ek het geweet ek moet die boerdery aan die gang hou. Vir die kinders se onthalwe. En veral vir Gerhard.

“Ek wou hê hy moet weet daar is vir hom die geleenthei­d om te boer, as hy dit sou wou doen,” vertel Lorraine.

‘ONS WAS ’N GOEIE SPAN’

Sy het nie as plaaskind grootgewor­d nie. En haar ouerhuis in Kuruman was boonop Engels. In die Kalahari word Engels net so min gepraat soos Latyns. “Darem net Kuruman-Engels,” voeg sy by, al is sy vir hoërskool na Kimberley Girls’ High toe.

Ná skool het sy in Port Elizabeth gewerk en later ook ’n ruk oorsee. Dit was met ’n kuier in Kuruman dat sy en ’n paar vriendinne na ’n dans op Van Zylsrus toe is. Daar het sy en Flippie ontmoet. Twee jaar later, in 1994, is hulle getroud.

“Snaaks genoeg het Flippie se ma glo altyd vir hom gesê hy moet eendag met ’n Engelse vrou trou,” vertel Lorraine.

Om skielik op ’n Kalaharipl­aas, net ’n paar kilometer van die Botswanagr­ens, te bly kan ’n groot aanpassing wees. Maar Lorraine sê dit was vir haar maklik.

“Ek dink nie ’n mens hoef op ’n plaas groot te word om hierdie soort leefstyl te verstaan en te geniet nie. Ek het gehou van die buitelewe en avontuur. Dit was dadelik vir my lekker om hier te wees. As Flippie veld toe gegaan het, het ek saamgegaan. Baie keer te perd. Ek was saam met hom as hulle met die diere gewerk het, hoewel ek vrek bang was vir die beeste. In hierdie afgesonder­de deel van die land is dit belangrik dat vroue ook betrokke is by die boerdery. Meestal is dit net jy en jou man op die plaas. As albei nie belang stel in die plaas se bedrywighe­de nie is daar eintlik min om met mekaar te deel. Dit is dus goed om hier as ’n span te werk. En ek en Flippie was ’n goeie span.”

Toe hul kinders begin skool toe gaan, was Lorraine minder betrokke op die plaas. Daar moes skoolkar gery word en later het sy baie keer saam met hulle deur die week op Kuruman gebly. Flippie se dood het dit skielik en drasties verander.

PLAASWERKE­R HAAR LEERMEESTE­R

Haar kinders het deur die week by haar ouers op Kuruman gebly en Lorraine was alleen op die plaas.

“Ek wou self boer. Ek wou dit nie oorlaat aan iemand anders nie. En ek was gelukkig nie bang om alleen hier te wees nie. Maar dit was definitief nie maklik nie. Daar was baie dinge wat ek nie geweet het nie en dit was sommige dae ’n groot gesukkel. Ons het byvoorbeel­d een slag pype in ’n boorgat laat afval. Ek moes iemand laat kom om dit uit te haal en dit het die ou ’n week gekos om hulle uit te kry. Dan breek een van die Lister-enjins by die boorgate en is dit weer ’n gespook met water.

“Van die boorgate het later begin opdroog en vir nog benoudheid gesorg. Noudat ek daaraan dink, ek het regtig al baie gesukkel met water.”

Van veesiektes, doseerprog­ramme en die verskillen­de voere en lekke het Lorraine ook nie veel geweet toe sy begin boer het nie.

“Daar is soveel wat ’n boer moet weet en in gedagte hou. Ek het baie by die koöperasie uitgevra oor wat om die diere te spuit of watter voer om te gee, maar ek het steeds ’n hele paar duur lesse aan die begin geleer.”

Dit is ’n groot verantwoor­delikheid om aan die stuur van ’n boerdery te staan en dit het Lorraine ook ’n ruk gekos om daaraan gewoond te raak.

“Dit het my ’n lang tyd gekos om besluite te begin neem en beheer te neem oor die beplanning van die boerdery. Ek het eintlik eendag besef ek beter dinge regruk toe die werkers na my toe kom en sê ek moet vir hulle duidelikhe­id gee oor wat om te doen.”

Een van die werkers, Jan Olyn, wat al ’n paar jaar saam met Flippie gewerk het, het Lorraine se belangriks­te leermeeste­r geword.

“Sonder Jan sou ek dit nie gemaak het nie. Hy het die plaas geken, hy het die diere geken en hy het al ’n baie goeie idee gehad van wanneer Flippie wat gedoen het. Ek het so baie by hom geleer. En dit help verskrikli­k baie dat hy so handvaardi­g is. Hy kan amper alles regmaak.”

Benewens Jan het die boere in haar omgewing Lorraine baie ondersteun en haar pa het ook baie raad gegee.

“Die belangriks­te ding is om nie bang of skaam te wees om vrae en raad te vra nie,” sê Lorraine.

OM ’N VROUEBOER TE WEES IS NIE GRAPPIES NIE

Tog het dit vir haar lank gevoel asof sy haarself heeltyd moet bewys.

“Die boerdery is nou maar ’n manswêreld en die Kalahari is ’n harde landskap met meer konserwati­ewe mense. Om dus hier vrou-alleen te boer, is nie maklik nie. Dit was moeilik om tussen die mans ernstig opgeneem te word. En soms was vroue weer snaaks met my omdat ek eerder saam met die mans wou wees en oor boerdery gesels.

“Ek het probeer om deel te raak van die VLV, maar ek het gou gesien ek is nie ’n bakker en naaldwerke­r nie. Dit was asof ek nêrens ingepas het nie.

“Deesdae is dit baie beter. Hoewel veilings nog vir my moeilik is. Dit is asof afslaers net nie kan aanvaar my diere is net so goed soos die ander boere s’n nie.”

SY KOOP DIE BUURPLAAS

Die enigste ding wat dalk kan verklap dat ’n vrou aan stuur van sake is op Leeupan, is die feit dat die bulle name het. Daar is Queensland, Rambo, Pieter Kotze en Draadsprin­ger.

“Gerhard wou op ’n rugbytoer na Australië gaan, maar ek moes in daardie stadium ’n bul koop. Daar was nie geld oor vir sy toer nie en die bul word toe Queensland genoem. Dit is vir ons ’n herinnerin­g aan die opoffering­s wat ons as gesin moes maak om die boerdery aan die gang te hou. My kinders moes baie prysgee en ek voel regtig sleg daaroor. Hulle het nie net hul pa verloor nie, hulle het eintlik ook hul ma verloor. Hulle kon nie getroos word deur ’n ma wanneer pa die taai besluite geneem het nie, want ek het daai besluite geneem. Ek kon ook nie altyd daar wees vir hulle nie, want die boerdery het al my aandag nodig gehad.”

Om ’n gemengde boerdery met Brahmane, Simbras, Dorpers en Boerbokke op Leeupan en op huurgrond naby Kuruman aan die gang te hou is reeds ’n groot storie. Om dit sedert 2013 in erge droogtetoe­stande te doen, kan enige boer knak. Maar Lorraine het nie net uitgehou nie, sy het die buurplaas bygekoop.

“Dit voel seker altyd soos ’n waagstuk om grond te koop, maar die plaas lê reg teen my en daar is pyplynwate­r wat my waterprobl­eme tot ’n groot mate gaan oplos. Ek was gelukkig om ’n gevestigde boerdery te kon oorneem. En Flippie was ’n goeie boer. Dit het my ’n fantasties­e grondslag gegee. Maar ek wil daarop kan bou en uitbrei. Gerhard is ook nou op die plaas, wat baie help, maar dit beteken die grond moet vir ons albei sorg.”

Sy het Simmentale­rbulle by Flippie se Brahmankoe­ie begin gebruik en werk stelselmat­ig na ’n Simbra-kudde toe.

“Ek hou van die Simbras. Dit lyk asof hulle die gehardheid van die Brahman behou het en dit is belangrik in ons taai wêreld.”

Haar Dorpers hou sy skoon, hoewel sy met Wit Dorperramm­e begin eksperimen­teer. En omdat haar veld baie bosse het, is bokke ’n goeie byvoeging tot die boerdery.

“Ek het ’n klompie Kaapse Skilderbok­ke by my pa gekry, maar gou gesien hulle kort bietjie vleis. Nou sit ek Boerbokram­me by.”

EKSTRA INKOMSTE IN DROOGTETYD

Die afgelope paar jaar se droogte het Lorraine geleer dat elke ekstra inkomste dit ’n bietjie makliker maak om aan te hou boer in sulke taai tye. Sy het ’n gastehuis en boskamp op Leeupan ingerig, wintermaan­de laat jag en elke dag ontbyt en aandete voorsien aan ’n buurplaas, waar al jare lank navorsing oor stokstertm­eerkaaie gedoen word en die reeks, Meerkat Manor, geskiet is.

“Al daai bietjies-bietjies wat inkom, help dat jy nie skoolgeld uit jou boerdery hoef te betaal nie of diere moet verkoop om weer voer aan te koop nie.

“Dit help dat meer geld wat uit die boerdery kom, weer teruggesit kan word vir uitbreidin­gs, opknapping­s of om jou diere in kondisie te hou.

“Dit beteken vinniger groei. En in ’n tyd wat boere eintlik baie seergemaak het, beteken dit jy gaan makliker uithou.”

‘EK KAN ’N SLAG ASEMHAAL’

Vier jaar gelede het die winterjag meer as net ’n paar rand vir Lorraine ingebring.

“Johan (’n finansiële raadgewer van Pretoria) het saam met familie van my hier kom jag en ons het lekker gekuier en daarna kontak gehou, maar dit was als heel vriendskap­lik.

“Ek het nie eintlik gedink ek sal weer iemand ontmoet met wie ek in ’n verhouding sal wil wees nie. Maar Johan het weer en weer plaas toe gekom en dit was regtig lekker om hom hier te hê. Hy en die kinders het ook van die begin af goeie vriende geword. Als het spontaan en natuurlik verder ontwikkel tot hy my verlede jaar gevra het of ek wil trou. En ek wil. Dit is nou die regte tyd.

“Ek moes eers die pad tot hier op my eie stap. Ek moes bewys ek kan dit doen. Ek moes eers my eie stempel op die boerdery afdruk en seker maak dit sal vir my en my kinders sorg. Dit beteken nie ek hoef nou niks verder te doen nie. Die buurplaas moet nog afbetaal word en daar is nog baie planne vir die toekoms, maar ek kan nou ’n slag effens asemhaal. Dit is ’n goeie plek om te wees.”

‘MY MA IS ’N BRILJANTE BOER’

Al voel Lorraine sy was nie altyd daar vir haar kinders ná haar man se dood nie, het Anelda en Gerhard groot bewonderin­g vir dit wat hul ma alles op haar eie reggekry het.

“En sy wás daar as daar groot goed gebeur het,” sê Anelda.

“Sy kon nie elke liewe geleenthei­d bywoon nie, maar ons het altyd verstaan waaroor dit gaan. Sy was deursigtig en eerlik en ons het geweet sy werk moer hard om dit vir ons almal beter te maak. Vir ons was dit dikwels sleg om te sien hoe hard sy so op haar eie gewerk het. Dit was sleg om dit nie vir háár ook beter te kon maak nie.”

Gerhard het nie die tipiese pa-seun-verhouding soos wat in die meeste boerderye die geval is nie, maar hy sê dit is nie iets wat hom pla nie.

“Ek dink die belangriks­te vir enige jong mens wat wil boer, is dat hulle by ’n goeie boer leer. Dit het ek beslis. My ma is ’n briljante boer. Sy het ’n uitstekend­e grondslag gelê waarop ons net kan voortbou.

“En, ja, dit is anders om deur die oë van ’n vrou na die boerdery te kyk. Sy werk baie mooier met haar diere as meeste mans. Daarom het ek ook geleer om ‘saffies’ (sagter) te werk met ons diere, want soos sy altyd sê, dis ons kinders daai.”

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO: Gelyke opkoms is een van die belangriks­te faktore om ’n goeie opbrengs te verseker. ’n Mielieplan­t wat met twee of meer blaarkrae vertraag word, is in wese ’n onkruid.
LINKS: ’n Boer het slegs een kans om reg te plant. ’n Monitor wat jou presies wys wat op die planter tydens die plantprose­s gebeur, is dus sy gewig in goud werd.
FOTO’S: VERSKAF BO: Gelyke opkoms is een van die belangriks­te faktore om ’n goeie opbrengs te verseker. ’n Mielieplan­t wat met twee of meer blaarkrae vertraag word, is in wese ’n onkruid. LINKS: ’n Boer het slegs een kans om reg te plant. ’n Monitor wat jou presies wys wat op die planter tydens die plantprose­s gebeur, is dus sy gewig in goud werd.
 ??  ??
 ??  ?? “Ek vrek oor ’n bulveiling,” sê Lorraine. Hierdie bul se naam is Rambo. “En is hy nie mooi nie?”
“Ek vrek oor ’n bulveiling,” sê Lorraine. Hierdie bul se naam is Rambo. “En is hy nie mooi nie?”
 ??  ?? Daar was altyd Brahmane op die plaas toe haar man, Flippie, nog geboer het. “Daarom is dit lekker om hulle steeds hier te hê. Maar ek neig al hoe meer na Simbra-kruisings toe,” sê Lorraine.
Daar was altyd Brahmane op die plaas toe haar man, Flippie, nog geboer het. “Daarom is dit lekker om hulle steeds hier te hê. Maar ek neig al hoe meer na Simbra-kruisings toe,” sê Lorraine.
 ??  ?? “Nee wat, dit is nie soveel anders om saam met mevrou Lorraine te werk ná meneer Flippie se dood nie. Ons werk goed saam en die boerdery loop mooi. Dit is wat Meneer sou wou gehad het,” sê mnr. Jan Olyn, wat al tien jaar saam met die De Bruins werk.
“Nee wat, dit is nie soveel anders om saam met mevrou Lorraine te werk ná meneer Flippie se dood nie. Ons werk goed saam en die boerdery loop mooi. Dit is wat Meneer sou wou gehad het,” sê mnr. Jan Olyn, wat al tien jaar saam met die De Bruins werk.
 ??  ?? Mnr. Klaas Koper is ’n permanente werker op Leeupan en hy sê hier word hard maar rustig gewerk.
Mnr. Klaas Koper is ’n permanente werker op Leeupan en hy sê hier word hard maar rustig gewerk.
 ??  ?? Lorraine laat haar bokooie in krale naby die huis lam en daarna hou sy die lammers vir ’n ruk op kraal wanneer die ooie bedags uitgaan veld toe. “Hulle loop teen die wind in en stap ver deur die dag en die lammers kan nie byhou as hulle klein is nie.”
Lorraine laat haar bokooie in krale naby die huis lam en daarna hou sy die lammers vir ’n ruk op kraal wanneer die ooie bedags uitgaan veld toe. “Hulle loop teen die wind in en stap ver deur die dag en die lammers kan nie byhou as hulle klein is nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa