Landbouweekblad

5

-

Die verwerkte kompos kan dan met laaigrawe en kantelwaen­s verwyder en op ander ’n hoop gegooi word.

■ “Oes” in September. Clegg “oes” die erdwurmkom­pos een keer per jaar om arbeid te verminder. Die finale produk word sonder bedekking op ’n hoop gelos. Sy gebruik dit van die hoop af soos sy dit nodig kry. Hierdie werkwyse vereis min arbeid en verseker dat die wurms aan die lewe bly. Die wurms lê regdeur die jaar eiers. Hoewel die getalle in die winter effens afneem, word die hope binne enkele weke verwerk.

■ Bedek die komposhoop. Wanneer die erdwurms van die verwerkte na die nuwe hope oorgetrek het en die verwerkte hope verwyder is, moet die nuwe hope met 150-200 mm ongekompos­teerde droëmateri­aal bedek word. Droë suikerriet­reste word hiervoor gebruik ( FOTO 5 ). Dit bevat nie stikstof nie en sal dus nie sommer komposteer nie. Dit bied aan die wurms ’n plek waarheen hulle kan ontsnap as die komposhoop nog te veel stikstof en ongekompos­teerde materiaal bevat en die temperatuu­r dus te hoog raak. “Ons het besluit om ’n strooier te koop omdat ons nou genoeg erdwurmkom­pos het. Ons dien nou tot 10 ton erdwurmkom­pos per hektaar toe. Met die kompostee kan ons die hele hektaar met net 30-50 kg behandel. Indien jy dus nie genoeg kompos het nie, is die tee ’n goeie manier om meer voordeel daaruit te kry. Die tee kan ook baie doeltreffe­nd as ’n blaarvoedi­ng gebruik word om sukkelende plante ’n hupstoot te gee,” sê Clegg.

WURMTEE MET WOEMA

Omdat hulle aanvanklik nie ’n strooier gehad het om die erdwurmkom­pos op die landerye te kry nie, was Clegg op soek na ’n goedkoop dog produktiew­e metode.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa