Landbouweekblad

VERKYKER VIR ALLE VOËLKYKERS

- NAVRAE: Web: www.futurama.co.za

Die joernalis Bun Booyens het onlangs tereg in rubriek op geskryf: “In die inperkings­tyd is almal skielik groot voëlkykers.”

Die tyd sal leer hoeveel mense regtig deur die gogga gebyt is, maar met ’n goeie verkyker byderhand is dit soveel aangenamer om die geveerdes dop te hou en die natuurlewe te geniet.

Hoewel Lynks se verkykers volgens die maatskappy se spesifikas­ies in Japan vervaardig word, is dit ’n Trots Suid-Afrikaansh­andelsnaam met ’n lewenslang­e waarborg op sy produkte. Dit is dalk nie die nuutste verkykers op die mark nie, maar net die regte plaaslike produk vir ’n nuwe stokperdji­e.

Die 46-reeks is rateltaai en bied waterdigte dakprisma-verkykers. Oogdoppies kan op of af verstel word sodat ’n mens ewe gemaklik sonder of met ’n bril deur die verkyker kan kyk.

Die 46-842 is net reg vir tuinvoëls en selfs daardie vakansie by die Isimangali­so-vleilandpa­rk in KwaZulu-Natal (wanneer jy weer mag reis). Die lense van 42 mm maak genoeg lig bymekaar om teen sterk skemer te kan onderskei tussen ’n Knysna- en ’n Mosambieks­e loerie.

Teen 650 g sal jy net mooi genoeg oefening inkry wanneer jy die verkyker saamneem op jou oggenden aandwandel­ing.

PRYS: R4 799.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa