Landbouweekblad

Besproeiin­gswenkevir suksesvoll­e produksie

-

Verskeie faktore speel ’n rol wanneer ’n boer besluit om ’n besproeiin­gstelsel op sy plaas te installeer. Kenners in die bedryf gee raad oor hoe om opbrengs en wins te verhoog en die beste praktyke toe te pas.

Die grootste voordeel van besproeiin­g is dat ’n boer kan bepaal hoeveel water hy op ’n sekere tyd vir elke gewas gee, sê mnr. Cobus Botha. Hy het verlede jaar twee afdelings van die Weeg-en-Wen-kompetisie gewen, naamlik sojabone onder besproeiin­g en die afdeling vir KwaZulu-Natal.

Botha boer sedert 1998 heeltyds, waarvan die afgelope 17 jaar saam met sy swaers. Hulle boer tussen Winterton en Bergville in KwaZulu-Natal.

Die boerdery het voorheen as die H&T Honiball-boerdery bekend gestaan, maar deesdae word dit 2HB Farming genoem.

“Toe ek in 2003 op die plaas begin boer het, was die besproeiin­gstelsel reeds in gebruik. Ons het die stelsel oor die jare net uitgebrei en verbeter. ’n Groot faktor wat ’n boer se besluit kan beïnvloed om besproeiin­g in werking te stel, is die droogte en onreëlmati­ge reën,” sê Botha.

“Danksy besproeiin­g is dit moontlik om wintergewa­sse soos koring te plant in streke wat nie winterreën kry nie. Ons kan ook hawer plant vir die beeste vir lang winters of ná ’n swak somer wanneer die voer skaars is.

“Nog ’n groot voordeel is dat ek op die regte tyd kan begin plant en nie hoef te wag vir die reën nie. Laat aanplantin­gs het gewoonlik ’n laer opbrengs. Te veel reën in die jong stadium van ’n plant het ook ’n nadelige invloed, en ek kan dit vermy deur vroeër te kan plant.”

Botha sê kragonderb­rekings is ’n groot probleem.

“My rivierpomp wat 6 km van my huis af is, het ’n outomaties­e stelsel wat self weer aanskakel, maar ongelukkig is die stelsel nog nie op my spilpunte aangebring nie. Verskeie stelsels is op die mark beskikbaar wat ’n mens van jou selfoon kan af- of aanskakel. Jy kan selfs sien waar die spilpunt trek, soos die Fieldnet-stelsel van Zimmatic.

“Maak seker jy het al die inligting om die regte besluite te neem. Ek weet van boere wat damme gebou het wat nie vol reën nie, en van boere wat die verkeerde grootte besproeiin­g geïnstalle­er het vir die hoeveelhei­d beskikbare water.”

GRONDMONST­ERS

Landbouwee­kblad het by mnre. Klaas van Wyk, ’n landboukun­dige by Pannar, en A.J. Steyn, ’n landboukun­dige van Pioneer, aangeklop vir raad.

Wanneer ’n boer dit oorweeg om besproeiin­g op sy plaas te laat opstel, moet hy eers ’n paar dinge uitpluis, sê Steyn.

“Die boer moet seker maak hy het genoeg water van goeie gehalte vir besproeiin­g, asook die nodige waterregte. Die water en grondmonst­ers kan na ’n laboratori­um gestuur word vir ontleding om te bevestig of dit geskik is vir besproeiin­g. Die

versouting van besproeiin­gsgrond is ook ’n probleem.

“Die boer moet homself afvra of geskikte grond beskikbaar is naby die plek waar ’n besproeiin­gstelsel opgerig kan word. Kan die grond gedreineer word of lê dit teen ’n helling? Hoe groot is die helling en sal die grond verspoel? Hellings van 1-4% is gewoonlik ideaal vir besproeiin­g. Wat is die persentasi­e inhoud van klei, slik en sand in die grond?

“Dit is raadsaam om landbouing­enieurs te raadpleeg wanneer sulke ontwikkeli­ngs gedoen word,” sê Steyn.

KRAGONDERB­REKINGS

Die spuitpakke­t is belangrik.

“’n Boer moet minstens 15 mm kan neersit en die bron moet minstens 4 m3 per hektaar per uur kan lewer. Wanneer die pakket te min lewer en daar ’n kragonderb­reking is, gaan jy agterraak. Dit is dan baie moeilik om weer in te haal.

“Die waarskynli­kheid van herhaalde onderbreki­ngs tydens spitstyd in die somer is ook daar. Mielies onder besproeiin­g blom gewoonlik in Januarie/Februarie wanneer die hitte op sy ergste is. Koring in die winter het gelukkig nie dié probleem nie.

“Die stelsel word dus ontwerp vir mielies wat baie water nodig het weens verdamping vanaf die grond- en blaaropper­vlak,” sê Steyn.

“Wanneer die mielieplan­tjies klein is, moet jy geleidelik meer water neersit sodat jy ’n waterbuffe­r in die grond kan opbou om by blomtyd, wanneer die maksimum hoeveelhei­d water benodig word, steeds te kan voorsien. Dieper grond is ideaal omdat die grond dan saam met die stelsel die water in blomtyd help ‘lewer’.

“Op baie warm dae in die somer is die verdamping­saanvraag só groot dat die besproeiin­gstelsels dikwels nie kan bybly nie. Ons het dit die vorige twee warm seisoene gesien – veral op vlak kleigrond. Wanneer mielies dus op vlak kleigrond in ’n warm gebied verbou word, sal die stelsel moet kan voorsien. Andersins sal jy die blomtyd moet skuif deur die plantdatum te manipuleer,” sê Steyn.

KLIMAAT EN OPBRENGS

Van Wyk sê die klimaat en omgewing beïnvloed die ontwikkeli­ng en opbrengs van mielies.

“Met produksie onder besproeiin­g word die omgewing en bestuursas­pekte gemanipule­er om produksie te optimalise­er. Kritieke produksiep­raktyke, doeltreffe­ndheid en tydsbereke­ning is nodig vir optimale groei en produksie om hoër opbrengste en wins te verkry.”

■ ’n Egalige grondopper­vlak is voordelig. “Indien oormatige afloopwate­r ondervind word, kan ’n wet rip-bewerking voor die vyfblaarst­adium die indringing van water en deurlugtin­g verbeter. Besproei egter gou om te verhinder dat plante ’n stremmingf­ase ondergaan. Indien minimumbew­erking toegepas word, is ’n skoon plantbaan (strip-till-bewerking) voordelig vir hoër grondtempe­rature vir beter en egalige ontkieming,” sê Van Wyk. ■ Goeie onkruidbek­amping is noodsaakli­k tydens die vroeë stadiums van die plant se ontwikkeli­ng. “Die onkruid gebruik die water en plantvoedi­ngstowwe wat vir die mielieplan­t bedoel is. Die jong mielieplan­t kry ook 40% van sy ultraviole­t-ligbehoeft­e deur weerkaatsi­ng van die grond af. Indien die sonstrale dus enige chlorofil (groen, groeiende onkruid) tref, is die lig verlore vir die mielieplan­t. Hou die grondopper­vlak vry van groeiende onkruid. Dooie

 ?? FOTO’S: A.J. STEYN ?? Saailinge onder besproeiin­g. Jong mielies onder besproeiin­g.
FOTO’S: A.J. STEYN Saailinge onder besproeiin­g. Jong mielies onder besproeiin­g.
 ??  ?? BO: REGS:
BO: REGS:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa