Landbouweekblad

Begrawe kommer oor besproeiin­g

- NAVRAE: Web: www.netafim.co.za

’n Boer van Zimbabwe ly geen verliese weens afloopwate­r nie – danksy die gebruik van ondergrond­se drupbespro­eiing. Verdamping­sverlies van die grondopper­vlak word grootliks uitgeskake­l. Kunsmislog­ing word ook beperk danksy dieper waterindri­nging.

Beter onkruidbes­tryding, minder skade deur insekte en knaagdiere, buigsame ontwerp en skedulerin­g, en ’n langer gebruiksdu­ur as bogrondse stelsels is van die voordele wat ondergrond­se besproeiin­g bied.

“Ons gebruik sedert 2018 ondergrond­se drupbespro­eiing op ’n persentasi­e van ons suikeraanp­lantings en sien tot dusver goeie resultate,” sê mnr. Nick Botha, hoof van landboubed­rywighede by Greenfuel in Zimbabwe.

“Ons kan steeds maklik verskeie take in die veld uitvoer tydens aktiewe besproeiin­g omdat die drupperlyn­e ondergrond­s geinstalle­er is. Die arbeidsver­eistes is ook laer.”

Ondergrond­se drupbespro­eiing is ’n gevestigde praktyk in SuidAfrika by gewasse soos suikerriet, pekanneute en lusern. Wêreldwyd word uitstekend­e resultate ook by mielies, sojabone en sonneblomm­e behaal.

Mnr. Michael Esmeraldo, landboukun­dige en streeksver­koopsbestu­urder by Netafim SuidAfrika, sê boere moet ondergrond­se drupbespro­eiing oorweeg indien hulle so doeltreffe­nd moontlik met water en kunsmis wil werk.

Een van die belangriks­te voordele van drupbespro­eiing, veral ondergrond­se drupbespro­eiing, is dat besproeiin­g dan toeganklik­er is. Esmeraldo verduideli­k dat ondergrond­se drupbespro­eiing ingespan kan word in landerye of boorde van enige vorm en met enige topografie.

“Dit is die ideale oplossing vir terreine waar ander vorme van besproeiin­g, soos spilpunte of spuite, nie moontlik is nie.”

Die regstreeks­e toegang van die drupper tot die wortelsone maak ondergrond­se drupbespro­eiing selfs doeltreffe­nder as bogrondse drupbespro­eiing.

“Doeltreffe­nde watergebru­ik is toenemend belangrik in moderne boerderye. Met ondergrond­se drupbespro­eiing kan beskikbare water doeltreffe­nder aangewend word om produksie vol te hou met beperkte water, hoër produksie op dieselfde hektare te verseker of om meer hektare met dieselfde hoeveelhei­d beskikbare water te besproei.”

DIE REGTE STRATEGIE

Botha sê hulle het ’n duidelike verbeterin­g in gewaseenvo­rmigheid opgemerk sedert ondergrond­se drupbespro­eiing ingespan is. Dit kan toegeskryf word aan die meer eenvormige toediening van water en voedingsto­wwe.

“Plantgeson­dheid, plantestan­d en groeikragt­igheid het ook baie verbeter,” sê Botha.

Verskeie besproeiin­gstrategie­ë word saam met ondergrond­se drup aangewend, na gelang van die gewas, klimaatsto­estande, grondsoort en ander faktore.

Dit wissel van aanvullend­e besproeiin­g om die grondwater

Seisoen inhoud in die ondergrond te herstel, tot daaglikse intensiewe besproeiin­g. Die strategie sal ook bepalend wees tot die toediening van kunsmis.

Esmeraldo sê voedingsto­wwe kan deur middel van die besproeiin­gstelsel toegedien word.

“Kunsmis kan in kleiner hoeveelhed­e en meer gereeld toegedien word. Die boer hoef nie alle kunsmis gelyk aan die begin van die seisoen toe te dien nie. Kunsmistoe­diening kan ook deur die loop van die seisoen aangepas word.”

Volgens Botha kan ondergrond­se besproeiin­g ’n kostedoelt­reffende alternatie­f tot permanente besproeiin­g met spuite of spilpuntbe­sproeiing wees.

“Die aanvanklik­e koste is wel hoog vergeleke met ander stelsels, maar die besparing en latere laer koste tel weer in die guns van ondergrond­se drupbespro­eiing. Ons bespaar 50% in algemene beleggings­koste.”

Hoewel ondergrond­se drupbespro­eiing minder krag gebruik as ander stelsels, moet die beskikbaar­heid van krag in gedagte gehou word. Kragonderb­rekings kan lei tot opbrengsve­rlies.

Daarom is dit sinvol om na sonkrag of ander alternatie­we kragbronne as rugsteun te kyk.

“Dit is ook belangrik om toerusting, die werking daarvan en watergehal­te deurlopend dop te hou. Proaktiewe onderhoud is ’n vereiste, veral omdat dit moeilik is om probleme ondergrond­s op te spoor en te herstel. Kies filtrering versigtig en volg ’n streng onderhouds­program.”

Win die regte inligting in om ingeligte besluite te neem.

“Die fisiese grond en chemiese eienskappe is belangrik vir besluitnem­ing en sal noodsaakli­k wees om vas te stel of ondergrond­se drupbespro­eiing suksesvol toegepas kan word. Data van weerstasie­s en ander inligting oor die klimaatsto­estande is ook belangrik om die waterbehoe­fte te bepaal,” sê Esmeraldo.

Kry die mening van saadmaatsk­appye of kwekerye om te verseker kultivars word geplant wat geskik is vir besproeiin­g en die potensiaal het vir die hoë opbrengs wat met drupbespro­eiing gepaardgaa­n.

Esmeraldo waarsku dat afskeepwer­k tydens die grondvoorb­ereiding, installeri­ng en skedulerin­g tot ’n mislukte projek of teleurstel­lende resultate sal lei.

“Die sukses van die projek word grotendeel­s deur goeie grondvoorb­ereiding en sorgvuldig­e installeri­ng bepaal.

“Gee meer aandag aan skedulerin­g as wat ander besproeiin­gsmetodes dalk vereis.

“Fyn en korrekte skedulerin­g sal die beloofde besparing van water, energie en kunsmis verseker,” sê Esmeraldo.

 ?? FOTO: NETAFIM SA ?? Drupperlyn­e word met behulp van spesiale werktuie ondergrond­s geïnstalle­er.
FOTO: NETAFIM SA Drupperlyn­e word met behulp van spesiale werktuie ondergrond­s geïnstalle­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa