Landbouweekblad

SKAKEL IN

-

’n Nuwe weeklikse aanlyn program wat volhoubaar­heid in die landbou bespreek, het onlangs afgeskop. Tech Terrain bring weekliks kenners bymekaar om oor verskeie onderwerpe in die landbou te praat. Die program gaan in Afrikaans en Engels aangebied word. In Afrikaans sal mnr. Theo Vorster, uitvoerend­e hoof van Galileo Capital en ’n ou bekende van Nasie in Gesprek, die aanbieder wees en in Engels die veteraan-aanbieder mnr. Tony Ndoro. Die program word deur John Deere aangebied, met die samewerkin­g van Landbouwee­kblad, Farmer’s Weekly en Brand Republic. Registreer op om op die hoogte te bly van nuwe episodes en verdere bonusmater­iaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa