Landbouweekblad

JAGTERS: VERWARRING OOR BEWEGINGS

-

Teenstrydi­ge interpreta­sies van die vlak 3-regulasies veroorsaak verwarring onder jagters wat nie weet of hulle veral provinsial­e grense sal mag oorsteek as hulle gaan jag nie. Luidens ’n kennisgewi­ng wat die departemen­t van omgewingsa­ke op versoek van die nasionale taakspan vir Covid-19 uitgereik het, sal jagters nie toegelaat word om oor distriks-, metro- of provinsial­e grense te reis nie.

Mnr. Fred Camphor, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing, sê die probleem is dat die polisie jag as ’n ontspannin­gsaktiwite­it beskou en jagters dus nie wil toelaat om grense oor te steek nie.

Ingevolge vlak 3-regulasies word bestaansja­g as wildbestuu­rdiens toegelaat. Hierdie bepaling en die interpreta­sie daarvan word volgens Camphor tans deur die regering bespreek.

JOHAN FOURIE skryf: Soos gewoonlik een groot deurmekaar­spul! Ons jagters en hul gesinne was gelukkig om sonder probleme oor provinsial­e grense te beweeg. (Ek moet byvoeg dat hulle nêrens by ’n padblokkad­e moes stilhou nie.) Dit maak nie sin dat jy saam met jou gesin in ’n huis mag bly, maar nie saam met hulle jagveld toe mag gaan nie. Verder, wat as pappa én mamma jagters is? Moet die kinders nou alleen by die huis bly?

HERMAN SCHEEPERS skryf:

Ons onderneem soos gewoonlik ons tradisione­le jagtogte wat ons as pelle al die afgelope 25 jaar onderneem. Ek sal maar die punch vat. Ons lewens kan nie so deur ’n nuttelose regering gereël word nie.

HENDRIK MOOLMAN skryf:

Jy moet verstaan — die regering verstaan nie jag nie. HENK BOTHA skryf: O my hel, ons het al een trip in!

JOHAN SPAMER skryf: Oppas, hulle gaan nog jul wildsvleis en biltong, asook wapens en ammunisie konfiskeer. Moet niemand vertrou nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa